Page 1 of 1
Wilds sosatie resep
Posted: Sat Nov 09, 2019 6:38 pm
by Apie
Naand Manne
Ek het hierdie winter ‘n Rooihartebees gejag en het al die rump en fillets blokkies gesny om sosaties te maak.
Het iemand vir my dalk ‘n resep om te gebruik?
Byvoorbaat dank!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Sat Nov 09, 2019 7:26 pm
by Fanta300
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Sun Nov 10, 2019 8:40 am
by KalahariKlong
KERRIE SOUS RESEP (Wors, Chops en Sosaties)
1 kg uie
kwart koppie olie
kwart koppie mazena
500 ml wit asyn
500 ml water
een en 'n half koppie suiker (wit)
halwe koppie kerrie (soort wat jy wil)
een koppie chutney
een koppie melk
2 teelepels sout & pepper mengsel
1 teelepel borrie
Braai die fyn gekapte uie is die olie, Meng alles BEHALWE die mazena en melk, Gooi dit by die uie, Meng mazena en melk, Gooi by die mengsel, Roer goed deur, Bring nou die sous tot op kook punt, Kook nou vir 5 min op lae temp. Moenie laat brand nie. Roeor kort - kort, Haal af van plaat af en LAAT HEELTEMAL afkoel voor jy dit oor die vleis gooi.
Hier is nog een..
Boerfontein se Sosaties
Sosatiesous
2 uie , ringe gesny
1 k Wit asyn
30 ml geel suiker
120 ml appelkooskonfyt
60 ml blatjang
45 ml matige raja Kerrie
5 ml borrie
8 ml sout
3 ml fyn gemmer
braai die uie
voeg res van bestanddele by en kook net todat dit begin opkook
(ek maak gewoonlik die resep 5x aan, hang af hoeveel vleis jy gebruik
Groete
KK
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Mon Nov 11, 2019 6:57 am
by JurieW
HI Apie
1. Sny vleis in blokkies.
2. Laat le in spur se "Durky" sous oor nag (12 ure is genoeg tyd).
3. Ryg op stokkies, jy kan uie tussen in sit as jy wil.
4. Braai tot medium rare.
5. Eet Lekker
groete
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Mon Nov 11, 2019 7:11 am
by Sekelbos
Kalahari, die resepte lyk ougat verduidelik asb net vir my die 'wors' ding, ek vang dit nie? Le jy die wors in die sous voor braai soos n sosatie?
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Mon Nov 11, 2019 4:30 pm
by M98mauser
Laat daai blokkies vleis lekker ontvries gooi die bloedwater weg. Gooi in n bak en maak die volgende mengsel:
1 Koppie heuning
1/2 koppie Worchter sause.
1/2 koppie Olyf Olie.
Vars Roosmaryn so takkie of twee.
Swartpepper na smaak.
BBQ spice.
Gooi oor die blokkies vleis en werk dit goed deur. Laat staan vir so 2 dae (Roer hom weer deur so elke 12 ure)
Nou kan jy die vleis ryg ek hou daarvan om elke blokkie met n repie bacon toe te draai.
Can greenpepper en eie of self droee appelkose saam ryg.
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Mon Nov 11, 2019 7:41 pm
by KalahariKlong
Sekelbos wrote: Mon Nov 11, 2019 7:11 am
Kalahari, die resepte lyk ougat verduidelik asb net vir my die 'wors' ding, ek vang dit nie? Le jy die wors in die sous voor braai soos n sosatie?
Skuus ek het dit ge edit. Dit is vir waneer jy die sous wil gebruik om sosatie wors te maak.
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Mon Nov 18, 2019 10:13 am
by OU VOORSLAG
More more, ek gebruik net GR se Kerrie Sosatie sous, werk vir my baie lekker.
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Mon Nov 18, 2019 7:04 pm
by JohanvB
JurieW wrote: Mon Nov 11, 2019 6:57 am
HI Apie
1. Sny vleis in blokkies.
2. Laat le in spur se "Durky" sous oor nag (12 ure is genoeg tyd).
3. Ryg op stokkies, jy kan uie tussen in sit as jy wil.
4. Braai tot medium rare.
5. Eet Lekker
groete
Het hom probeer, regtig lekker, ga nou die kerrie een op die proef stel.
Re: Wilds sosatie resep
Posted: Sun Nov 24, 2019 2:14 pm
by JohanvB
M98mauser wrote: Mon Nov 11, 2019 4:30 pm
Laat daai blokkies vleis lekker ontvries gooi die bloedwater weg. Gooi in n bak en maak die volgende mengsel:
1 Koppie heuning
1/2 koppie Worchter sause.
1/2 koppie Olyf Olie.
Vars Roosmaryn so takkie of twee.
Swartpepper na smaak.
BBQ spice.
Gooi oor die blokkies vleis en werk dit goed deur. Laat staan vir so 2 dae (Roer hom weer deur so elke 12 ure)
Nou kan jy die vleis ryg ek hou daarvan om elke blokkie met n repie bacon toe te draai.
Can greenpepper en eie of self droee appelkose saam ryg.
Lekkerste sosaties in my lewe!!!
Het koedoe sirlion gebruik...