Uitwerking van kolf op groepe

Post Reply
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Goeiemore mense! Ek het 'n "budget hunting rifle" begin bou so paar maande terug. Dit het begin met 'n vreeslike lekker bargain by 'n ko-op in Potch waar ek vir my 'n splinternuwe (nog op die invoerder se naam) Rem 700 in .30-06 gekoop het vir die oulike prys van R5,411. Ek het daarna begin kyk na allerhande opgraderings, soos ons maar almal doen.

Ek het 'n teleskoop op 'n ander geweer wat ek afgehaal het ('n Burris Fullfield II in 3-9x40). Ek het ook begin kyk na ander kolwe en het 'n paar kolwe gekry vir die Rem 700 maar geen van hulle het op my geweer gepas nie.

Ek het toe die kolwe verkoop en hierso op die forum 'n baie oulike kolf by 'n lid gekoop. Hy het ook vir my ringe en basisse vir die teleskoop gegee wat ek opgesit het. Deur die koop en verkoop van alles het die kolwe my nie 'n sent ekstra gekos nie. Ek het presies gelyk gebreek. Ek het ook 'n knaldemper gekoop van die forum af wat ek nog moet opsit, maar die loop moet ek eers laat sny en dis vir eers nie my eerste prioriteit nie.

Ek het die geweer vir die eerste keer die naweek gaan skiet. Ek het redelike goedkoop ladings geskiet wat ek sommer rofweg deur hulp van 'n vriend laat skat het deur QL. 54gr S341, in 'n once-fired S&B dop, agter 'n 155gr Frontier Range Master. Ek het so effens op en onder die node gelaai, met ladings van 53.4gr en 54.5gr ook. 84mm TPL op al die ladings.

Saterdagoggend kom ons op die skietbaan en ek kry die geweer op teiken met 2 skote. Een confirm die teiken en ek skuif die teiken na 100m. Ek skiet 'n groep met die 54gr lading en skiet twee skote wat aan mekaar raak, en een net so skuins onder. Totale groep-grootte so rondom 1.3". Glad nie sleg vir 'n splinternuwe loop wat nog nie ingeskiet is nie, maar wat my pla is dat twee skote reg teenmekaar lê, en een is so net-net af. Volgens navorsing toon dit vir my 'n kolf wat nie lekker sit nie. Die groep lyk so:

Image

Nou wil ek hoor - die recoil lug van die kolf is gebed. Hy is skeef gebed omdat die vorige geweer nie perfek gepas het nie, en ek het hom nie oor-gebed nie. Toe ek die kolf opgesit het, het die aksie skeef in die kolf gesit en ek moes die epoxy met 'n Dremel bietjie uit-mill om die recoil lug reguit in die kolf te kry. Nou is die recoil lug effens skeef gebed, maar ek het eerlikwaar nie die geld om nou uit te haal vir 'n professional bedding job nie.

Ja, die geweer skiet vir jag goed genoeg, maar na ek die boonste groepie 3 keer herhaal het met effense verskillende ladings, weet ek die geweer is in staat om 3 skote aan mekaar te skiet. Selfs dalk beter as ek beter skiet en nie so baie bewe omdat ek opgewonde is nie. Ek wil graag kyk waartoe die geweer in staat is, maar ek wil nie my budget-build oorskry en duisende rande begin spandeer nie.

Weet enigiemand dalk of dit tipies is van die recoil lug op die Rem 700 en of dit moontlik sal wees om hom by die huis te bed? Ek is nie tegnies heeltemal useless nie, so ek sal die epoxy mooi kan uit-mill met die Dremel en dan die lug kan oor-bed. Die aksie lê op 'n aluminium bedding block en beide action screws is ge-pillarbed ook, so dis regtig net die recoil lug teen die tyd wat ek kan sien wat so kan maak. Die loop is heeltemal free-floated, so dis nie 'n probleem nie.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by jankraay »

Toxxyc wrote:Goeiemore mense! Ek het 'n "budget hunting rifle" begin bou so paar maande terug. Dit het begin met 'n vreeslike lekker bargain by 'n ko-op in Potch waar ek vir my 'n splinternuwe (nog op die invoerder se naam) Rem 700 in .30-06 gekoop het vir die oulike prys van R5,411. Ek het daarna begin kyk na allerhande opgraderings, soos ons maar almal doen.

Ek het 'n teleskoop op 'n ander geweer wat ek afgehaal het ('n Burris Fullfield II in 3-9x40). Ek het ook begin kyk na ander kolwe en het 'n paar kolwe gekry vir die Rem 700 maar geen van hulle het op my geweer gepas nie.

Ek het toe die kolwe verkoop en hierso op die forum 'n baie oulike kolf by 'n lid gekoop. Hy het ook vir my ringe en basisse vir die teleskoop gegee wat ek opgesit het. Deur die koop en verkoop van alles het die kolwe my nie 'n sent ekstra gekos nie. Ek het presies gelyk gebreek. Ek het ook 'n knaldemper gekoop van die forum af wat ek nog moet opsit, maar die loop moet ek eers laat sny en dis vir eers nie my eerste prioriteit nie.

Ek het die geweer vir die eerste keer die naweek gaan skiet. Ek het redelike goedkoop ladings geskiet wat ek sommer rofweg deur hulp van 'n vriend laat skat het deur QL. 54gr S341, in 'n once-fired S&B dop, agter 'n 155gr Frontier Range Master. Ek het so effens op en onder die node gelaai, met ladings van 53.4gr en 54.5gr ook. 84mm TPL op al die ladings.

Saterdagoggend kom ons op die skietbaan en ek kry die geweer op teiken met 2 skote. Een confirm die teiken en ek skuif die teiken na 100m. Ek skiet 'n groep met die 54gr lading en skiet twee skote wat aan mekaar raak, en een net so skuins onder. Totale groep-grootte so rondom 1.3". Glad nie sleg vir 'n splinternuwe loop wat nog nie ingeskiet is nie, maar wat my pla is dat twee skote reg teenmekaar lê, en een is so net-net af. Volgens navorsing toon dit vir my 'n kolf wat nie lekker sit nie. Die groep lyk so:

Image

Nou wil ek hoor - die recoil lug van die kolf is gebed. Hy is skeef gebed omdat die vorige geweer nie perfek gepas het nie, en ek het hom nie oor-gebed nie. Toe ek die kolf opgesit het, het die aksie skeef in die kolf gesit en ek moes die epoxy met 'n Dremel bietjie uit-mill om die recoil lug reguit in die kolf te kry. Nou is die recoil lug effens skeef gebed, maar ek het eerlikwaar nie die geld om nou uit te haal vir 'n professional bedding job nie.

Ja, die geweer skiet vir jag goed genoeg, maar na ek die boonste groepie 3 keer herhaal het met effense verskillende ladings, weet ek die geweer is in staat om 3 skote aan mekaar te skiet. Selfs dalk beter as ek beter skiet en nie so baie bewe omdat ek opgewonde is nie. Ek wil graag kyk waartoe die geweer in staat is, maar ek wil nie my budget-build oorskry en duisende rande begin spandeer nie.

Weet enigiemand dalk of dit tipies is van die recoil lug op die Rem 700 en of dit moontlik sal wees om hom by die huis te bed? Ek is nie tegnies heeltemal useless nie, so ek sal die epoxy mooi kan uit-mill met die Dremel en dan die lug kan oor-bed. Die aksie lê op 'n aluminium bedding block en beide action screws is ge-pillarbed ook, so dis regtig net die recoil lug teen die tyd wat ek kan sien wat so kan maak. Die loop is heeltemal free-floated, so dis nie 'n probleem nie.
Bedding job by Central Arms in Klerksdorp gaan jou R400 kos. As jy courier soontoe en terug gaan alles jou R600 kos.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Ek gaan vanoggend nog een Oom bel hier in die Moot om sy prys te kry, en dan sal ek moet kyk na ander opsies. Om 'n vollengte geweer soos die te courier kos al 'n klomp geld net een rigting, ek kan amper nie dink dit sal so goedkoop wees met courier nie?
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Klein Chris »

Daar behoort n klompie plekke in Pretoria te wees wat jou kan help met die werk. So vinnig dink ek aan Moot Arms, LA Arms, Marksman Arms en Waterkloof Arms.
Glo vd forum se Pretoria lede kan nog n paar plekke by sit
Weet n ou se gat brand maar nou is n slegte tyd. Wag tot die nuwe jaar.
Last edited by Klein Chris on Mon Dec 23, 2019 9:25 am, edited 1 time in total.
Skiet bly maar lekker
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by alecjohnson »

Bedding is baie maklik veral as jy net recoil lug moet doen. Kry epidermix 372, en cobra vloerpolitoer, smeer loop en recoil lug goed, maak seker daar is genoeg epoksie, sit aksie terug en trek vas. dit wat te veel is en uitpeul, vee jy met 'n nat lap af. los dit so 'n paar ure tot dit soos harde silikon voel dan kan jy aksie verwyder, en met 'n mes afsny wat jy nie soek nie. Sit aksie terug en jy is klaar, ek bed altyd ook die "knox" Dik gedeelte van loop, maar sluit die taper uit.

PS Ek het altyd steenvas gebruik tot ek epidermix gebruik het, werk 10 keer maklikker as steenvas, en kom baie makliker los.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Ja ek het nou al Moot Wapens probeer en kry nie antwoord nie. Arms CC se wapensmede is eers in die nuwejaar weer hier. Ek het nou vir Danie Joubert gebel, gunsmith hier in Pretoria, en hy gaan my R460 vra. Ek dink ek sal maar na hom toe moet gaan (ek het vergeet van hom)!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by tripodmvr »

Toxxy, jy het die geweer nou die skuld gegee en nie eers verder gedink aan lading ontwikkeling nie. Jy kan ook kyk na gewone loodkern koeëls om hul prestasie te kan evalueer.

Jy kort skiettyd ook om snellertrek ens. te kan baasraak. Kry die lading op die node en skiet dan groepe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Ek gee die geweer nou die skuld, korrek, veral omdat ek dieselfe groep soos daardie oor en oor skiet, en ek weet voor my siel die bedding is nie reg nie. Die kolf was op 'n ander geweer, en dis daardie geweer se bedding wat ek nou mee sit, so hy sal nooit match nie. Ek gaan wel nog skiet voor ek hom bed, en my sneller ook bietjie werk. Ek twyfel of dit ek is, maar ek dink die swaar sneller kan 'n oorsaak wees. Ek so tussen die skiet van die groepies met skoonpa se SPS Tac baie baie oulike groepies geskiet, so dis nie 'n tekort aan tegniek nie (as ek myself nou so wil grootpraat). Ek het omtrent 0.75" op 200m geskiet met sy geweer, en wat vir my uitgestaan het was die ligter sneller. Ek kom agter ek trek baie lank aan my geweer se sneller tot die skoot breek, en ek dink dis waar ek met hartklop en asemhaling dalk ook kan foutgaan.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Oh ja, en my ladings. Die beste groep was op 54gr. Ek het nog nie kamer gemeet nie en jump ook nie gestel nie, so die lading gaan ek nog baie aan werk. Ek het ook 54.5gr geskiet en die groep het dieselfde patroon gevolg, maar baie oopgemaak. Op 53.5gr het hy ook die patroon gevolg en ook bietjie oopgemaak, maar nie so baie nie. Ek is doodseker rondom 54gr is my goeie node. Ek sal so bietjie bo en onder laai en weer speel, nader aan die 54gr merk, en bietjie met die jump ook speel.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by wlm »

Pak jou eie geweer. Dis regtig maklik.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Ek het dit beplan ja Oom, maar noudat ek na die koste van die epoxies kyk en sien mense doen dit vir onder R500 dan wonder ek of dit die moeite werd is. Ek weet van 'n man wat sy eie geweer gepak het en toe moes hy hom verkoop as party, want hy het die aksie aan die kolf vasgepak, en die twee wou nie loskom nie... :D
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by jankraay »

Toxxyc wrote:Ek het dit beplan ja Oom, maar noudat ek na die koste van die epoxies kyk en sien mense doen dit vir onder R500 dan wonder ek of dit die moeite werd is. Ek weet van 'n man wat sy eie geweer gepak het en toe moes hy hom verkoop as party, want hy het die aksie aan die kolf vasgepak, en die twee wou nie loskom nie... :D
Daai man moet maar homself toesluit en aan niks vat nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Flip Nel »

Toxxyc wrote: Mon Dec 23, 2019 11:00 am Ek het dit beplan ja Oom, maar noudat ek na die koste van die epoxies kyk en sien mense doen dit vir onder R500 dan wonder ek of dit die moeite werd is. Ek weet van 'n man wat sy eie geweer gepak het en toe moes hy hom verkoop as party, want hy het die aksie aan die kolf vasgepak, en die twee wou nie loskom nie... :D
As daar iemand is wat jy weet dit reg sal doen sal ek ook eerder in jou geval dit laat doen, om alles te koop, geweer te prep en dan dat mens in onkunde dalk nog 'n fout kan maak en dit moet oordoen of dalk dat die geweer vassit in die kolf neewat ek sou dit laat doen en rus vir my siel kry.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by wlm »

Toxxyc wrote: Mon Dec 23, 2019 11:00 am Ek het dit beplan ja Oom, maar noudat ek na die koste van die epoxies kyk en sien mense doen dit vir onder R500 dan wonder ek of dit die moeite werd is. Ek weet van 'n man wat sy eie geweer gepak het en toe moes hy hom verkoop as party, want hy het die aksie aan die kolf vasgepak, en die twee wou nie loskom nie... :D
Ek hoor jou, maar dit is nogal lekker om met jou eie handewerk te skiet. Moet egter saamstem dat R500 baie billik is. Ek sou darem net eers die man se werk wil sien. Kry n verwysing of 2.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Hy is Danie Joubert. Kom baie hoog aanbeveel deur klomp mense, so ek is redelik vertroud dat dit darem goed sal gaan. Ek dink hier sal lede hier ook wees wat hom ken?
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Gerhardu »

Is daar nog van daai Rem in vooraad by die kooperasie?
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Toxxyc »

Haha ongelukkig nie. Daar was 'n handjievol gewees, en ek het die laaste twee .30-06'se gevat. Een vir my, een vir 'n vriend. Die res was verkoop nog voor ek eintlik kon besluit of ek nog moet vat of nie.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Uitwerking van kolf op groepe

Post by Gerhardu »

Dankie.
Post Reply