Riflesure
Posted: Tue Dec 10, 2019 3:28 pm
Goeie dag almal
Ek werk nou al 'n hele rukkie aan die plasing. Vrydag 24 Junie 2019 was ek by my neef op sy plaas in Namibië. Die plek was toe al droog, maar die bokke in mooi kondisie. Ek is genooi vir ‘n paar springbokke verwyder.
Dit was nie jag nie, net skiet van bakkie af. Nie te lank in veld word ‘n gat getref waar ek vorentoe val op my geweer en teleskoop. Ek let nie dadelik op na die skade nie, merk teen die kolf het nie mooi gelyk nie, maar ek het darm nie die skade verwag nie…
Ek het volle vertroue in my platvorm en vortex viper 6.5-20x44, so eerste bok stel als reg op mik vir nek/brein skoot. Bok val net daar maar impak was nie waar ek gemik het nie. Mooi bladskoot min vleis skade met Nosler CC 105gr pil teen 2960 fps. Ek weet ek kon nie so ‘n groot fout maak nie. Gaan toets gou geweer in die pan, groep is so 40mm, my neef se dis goed genoeg. Ek se maar daar is fout want ek kry met daai roer 7-15mm groepe. So kom ek agter verstellings werk nie meer reg nie, maar groepe bly konstant al is hulle sleg. Ek besluit om my skiet klaar te maak en kry nog 4 springbokke, natuurlik is als nou vir die blad. So dit het goed afgeloop, met een kwesbok wat nie gevind is nie, my neef het sy 243 byderhand gehou vir ingeval iets skeefloop dat hy kan skiet, so met die aanle en oorhaal loop sy skoot in ‘n bok se agterstewe in, maar die storie gaan nie oor dit nie.
Oppad terug Upington toe na bitjie sukkel oor grens oor ek nie al my papierwerk reggehad het nie en werklik net my eie skuld is, sien ek iets snaaks langs die pad, ‘n ertvark stert, en draai vinnig om, ek wil my mense te wys, en wraggies aan die stert vas is Erdvark. Dit was werklik spesiaal aangesien my ouers nog nooit een in die wild gesien het nie.
Waaroor my storie eintlik gaan is my riflesure eis.
Ek het toe ek weer by die werk kom 28 Junie, vir hulle ‘n epos gestuur en vinnig verduidelik wat gebeur het. Hulle het vir my papiere aangestuur wat ek moet invul en terugstuur.
Daar was redelik baie heen en weer kontak gemaak oor ‘n tydperk van ‘n maand, ek moes die teleskoop en kopf vir hulle koerier (hulle het as deel van die uitbetaking die koerier kostes ook gedek).
Een van die goed wat bitjie spanning veroorsaak het was oor die waarde van die teleskoop, volgens hulle is die waarde net onder 5k, volgens my moet die waarde beslis hoër moet wees, ek moes die strokie kry om te bewys die teleskoop is vir R7000 in 2010 aangekoop, gelukkig kry my pa dit by hulle huis in die Kaap in die boks! Hulle was toe bereid om vir my ‘n viper 6.5 – 20 x 50 te gee, toe vra ek of ek nie dalk kan opbetaal om op te grader na Viper PST 5-25x50, hulle aanvaar dit ek betaal op en 4 werksdae later het ek my nuwe PST! Ek was nog nooit so opgewonde vir glas nie!
Ek het besluit dat die teleskoop nie op gewone thor ringe gaan rus nie en kry vortex ringe en ‘n recknagel 20MOA CZ 550 piccatini rail. So sonder kolf het my loop en aksie met die PST op baie goed gelyk.
Die kolf se vervanging was baie eenvoudig en tydsaam, ek het kwotasies aangevra vir boyds Pro varmint met verstelbare wangstuk, met die CZ550 “inletting” die versekering het ‘n kwotasie aanvaar, en betaal. Dit raak toe ‘n lang wag, die invoerder het kwoteer 6-8 weke lewering, wat toe 19 weke geword het. Daarom noem ek nie die naam nie, want dit was buite die person se beheer die vertragings. Ek wil nie name noem en moontlik iemand besigheid kos oor iets buite sy beheer nie.
Ek het uiteindelik die kolf gekry! Loop profiel uitgesny en met “linseed oil” vir ‘n week behandel, ek het die aksie gebed, maar kort nog pillars! Die wat ek gemaak het se wand was te dun na my smaak so sal later beter pillars insit.
Ek het gou Saterdag namiddag so rofweg gaan instel in die vreeslikke wind so ek sal darm op teiken wees met finale verstelling wat hopelik maandag sal gebeur.
Ek is baie gelukkig met my eis en nuwe geweer. So die manne wat Riflesure het, wees gerus hulle is uitstekend volgens my! Die mense wat nie versekering het op hul wapens nie, kry maar riflesure vir gemoedsrus in die jagveld, SH^T happens en dan kan jy rustig wees as iets skeefloop!