Page 1 of 1

.300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 6:01 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse


Het enigeen ondervinding met laai vir die kalibers met 150gr plus punte?

My gedagte is om 150 of 165gr te laai op die .300 blackout in die ruger mini 14. Dit sal ver kort afstand jag wees en twyfel of dit oor 150m sal wees. Hoofsaaklik vir uitdun van wild, wapen in hide indien ek met boogjag en n algemene wapen wat sal saamry as ek plaas toe gaan. Gee gerus julle opinie en deel dalk ervaring

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 7:05 pm
by tripodmvr
Daar is nog vele meer as jy Google gebruik. Selfs Sierra het ladings vir 150greiners

https://www.google.com/url?sa=t&rct=j&q ... Q9tl13cYtm

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 8:24 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dankie ek het klomp ladings en wil graag opinies he van manne wat hulle laai. Watse groepe ensovoorts

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 8:45 pm
by tripodmvr
Ek kon nie die' kaliber op QL opspoor nie. Dit sal 'n idee gee van nodespoed. Sit die geweer se inligting op dan kan ek probeer om die kaliber te skep.

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 8:48 pm
by Apie
Ek volg

My 7.62x39 Howa se liksens behoort so mid na einde Februarie te kom!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 9:16 pm
by JAGTERSREG-JRM
Die wapen is n Ruger Mini 14
.300 AAC Blackout
16” loop

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 9:19 pm
by JAGTERSREG-JRM
Wapen detail

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 29, 2019 9:38 pm
by tripodmvr
Het gaan loer na ek die 300 Whisper se data gebruik het om 'n 300 BLK te skep. Het na verskeie dryfmiddels gekyk en 'n 150 SST gebruik. Die hoogste veilige node is so by 1850vps met hierdie koeël.

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Mon Dec 30, 2019 12:02 pm
by Alwin
Kyk ook na die loop se groefdraai. Dit sal bepaal watter koeëls jy kan stabiliseer en wat nie.

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Mon Dec 30, 2019 12:13 pm
by JAGTERSREG-JRM
1:7RH

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Thu Jan 02, 2020 4:52 pm
by Alwin
JAGTERSREG-JRM wrote: Mon Dec 30, 2019 12:13 pm1:7RH
Ek dink dis goed vir enigiets.

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Fri Dec 04, 2020 10:07 am
by JAGTERSREG-JRM
Ek het so ruk terug die resep gekry wat werk, Dag ek deel:
EERSTE RESEP
.300 Blackout Ruger mIni 14
Hodgons Lil Gun
Hornady 150gr SPBT
Lading: 15.8gr
TPL: 2.106"
Spoed: 1940fps

TWEDE RESEP
.300 Blackout Ruger mIni 14
Hodgons Lil Gun
Hornady 180gr SST
Lading: 14gr
TPL: 2.200"
Spoed: 1750fps

Beide die resepte gee n resultaat van 12mm en kleiner groepering op 100 meter

Re: .300 Blackout en 7.62x39

Posted: Sun Dec 04, 2022 9:14 am
by tripodmvr