Page 1 of 1
Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 3:34 pm
by Wouter Roets
Kerels
Wie van julle volg ook die videos waar die manne veral daar in Texas die feral hogs so roer in die nag? Ek het nou al n klomp videos gekyk en ek moet se dit lyk na vet pret. Bitter nice setups wat die manne ook gebruik. Ek sien daar word n wye verskeidenheid kalibers gebruik. Wat sou julle keuse gewees het?
Groetnis
Wouter
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 3:45 pm
by jdpretorius
Wout, gooi hom 'n 458 Socom
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 3:46 pm
by BeesBreet
Ek het al baie ook gekyk en dit lyk na vet pret... verstaan nie regtig die grendel’s en blackouts nie, hul beperk hulself darem vreeslik met die trajek wanneer die afstand vinnig verander. Praat nou spesefiek van waar hul na wydings toe stap en van swivel tripods af skiet en varke begin hol en die skote loop.
Vir daai scenario sal ek graag iets soos n AR10 wil skiet met iets soos n 7-08 of 260 met n sterk maar ligter tipe koeel vir platter trajek.
Hierdie gesprek kan lekker raak en ek gaan heel moontlik my keuse verander...
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 3:47 pm
by BeesBreet
jdpretorius wrote:Wout, gooi hom 'n 458 Socom
Nog stadiger... ha ha
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 4:57 pm
by Malan123
Ek kyk ook heeltemaal te veel van daai videos. Ek stem saam Bees, 'n AR sal lekker wees, maar ek sal 'n vinnige 6mm verkies vir daai laaste paar skote duskant die heilige lyn wanneer hulle so mooi weg hardloop...
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 5:04 pm
by savage(P Coetzer)
Todd Huey van Lone star boars maak lelik skade onder hulle. Hy skiet baie met n 6.8 spc AR15. Groot droom om eendag so jag aan te pak
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 5:28 pm
by jdpretorius
Bees, maar jy kan hom subsonic hardloop

,....andets moet jy na die nommertjie kyk
https://www.facebook.com/10000011078488 ... 934156286/
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 6:30 pm
by Frederik
Ammo is goedkoop in die VSA 308/7.62x51 custom sceleton FN met illumninated scope 3-12X 150gr A-Max met silencer op.
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 6:39 pm
by jdpretorius
Daar is n ou wat met n 22 Nosler ook lekker onder hulle maai...sal versek n semi moet wees met n "boob mag" of drie
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 6:50 pm
by naas222
ek dink nie enige van daai skoote is verder as 100m... ek self skiet nie thermal nie..
wat sê julle thermal ouens..
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 6:52 pm
by Malan123
Scope keuse vir my sal verseker 'n thermal wees.
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 7:05 pm
by BeesBreet
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Tue Jan 07, 2020 7:18 pm
by jdpretorius
BeesBreet wrote:
Oh bloed nee Dankie...

, ja nee, sal iets met min terugskop moet wees om op teiken te bly.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Wed Jan 08, 2020 9:04 am
by Wouter Roets
Boys
Freek jy is reg dit lyk of die meeste van die manne met fabrieks ammo skiet. Lyk of die gewildste kaliber die 308 Win is. 6.8 spc, 7.62x39, 300 Blackout, 223 Rem en nog so paar ander het elk hulle volgelinge. Hierdie is natuurlik in AR platform. Wil nou nie soos n grammefoon klink nie maar ek dink die 6.5 Creedmoor sal n baie geballenseerde rondte wees in die AR platform vir die werk. Self iets soos die 6.8/270 Creedmoor sal ook baie lekker werk of n 7-08 soos Bees voorstel.
Skote is gewoonlik naby, maar ek sien daar is n paar wat hulle ander kant die 200 yard merk nog omdop. Meeste van die thermal optics wat gebruik word se vergrotings is maar laag. Het so bietjie gaan loer na die pryse op hulle en ek moet se dit is rof om die minste te se. Om $9000 te spandeer op een van die kykers sit seker nie in almal se broek nie.
Nieteenstaande ek dink ek sal baie maklik verslaaf kan raak in die tydverdryf.
Groetnis
Wouter
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Fri May 15, 2020 8:45 am
by honda2
Sommige manne het nie baie tyd vir die varkies nie. Hulle word ten alle koste uitgeroei...
https://www.youtube.com/watch?v=kMhBBDeVwSw
Re: Hoghunting in the USA
Posted: Fri May 15, 2020 9:07 am
by Wouter Roets
Daai is volskaalse oorlog!