Page 1 of 1

My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 24, 2019 3:01 pm
by Myburgh Howa
Hallo almal...

My pa het my verras en 2 keer Kalahari toe gevat...

Die eerste keer was dit vir 'n Blouwillebeesbul en die tweede keer vir 'n mooi Vlakvarkbeer wat toe op die ou einde op 'n mooi ou Koedoebul uitgeloop het...

Ek het die Blouwbees met my pa se .308 geskiet en die ou Koedoebul met my .223, verseker nie die regte keuse dalk op 'n koedoe nie, maar die rede hoekom ek hom geskiet het was agv sy lang kloue en hy was alreeds besig om kondisie te verloor. Dit was eintlik my pa se beurt om te skiet , maar toe ons die ou bul kry het my pa vir my gesê ek kan maar skiet... ;D ;D

Hier is paar fotos.

Groete
Myburgh
DSCN6138.jpg

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 24, 2019 3:32 pm
by Lapua
Maggies ou bul. Baie geluk. Jou pa is n yster.

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 24, 2019 3:34 pm
by Lapua
Ns. My van is Myburgh😁

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 24, 2019 4:20 pm
by Frederik
Mooi bul

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 24, 2019 6:05 pm
by PWV
Myburgh, meet asseblief daai koedoe se horings en laat weet!!

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 24, 2019 7:15 pm
by Myburgh Howa
PWV wrote: Tue Dec 24, 2019 6:05 pm Myburgh, meet asseblief daai koedoe se horings en laat weet!!
Goeie naand oom...

Oom die lanste horing is so bietjie oor 55 duim oom.

Mooi aand vir oom.

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Wed Dec 25, 2019 2:24 am
by alecjohnson
Ag maar dis mooi, Baie geluk!

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Wed Dec 25, 2019 10:14 am
by Ben Remington
Mooi geskiet Boesman...altyd lekker saam jou in die veld ou pel. ;)

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Wed Dec 25, 2019 10:30 am
by joe rocket
Netjies Myburgh. Dis n baie mooi bul daai.

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Wed Dec 25, 2019 11:41 am
by win270
Ben en Myburgh, julle albei het uitstekend gevaar!! Pragdiere daardie. Baie, baie geluk!!

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Wed Dec 25, 2019 12:48 pm
by Kallie Fernhout
Baie geluk Myburg, geniet die voorreg om so saam jou pa te jag.

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 31, 2019 10:50 am
by 243Songdaug
Mooi geskiet manne en baie geluk.

Re: My pa staan sy beurt af...

Posted: Tue Dec 31, 2019 3:04 pm
by Toyrsi
Baie geluk met die prag bokke.
Baie bly jy het besluit om dit met ons te kom deel.
Groete Jacques

Sent from my SM-G960F using Tapatalk