Page 1 of 1

Windpompkop tekoop

Posted: Mon Jan 06, 2020 5:44 pm
by Johan04
Goeie dag

Ek het 'n nuwe 3.5m Poldaw windpompkop wat tekoop is. Dit is die voledeige kop met boute en al, was nog nooit gebruik nie. Die gat waar die windpomp staan het opgedroog en die kop is toe nooit geinstaleer nie. Wil graag R21000 hĂȘ. Het R26600 betaal. Koper moet self vir vervoer reel.

Groete

Johan

Re: Windpompkop tekoop

Posted: Mon Jan 06, 2020 8:14 pm
by Willie
Johan
Die windpomp is minder bekend. Kan die kop op enige toring gesit word ? Kan bestaande pype/stange/silinder gebruik word ?
Groete
WIllem

Re: Windpompkop tekoop

Posted: Mon Jan 06, 2020 10:05 pm
by Johan04
Willem

Ja, die pompkop word in Villiers in die Vrystaat vervaardig. Dit werk sonder ratte en vervang net die bestaande kop. Bearings word gebruik in die kop en word jaarliks gegrease. Geen olie.
Als van die kop af ondertoe bly verder dieselfde.

Groete

Johan