Page 1 of 1

Skoop keuse?

Posted: Thu Nov 14, 2019 1:09 pm
by BenJacobs
Middag almal.
Ek begin bietjie kyk na 'n nuwe skoop vir my 243. Ek het nou 2 skope gekry wat in my prysklas is (moontlik 3).

Die een is 'n Bushnell 6-24x50
En die ander een is 'n Tasco world class 4-16x50

Die geweer sal maar meer en deels 'n bakkie en baan geweer wees, waarmee ek so af en toe 'n Springbok of takbok mee sal skiet.

Watter een van die twee sal julle na kyk indien enige?
Groete Ben

Re: Skoop keuse?

Posted: Thu Nov 14, 2019 1:36 pm
by joe rocket
Nie een van die twee nie. Koop n Sightron S tac 4x20x50. Vlakvark Soldaat kan jou daarmee help.

Re: Skoop keuse?

Posted: Thu Nov 14, 2019 8:01 pm
by BenJacobs
Oo hy is bietjie bo my budget. Albei bogenoemde skope kan ek teen 'n goeie prys tweedehands kry en albei is nog in baie goeie toestand. Dit is hoekom ek wil weet watter een is beter tussen die twee.

Re: Skoop keuse?

Posted: Thu Nov 14, 2019 9:35 pm
by Rem
Tussen daai 2 vat ek die Bushnell hands down.

Re: Skoop keuse?

Posted: Thu Nov 14, 2019 10:33 pm
by BenJacobs
Is daar enige iemand op die forum met dié bushnell?

Re: Skoop keuse?

Posted: Fri Nov 15, 2019 6:37 am
by musgrave270
Ben

Jy sal die model moet noem.

Maak ook seker dis nie n namaaksel nie. Daar is baie Bushnell namaaksels in die omtrek. Veral die Bushnell Banner

Re: Skoop keuse?

Posted: Fri Nov 15, 2019 7:36 am
by Gawie(13mm)
Ben, jy is nou 'n werkende jong man en nie meer 'n student nie. Tyd om soos een te begin dink maat. ;)
Besluit wat jy in 'n teleskoop soek en stel dan vir jouself 'n haalbare begroting op. Moet asseblief nie die eerste of tweede beste teleskoop koop net omdat dit 'n "bargain" is nie.
Goeie glas is baie meer werd as "fancy" knoppe en Hubble vergrotings. ;D
Vertel vir ons wat jou begroting is, dan help ons jou soek.

Re: Skoop keuse?

Posted: Fri Nov 15, 2019 9:02 am
by Capt. Yoda
Spaar en koop n stac of n 4-16 Nikon.
Kan jou amper n brief gee daai "bushnell" is n fushnell

Re: Skoop keuse?

Posted: Fri Nov 15, 2019 9:15 am
by BenJacobs
Ek stel baie belang in die nikkon wat op die forum deur Deon De Villiers geadverteer word, maar kry hom nie in die hande deur pm nie.

Re: Skoop keuse?

Posted: Fri Nov 15, 2019 3:53 pm
by BenJacobs
Het enige iemand ondervinding met die Nikkon Dimond 4.5-14x50?

Re: Skoop keuse?

Posted: Fri Nov 15, 2019 5:27 pm
by Capt. Yoda
Da n groot verskil tussen n nikon en niko sterling, niko sterling is maar n china scope. Dit is seker nie n heel sleg scope vir n 243 nie veral nie as jy n silincer op het nie want hulle hou nie van recoil nie. Spaar n bq en kyk vir n goeie deal op leupold se 4-12 VX freedom, jy gaan jouself n klomp probleme spaar in die long run

Re: Skoop keuse?

Posted: Fri Nov 15, 2019 5:33 pm
by Malan123
Ben as jy 'n ordentlike scope wil he op 'n budget waarmee jy omtrent alles kan doen, gaan koop die black moose 3-12×56 by Geno. Goedkoop, uitstekende diens en baie goeie waarborg. Ek het al gonge op 600m laat lui met so outjie op my 243

Re: Skoop keuse?

Posted: Sat Nov 16, 2019 12:31 pm
by Capt. Yoda
Ek het heel vergeet van geno se scopes

Re: Skoop keuse?

Posted: Sat Nov 16, 2019 1:45 pm
by Hercules Louw
Ek het vir Deon de Villiers laat weet jy soek hom, weet hy skiet ghonge iewers vandag.

Re: Skoop keuse?

Posted: Sat Nov 16, 2019 3:08 pm
by Hercules Louw
Antwoord vanaf Deon de Villiers:
Hercules, my username werk nie meer op Jaracal nie. Kan nie antw. nie. Teleskoop is tentatief verkoop. As dit nie realiseer nie, sal ek laat weet.

Re: Skoop keuse?

Posted: Sat Nov 16, 2019 3:13 pm
by SakoTrippel2
Ja Vat daar by Geno 'n 3-12 BlackMoose

Re: Skoop keuse?

Posted: Sun Nov 17, 2019 11:57 am
by BenJacobs
Wat kos dié skoop by Geno? Ek het pm gestuur, maar kry nie antwoord nie.

Re: Skoop keuse?

Posted: Sun Nov 17, 2019 12:17 pm
by Gawie(13mm)
BenJacobs wrote: Sun Nov 17, 2019 11:57 am Wat kos dié skoop by Geno? Ek het pm gestuur, maar kry nie antwoord nie.
....want die Oom jag ongediertes. Hy sal jou antwoord as hy weer op die lug is.

Re: Skoop keuse?

Posted: Sun Nov 17, 2019 2:46 pm
by SakoTrippel2
Hys so R3800 se omgewing.

Re: Skoop keuse?

Posted: Sun Nov 17, 2019 7:39 pm
by SakoTrippel2
Die kan dalk ook lekker werk... Minox ZV3 4.5-14x44 met 'n BDC kruis vir R4k
Mixon is 'n European Brand (UK of Duits nie seker nie)

Daars een op GunAfrica

En 'n Vinnige Google wys Parrow Arms hou van hulle aan.

Eerlik waar dink ek dis 'n beter roep as die ander 2 Fabrikate waarna jy kyk soos in eerste plasing.



https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 24281.html

http://www.parowarms.co.za/product.php? ... x40%20Plex