Page 1 of 1

Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Tue Nov 19, 2019 9:09 am
by Jake1
'n Vriend van my het sy nuwe geweer soos hieronder getoets met PPU Kafee ammunisie

Howa 243 dikloop 24'' 1/10 met APC Australian precision chassis
Ammunisie was PPU 100gr

Sy beste groeperings is om en by 7cm uitmekaar op 100m

Wat dink julle, is dit net swak/verkeerde ammunisie of is daar iets fout met scope of elders? 7cm is darem maar baie swak

Groetnis
Jaco

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Tue Nov 19, 2019 9:37 am
by tripodmvr
Knaldemper of nie?

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Tue Nov 19, 2019 10:40 am
by Frederik
Jake, kan die man skiet?
Miskien moet hy die roer eers leer naturrlik kyk al die skroewe is vas oorals ook.

Dalk foto van sy groepe?

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Tue Nov 19, 2019 10:44 am
by tripodmvr
Ek moet ook noem dain beide 223 en 243 die S&B en PPU kafee patrone nie uitsonderlik goed in my gewere geskiet het nie. So 50mm en meer het ek gekry.

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Tue Nov 19, 2019 12:31 pm
by Toxxyc
1:10 is dalk effens stadig vir 100 grein in die .243. Kanse is goed dat die koeƫls eenvoudig nie stabiliseer nie. Probeer bietjie laer, in die 85 grein se gewig, en kyk wat hy maak.

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Tue Nov 19, 2019 3:25 pm
by tau
Ek het net so Howa, hy sal 100gr PPU mooi skiet. Ja dit is nie die beste ammo nie 'n maar 7cm groepe is bietjie baie. Die silencer se draad kan skeef wees, scope kan swak gemount wees of skut.

EK het baie PPU in my .308 en 6.5x57 geskiet en hulle is soms vrek akkuraat.

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Tue Nov 19, 2019 7:54 pm
by tripodmvr
Skiet sonder die knaldemper. Daar is al te vele vrae oor groepe gewees wat wonderbaarlik herstel het toe die knaldemper nie daar was nie.

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Wed Nov 20, 2019 6:02 am
by Jake1
Die geweer het nie knaldemper op nie, hy kan skiet dus is daar nie human error nie, scope is mooi vas

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Wed Nov 20, 2019 6:08 am
by Malan123
As julle 100% seker is die platvorm is reg, gaan koop 'n pak premium koels en skiet weer. Jy sal dan vinnig weet of dit die roer is. Ek sou nie 'n gevolgtrekking probeer maak met PPU se ammunisie nie. Moet nou net nie 5mm groepies verwag nie. Maak ook net mooi seker die aksie skroewe is vas

Re: Swak groeperings 243 Howa dikloop?

Posted: Wed Nov 20, 2019 6:14 am
by Danie01
My vorige howa 243 wou gladnie met 100gr pmp groepeer nie, toe koop ek die 85gr pmp en hy skiet toe amper beter as my eie herlaaiwerk.

Probeer ligter koele rondom 85gr.

Groete

Sent from my SM-N970F using Tapatalk