Vertrou jou teleskoop?

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Vertrou jou teleskoop?

Post by tripodmvr »

Ek het verlede jaar twee voorvalle met teleskope gehad terwyl ek gejag het. Albei het op 'n jag by Boshof gebeur.

Die grootste deel van die jag is met bakkies gedoen, alhoewel ek ook voorgesit en gestap het.

Eerste dag met die bakkie agter blesbokke aan. Vriend skiet eerste op so 300 meter. Geen sukses na 2 skote. Ek gebruik die 243AI met 80gr Barnes en skiet 'n mooi ram 'n bladskoot wat hom na 30 meter laat omdop. Goeie begin vir die jagtog. Later het ek 'n blesbokooi vanuit 'n voorsitposisie geskiet. Sy het 'n draadstrik om haar middel gehad. Sy wou nie stilstaan nie en my skoot in die loop het te vêr agter getref. Na sy tussen die trop wegbeweeg het kon ek haar op so 400 meter omdop. Weer met die 243AI.

Vat later my 30-06 en soek groter bokke. Ons is weer op die bakkie en my vriend skiet 'n rooihartbees, maar kwes haar. Sy gaan lê en die bakkie stop so 60m van haar af. Twee skote van my is albei bo-oor en ek pas toe aan en skiet 'n kopskoot wat nie mooi senter is nie, maar bok is dood. Besluit om 30-06 te los en liewers my 7x64 te gebruik.

Gaan stap met my 7x64 en kry varkie op 80m. Skoot val maar vark is weg op hoë spoed. Kry later geleentheid op gemsbok, maar selfde storie. Skoot loop en gemsie draf ongeskonde weg.

Na die jag kry ek kans om die 30-06 te probeer en hy skiet 6 duim hoog en links. Stel die teleskoop en kry redelike zero.

Nou weer begin speel met my gewere en bekyk toe my 7x64. Die goedkoop 4-12 teleskoop (no name) se kruishaar sit skeef en ek besluit om 'n ou Leupold daarop te sit. Het Saterdag met hom geskiet met baie ou fabrieks Highland ammunisie en darem so 4 duim groep gekry. Sal later verder met my jag ammunisie die instel doen.

Kyk toe ook na my 30-06 en besluit om die Lynx af te haal en in te stuur vir 'n diens. Die' teleskoop is nou al 'n paar jaar op en het sy zero goed gehou. Die ringe se skroewe is toe redelik vas en ek haal toe die teleskoop uit. Toevallig voel ek aan die onderste deel van die ringe en daar is my probleem. Die skroef wat dit vastrek op die Ruger se "picatinny" is heel los. Ek het die teleskoop weer monteer en toe die skroewe met my "torque" skroewedraair op onderskeidel 30 en 15 duim/pond vasgedraai.

Ek sal nou moet gaan kyk of dit die probleem opgelos het. Die les hievan is dat dit wys is om skroewe en boude na te gaan alvorens jy duur en onnodige herstelwerk doen. Dit geld vir jou hele geweer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by cassie_calvinia »

More
'n skroef wat 'n kwart draai los is, neuk rond.
bv my jakkals geweer hou redelik zero. maar dit gaan rof. stel so een keer per maand, een keer in 6 maande so een of 2 clicks. dis hoekom ek glo koop ringe wat met 'n 13 spanner vasmaak en klaar. ek sal sny op geweer prys, als, maar nie montering.
die blokkie goed waarmee mense mount, werk anyway nie op 'n bakkie. meeste wat ek ooit gemis het
HOU HOM DAAI DIKTE
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Ds J »

Dankie Oom Driepoot! Ek moet gaan kyk na my roere.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by joe rocket »

Locktight die skroewe met die blou bottel locktight.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by cassie_calvinia »

joe rocket wrote: Mon Jan 20, 2020 8:23 am Locktight die skroewe met die blou bottel locktight.
ek is bang vir dit.
eendag probeer jy losdraai, en 'n allancap raak rond. dan sit jy met moeilikheid.
regte torque tool maar die beste
HOU HOM DAAI DIKTE
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Mellies »

Seker maak en regte torque is `n goeie ding.

Ongelukkig lyk almal se finansies nie dieselfde nie. Koop die duurste glase wat jy kan. Anders spaar tot jy die duur een kan koop. Gelukkig is daar goeie tweedehandse glase nou en dan beskikbaar as jy wakker is.

Een of twee kwesbokke wat jy moet betaal en daai duur glas betaal homself!

Met `n vleisie...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Geno »

tripodmvr wrote: Mon Jan 20, 2020 7:15 am

Na die jag kry ek kans om die 30-06 te probeer en hy skiet 6 duim hoog en links. Stel die teleskoop en kry redelike zero.

Nou weer begin speel met my gewere en bekyk toe my 7x64. Die goedkoop 4-12 teleskoop (no name) se kruishaar sit skeef en ek besluit om 'n ou Leupold daarop te sit. Het Saterdag met hom geskiet met baie ou fabrieks Highland ammunisie en darem so 4 duim groep gekry. Sal later verder met my jag ammunisie die instel doen.

Kyk toe ook na my 30-06 en besluit om die Lynx af te haal en in te stuur vir 'n diens. Die' teleskoop is nou al 'n paar jaar op en het sy zero goed gehou. Die ringe se skroewe is toe redelik vas en ek haal toe die teleskoop uit. Toevallig voel ek aan die onderste deel van die ringe en daar is my probleem. Die skroef wat dit vastrek op die Ruger se "picatinny" is heel los. Ek het die teleskoop weer monteer en toe die skroewe met my "torque" skroewedraair op onderskeidel 30 en 15 duim/pond vasgedraai.

Ek sal nou moet gaan kyk of dit die probleem opgelos het. Die les hievan is dat dit wys is om skroewe en boude na te gaan alvorens jy duur en onnodige herstelwerk doen. Dit geld vir jou hele geweer.
Was die gewere voor die jag getoets op die plaas?
Goed, beter, 6millimeter!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by PWV »

Driepoot, een van jou probleme is dat jy te veel gewere het!! ::)
Cele sal egter sorg dat dit verminder >:+ !
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 361
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Monster »

Iets sort gelyk het laas jaar met my gebeur. My Pa skiet nie meer nie maar ons het hom vir sy verjaarsdag weg gevat. Selfs my outste broer van die kaap af ingevlieg om die ou kerel te verras.( Natuurlik nie met SAL nie so hy sal my geweer gebruik)

So is ons 3 boeties my middle boet se seun en my Pa vrydag oggend oppad Marken toe en die pad is vrek rof. Daarby het ons net twee roere my 375H&H en my middel boet se 270Win wat hy by my Pa geerf het en wil bloed.

Daar aan gekom gaan ons skietbaan toe. Die 270 loop mooi maar met my 375 sukkel ek om 'n A4 raak te skiet op 50m. DIt was toe al donker en soos mens maar maak verwag ek my jag naweek is op 'n einde. Ek jag nie met ander manne se roere nie omdat ek al gekwes het omdat ek nie die geweer of kaliber geken het nie. ( ek is seker net harde gat)

Die aand gaan ek deur die roer met 'n tork skroewe draaier en kry twee skroefies los op die agterste scope ring. Die volgende oggend skiet die geweer weer onder 'n duim op 100m en ek stel al knoppe draai stellings van die vorige aand terug tot op die middle van die teiken. Die jag was 'n groot sukses en ek het self bietjie probleemdier beheer gedoen en 'n bobejaan op 257m geklop.

Die les is, dat as mens harde gat is oor net met jou eie gewere te jag moet mens maar tools saam vat om sulke goedjies uit te skakel. Inskiet op die plaas is net so belangrik anders het ek nie eers geweet daar is 'n probleem nie.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by joe rocket »

cassie_calvinia wrote: Mon Jan 20, 2020 8:44 am
joe rocket wrote: Mon Jan 20, 2020 8:23 am Locktight die skroewe met die blou bottel locktight.
ek is bang vir dit.
eendag probeer jy losdraai, en 'n allancap raak rond. dan sit jy met moeilikheid.
regte torque tool maar die beste
[/quote

2 druppels asetoon maak dit los.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by tripodmvr »

Was die gewere voor die jag getoets op die plaas?
[/quote]

Ek het kort voor die jag my gewere se zero nagegaan. Ek wou net 'n blesbok of rooibok skiet en daarom is die 243AI saam. Die ander twee gewere is saam vir ander jagters, maar was toe nie nodig nie. Op die plaas het ek slegs my 243AI getoets en hy het reg presteer.

Planne het so saam met die naweek verander en daar is toe besluit dat ek moet kyk om 'n BWB of gemsbok te skiet. Die twee groter kalibers is toe nie nagegaan nie. Gelukkig het dit nie tot kwesskote gely nie. Gaan nou al my gewere nagaan en die skroewe mooi vasdraai.

Ek het nog nooit ervaar dat my gewere se teleskope so vêr uit verstelling gegaan het nie. Ons paaie is nie meer wat dit was nie of die Toyota het meer vibrasies as wat ek gedink het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Rem »

n Picatinny rail wat loskom het my nou al op 2 verskillende gewere gevang. Eers op my 300wsm, en toe my 6.5cm
met die 6.5cm was ek besig om op 1000yards te skiet en ek sien net horisontale "spread" wat my kop lat krap het. Met die 300wsm wou n vir die eerste keer my pel wys hoe beindruk ek met die roer is, en toe n groepering geskiet wat eers lings spring en dan regs.

My pic rail se skroewe word nou ordentlik gelocktite
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Geno »

tripodmvr wrote: Mon Jan 20, 2020 6:17 pm
Was die gewere voor die jag getoets op die plaas?
Ek het kort voor die jag my gewere se zero nagegaan. Ek wou net 'n blesbok of rooibok skiet en daarom is die 243AI saam. Die ander twee gewere is saam vir ander jagters, maar was toe nie nodig nie. Op die plaas het ek slegs my 243AI getoets en hy het reg presteer.

Planne het so saam met die naweek verander en daar is toe besluit dat ek moet kyk om 'n BWB of gemsbok te skiet. Die twee groter kalibers is toe nie nagegaan nie. Gelukkig het dit nie tot kwesskote gely nie. Gaan nou al my gewere nagaan en die skroewe mooi vasdraai.

Ek het nog nooit ervaar dat my gewere se teleskope so vêr uit verstelling gegaan het nie. Ons paaie is nie meer wat dit was nie of die Toyota het meer vibrasies as wat ek gedink het.
Jammer om te sê Oom Marius, maar dit was onverantwoordelik om nie die gewere voor die jag begin het te toetsskiet op die plaas nie.
Die boer/gids/ph moet daarop aandring, al sê die jagter dat sy geweer reg is. Dis hoe ek grootgemaak en geleer is, en ook hoe dinge in ons geselskap werk as ons gaan jag. 'n 3 skoot groep op teiken so naby as 100m sal bitter vinnig foute in die toerusting uitwys.
Dit sal ook bepaal op watse afstande die gidse die jagters sal toelaat om 'n skoot te vat met die minste risiko om te kwes.

Groete
Geno
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by jankraay »

Geno wrote:

Ek ka nie anders as om saam te stem nie. Ons doen dit elke jaar hier en as daai man se roer nie reg is nie vat hy n vriend sin wat reg is of hy skoet met my geweer.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Capt. Yoda »

jankraay wrote: Tue Jan 21, 2020 7:00 am

Maak jy darem seker dat een van jou gewere n lading het voor die tyd?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Morkel »

Capt. Oblivious wrote:
jankraay wrote: Tue Jan 21, 2020 7:00 am
Geno wrote: Jammer om te sê Oom Marius, maar dit was onverantwoordelik om nie die gewere voor die jag begin het te toetsskiet op die plaas nie.
Die boer/gids/ph moet daarop aandring, al sê die jagter dat sy geweer reg is. Dis hoe ek grootgemaak en geleer is, en ook hoe dinge in ons geselskap werk as ons gaan jag. 'n 3 skoot groep op teiken so naby as 100m sal bitter vinnig foute in die toerusting uitwys.
Dit sal ook bepaal op watse afstande die gidse die jagters sal toelaat om 'n skoot te vat met die minste risiko om te kwes.

Groete
Geno
Ek ka nie anders as om saam te stem nie. Ons doen dit elke jaar hier en as daai man se roer nie reg is nie vat hy n vriend sin wat reg is of hy skoet met my geweer.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Maak jy darem seker dat een van jou gewere n lading het voor die tyd?
Ou stir jy weerImageImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by ruaanb »

Ek kan jou my 6mm leen die jaar Jan.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by jankraay »

Haha nee wat hy kom nie naby my ander gewere nie en mens jag nie met n 6mm nie...

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by tripodmvr »

Capt. Oblivious wrote: Tue Jan 21, 2020 10:29 am
Maak jy darem seker dat een van jou gewere n lading het voor die tyd?
Minute of soup plate is mos oraait !!!!!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by tripodmvr »

Geno wrote: Tue Jan 21, 2020 6:44 am
Jammer om te sê Oom Marius, maar dit was onverantwoordelik om nie die gewere voor die jag begin het te toetsskiet op die plaas nie.
Die boer/gids/ph moet daarop aandring, al sê die jagter dat sy geweer reg is. Dis hoe ek grootgemaak en geleer is, en ook hoe dinge in ons geselskap werk as ons gaan jag. 'n 3 skoot groep op teiken so naby as 100m sal bitter vinnig foute in die toerusting uitwys.
Dit sal ook bepaal op watse afstande die gidse die jagters sal toelaat om 'n skoot te vat met die minste risiko om te kwes.

Groete
Geno
Kruisig hy my met 'n groete aan die einde nogal.

Guilty as charged your honour.

As my optrede 'n les vir iemand kan wees, is dit wat ek probeer tuisbring het. Dit is natuurlik 'n sameloop van omstandighede om 2 gewere op een jagtrip te kry met teleskoop probleme - dit terwyl hulle oor 'n heel aantal jare baie goed zero gehou het. Dit is hoekom ek sorg dat ek ten minste 2 gewere gewoonlik saamvat.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Capt. Yoda »

jankraay wrote: Tue Jan 21, 2020 3:12 pm Haha nee wat hy kom nie naby my ander gewere nie en mens jag nie met n 6mm nie...Image

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink om veilig te wees moet jy ma eder die skiet werk met 6mms vir ons los
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Neels Louw »

Manne,

Gee tog gou weer julle Torque syfers vir ringe, basisse en aksieskroewe deur. Wil myne ook maar oorgaan en seker maak. Dis vir staal baisse en ringe en n laminated en glasvesel kolf.
.308 Howa 1500
.243 Howa 1500
.243 Remington VTR
Glock 17 Gen 3
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3074
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Apie »

Neels Louw wrote:Manne,

Gee tog gou weer julle Torque syfers vir ringe, basisse en aksieskroewe deur. Wil myne ook maar oorgaan en seker maak. Dis vir staal baisse en ringe en n laminated en glasvesel kolf.

Kyk hier

https://precisionrifleblog.com/2013/03/ ... fications/

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by Geno »

Neels Louw wrote:Manne,

Gee tog gou weer julle Torque syfers vir ringe, basisse en aksieskroewe deur. Wil myne ook maar oorgaan en seker maak. Dis vir staal baisse en ringe en n laminated en glasvesel kolf.
Ek torque my senterslag gewere as volg:
Ringe om scope 19 in/lbs
Ringe aan rail 35 in/lbs
Rail aan aksie 25 in/lbs
Aksie skroewe 45 in/lbs

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

Goed, beter, 6millimeter!
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Vertrou jou teleskoop?

Post by knipmes »

My ondervinding.Wat die skroewe betref: Van die skoonmaak middels veroorsaak ook dat skroewe soms "los" raak. Ek maak maar die skroefgaatjies en die skroefies goed skoon met "thinners" Gebruik dan n bietjie van die blou Loctite op die skroefies. Nog nooit daarna n probleem gehad met monterings of ringe wat loskom nie. Die blou Locktite is ook nie so sterk dat jy nie weer die skroewe kan losmaak nie. Soos reeds genoem kan jy asetoon op die skoewe drup voordat jy dit moet losmaak.
Post Reply