Page 1 of 1
Enjin/Parte vir KLR250
Posted: Sat Jan 04, 2020 9:16 pm
by Wielie Waps
Hallo Forum vriende
My KLR250 se motor het die gees gegee(sonder olie gery)
Dit is seker amper nie die geld werd om hom reg te maak nie , maar hy was vir 'n klompie jare my plaasfiets , so ek hoop om hom 'n 2de lewe te gee.
Enige raad of voorstelle sal waardeer word.
Re: Enjin/Parte vir KLR250
Posted: Sun Jan 05, 2020 5:09 am
by tripodmvr
Google dui op Ebay en Amazon as moontlike bronne van onderdele of nuwe enjin.
Re: Enjin/Parte vir KLR250
Posted: Sat Jan 11, 2020 3:37 pm
by Alwin
Bepaal maar eers die omvang van die skade. My heelwat ouer KL250 (A4-reeks) het dieselfde oorgekom. Die enigste skade was op die nokas se laers. Die nokas het in die silinderkop se aluminium geloop. Die nokas is vervang met 'n nuwe en die ingeneurwerke het vir my geelkoper insetsels in die kop gesit. Ringe is natuurlik ook vervang.
Kawasaki onderdele kan soms 'n uitdaging wees, maar gelukkig het ons die internet.
Jy kan ook oorweeg om 'n bruikbare gebruikte enjin op 'n motorfiets-begraafplaas te soek en the herbou. In 'n noodgeval kan jy dalk 'n ander fabrikaat enjin maak pas, maar dit kan soms baie werk vat.