Page 1 of 5

Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Thu Jan 08, 2009 6:32 am
by jaracal
Die vossie is mos nou beskermd en sal dit goed wees om te sien hoeveel julle manne raakloop. Onthou om die datum, distrik en aantal in te sit. Dankie
H

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Jan 09, 2009 6:11 pm
by tafjak
Hien

Ek hoor die ou is nou so beskermd, dat dit goedkoper is om luiperds sonder permitte te jag.

Dit is definitief 'n grap, wat ek daarmee bedoel is dat die boete dieselde is.

Groetnis

Taffie

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Tue Jan 27, 2009 12:20 pm
by JACQUES BOTHA
die beskermde vossie:
ek kry al hoe minder van hulle in die veld...gewoonlik is hulle die eerste wat instorm maar ek sien om bloemfontein is daar by die plase wat ek jag baie minder van hulle.
ek het self n boer gekry wat my vertel met sy eerte aan die veld het hy 8 jakkalse geskiet... toe ek die rooijakkals skiet se hy nee hy het nie daai soort geskiet nie, maar daai wollerige soort wat sy klein lammers vang met die groot ore...EINA TOG...en ek dink dis hoekom ons baie klem moet le op opleiding en info deurgee oor wat gedoen moet word en wat nie..
en dan die bliksemse laaities wat in die aand met n bakkie en lig ry en dan dink dis great as hulle 4 draaijakkalse skiet ..dis mos jakkalse en ek woder hoeveel boere weet dat die vossie nou beskerm is..
self al n boer gekry wat gese het skiet die erdvarke waarop ek geweier het en gese het hy kan dit ma self doen en self die boetietjie betaal as hy gevang word..

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Wed Jan 28, 2009 6:27 pm
by Arno
Jacques

Onkunde is 'n vieslike ding!Mense wat goed net skiet en geen idee het waarna en wat hul skiet nie.Ek is nou net bietjie verder uit bloem uit.Ma die vossies gan mooi aan hier by my.Als begin by 'n wanbalans,hier is regtig baie vossies by my,maar het nog nooit probleme gehad by my met hulle nie.Hulle ken hul plek in die ekosisteem hierso.

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Thu Jan 29, 2009 8:11 am
by tafjak
Jakes en Arno

Dit wil my al meer lyk of daar meer natuurbewaarders aan hierdie forum lede is as die res van onse Splinternuwe SA.

Taffie

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Thu Jan 29, 2009 10:58 am
by Freek
Het julle, jul self al af gevra wie dryf bewaring in SA werklik? Dit wat ek julle nou gaan vertel is seker ou nuus maar dis waarheid. Buiten gekwalifiseerde persone in natuurbewaring speel die volgende individue seker die belangrikste rol en komplimenteer hulle groot en deels tot vandag se bewarings suksesse. Hulle is Boere en Jagters.

In 1974 was die Bastergemsbok omtrend uitgesterf. My pa het grond besit omtrent 30km suid van Ellisras waar hy met bees geboer het. Daar was 24 van die diere op sy plaas wat natuurlik daar voorgekom het.  Die oorsaak hoekom die diere bedreig geword het was amper soort gelyk in die geval van die kaapse vos - hulle is verskriklik nuuskierig en baie dom met gevolg dat jagters hulle maklik en voor die voet gedood het. My pa het toe die bokke op sy plaas laat vang en hulle aan Percy Five geskenk vir die beplande teel projek, dank sy groot genade het die projek geslaag en kyk waar staan hierdie diere se getalle vandag - hulle val buite die rooi lyn! Meeste van hierdie diere word vandag op privaat wildsplase geteel en hulle getalle word sterker by die dag danksy 'n gesonde wild bedryf.

Taffie, natuurlik maai ons onder probleem diere maar ons weet waar le ons perke en as daar moeilikheid is en ons mense staan saam kan ons iets vermag. Ongelukig kry jy een of twee uitstoters onder ons (boere) wat net plein weg (en weereens ek vra nederig om verskoning vir die manier hoe ek dit hier stel maar ek voel dis nodig) K*k aanjaag en harde kop is en die lewe vir almal om hulle probeer moeilik maak deur hulle eie wysigheid. Dis seker maar die gevolge van 'n onperfekte wereld. Maar die wat wil en kan saam staan gaan sekerlik iets reg kry.

Dis lekker om te sien hier is natuurlief hebbers op die forum. Wel gedaan manne!

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Thu Jan 29, 2009 1:09 pm
by Caller
Pragtag manne, dit is mos hoe dit werk. Ek wens die greenies stik daarin.

Hier is groter natuurbewaarders op die forum as wat julle besef.

Caller 

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Jan 30, 2009 9:54 am
by Arno
Gistraand

6 vossies opgemerk.Hul sommer mak.By 'n plaas so 10km van my af.Geen probleme watokal daar met hul nie.

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Sun Feb 01, 2009 9:33 pm
by Freek
Dit is wonderlike nuus  :)

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Thu Feb 05, 2009 7:54 pm
by Yalair
Ons naby Perde berg duskant Petrusburg. Kry elke aand tussen 3 en 5 draaijakkalse. Bakore is sommer baie in die pan sestien getel Saterdag

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 06, 2009 6:00 am
by Freek
:) Pas hulle mooi op Yalair.

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 06, 2009 8:07 am
by Caller
Yalair

Ek jag mos maar meestal in die Dealesville area en sien ook gere?ld draaijakkalse. Het die naweek wat verby is weer een ingeroep. Ek dink daar is nie 'n problem met draaijakkalse in die Suid-Wes Vrystaat nie, so veel so dat ek dit snaaks vind dat julle 'n opname wil maak, het gedink hulle is so vollop in ander dele van die land ook. Hier is dit natuurlik vrot van die ou maanhare en hulle raak meer by die dag. Het die naweek ten minste vier gesien terwyl ek roep.

Maar dit is 'n goeie ding dat ons 'n bietjie kyk hoe lyk die vossie getalle in die ander dele van die land.

Caller 

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 06, 2009 2:57 pm
by Yalair
Caller

Maanhare is ook baie by my, en erdvarke. Ek laat geen werkers toe om honde aan te hou of te jag nie. So die veld krieoel van lewe ry party aande net rond met kinders om te kyk wat is alles daar is.

Groete

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Mon Feb 09, 2009 8:53 am
by Caller
Yalair

Pragtag man, so moet 'n man mos boer. As jy in Bloem kom moet jy bietjie draai maak.

Caller

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Thu Feb 12, 2009 7:42 pm
by 222
Yalair wrote: Caller

Maanhare is ook baie by my, en erdvarke. Ek laat geen werkers toe om honde aan te hou of te jag nie. So die veld krieoel van lewe ry party aande net rond met kinders om te kyk wat is alles daar is.

Groete
Hier by my ook baie en die kinders se o? darem bietjie beter as myne op die staduim. Probleem wat ons het is dat Sondae as ons in die kerk is bakkie vragte mense van die lokasies na die plase gaan en dan gaan jag met honde.

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 13, 2009 7:03 am
by Freek
Aaaaai tog 222, dis maar moeilik om orals te keer jong. Jy weet sulke optrede stoot my moer meter sommer deur die rooi. Jy moet miskien oorweeg om 'n paar kwaai volstruis mannetjies of hand grootgemaakte swartwildebeeste op daai stuk grond aan te hou waar die mnre so vrylik jag - glo my hulle galle sal getrap ag ek bedoel gewerk word....

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 13, 2009 8:58 am
by Caller
222

Hier iewers op die forum het ons al oor die honde wat onwettig jag gepraat, gaan kyk gerus daar. Weet jy wat is 'n gifskieter. 'n Hondjie los hom nie maklik nie.

Caller

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 13, 2009 9:42 am
by tafjak
Ek het weer by 'n oom gejag wat naby die dorpsgebied boer en sien toe die binnegoed van slaggoed op die grensdrade hang. Hy s? toe dat 'n yster onder die binnegoed ook baie effektief is, glo in een maand 54 rondlopers so gevang. Het julle al gesien dat darie honde ook min of meer dieselfde tyd kleintjies kry as ou jakkie.

Hy s? ook verder dat as die een eers sit, dan is al wat hond daar rond en het al tot agt in een nag gevang.

Taffie

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 13, 2009 12:32 pm
by 222
Die binnegoete op die draad met 'n bietjie "Aromat"  :D op werk baie goed. Die probleem is net dat mens soms die diere wat nie van die "Take Away's" moet neem nie ook laat omkom. Het al meer as eenkeer gifskieters gebruik vir die katjies en jakkies dan het die draaijakkals daar kom eet.

Die ander probleem is dat as hulle dit in die hande kry die moontlikheid hier in ons geweste nogal groot is dat dit op die werf by jou eie honde beland.

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 13, 2009 1:26 pm
by Caller
222

Laat ek dit tog vir julle uitspel ::)

Jy bepaal die oorsprong van die ongewenste honde. Dan wag jy geduldig totdat jy 'n loops teef (jou eie hond?) in die hande kan kry. Dan plaas jy vir loops tefie in 'n rooikathok met kossies en watertjies, so 'n kilometer of wat aan die bokant van die wind, van die plek waar die ongewenste honde bly. Dan stel jy vir jou so 'n klompie gifskieters om die hok met loops tefie, veral aan haar wind-af kant. En siedaar, jy skiet hulle dat dit stil raak daar by hul blyplek. Di? honde wat vas is of agter mure is, vat net bietjie langer om by gifskieters te kom, want hulle moet die nekbande breek, kop uittrek of lank genoeg probeer om oor die muur te spring. Hulle kry dit gewoonlik later reg.

'n Ou wat ek ken en wie se naam ek nie hier sal noem nie, het 'n sekere dorpie in die Suid-Vrystaat se lokasie honde op di? manier geroer dat dit  naderhand 'n rariteit was om 'n hond daar te hoor blaf.

Caller

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Fri Feb 13, 2009 3:14 pm
by JACQUES BOTHA
ek wonner of daar nie n jakkals reun sal inkom nie, ek het jou mos die foto van frik se kruisteling gewys....die hond jak ding ??????????\ of was dit dalk n jag hond(reun) wat n jak teef gedek het so in die jag proses....

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Mon Feb 16, 2009 10:45 am
by Caller
Praat jy met my Jacques?

Ek het daai foto's by ou Frik self gekry en het dit nou nog. Dit was 'n Collie (reun) wat met 'n jakkie (teef) gekruis was. Volgens ou Frik het hy skape gevang en is ingeroep en geskied (was wild). As hy mak was, dan was dit Collie teef en jakkie reun, verstaan jy?

Caller

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Tue Mar 03, 2009 12:27 pm
by tafjak
Sien dat Chris Fourie adverteer, of dit word vir hom gedoen op Feather & Fur, om draaijakkalse te skiet teen 'n fooi natuurlik. Wonder of die diere nie orals beskermd is nie. Kan julle laat weet?

Taffie

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Tue Mar 03, 2009 1:07 pm
by Christo
Manne

Nou moet julle help, my raad is op en ek gaan nie gif uitsit nie.

Hier by my is een groot hond( die buurman s'n) wat elke nag ? 4 km loop en my slaap kom opneuk. Ek het hom nou die nag 2 maal met SSG getref maar dood is hy nie, hy was 2 nagte later weer terug. Ek dink ek moet nou 'n hok stel vir hom( het nogal 'n Rooikathok )

'n Paar weke gelede kry ek ma,pa en 6 klein Bakore net doodgebyt waar hulle nes was in 'n ou asbespyp. Ek weet lankal van hulle en dit was nogal erg. Ek is seker dat dit 'n hond of honde moes gewees het. Hier swerf so 2-3 wilde/mak brakke rond en alhoewel ek al op hulle geskiet het was dit altyd te ver en in die hardloop. Gelukkig verlede Vrydag hulle aanwas na 'n ander plek toe gestuur.

Gee daai expert raad seblief.

Christo

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Posted: Tue Mar 03, 2009 3:23 pm
by Caller
Christo

Stel jou rooikathok waar jy vermoed hy jou grond binnekom, of waarlangs hy gereeld loop. Stel die hok met 'n skaap lewer. Die lewer so vars as moontlik en hoe meer bloed, hoe beter. Bedek die boom van die hok en die trapplaat met grond (soos vir 'n rooikat). Jy hoef nie die hok met takke toe te pak nie.

As die hontjie verbykom sal hy nie daai lewer (bloed) kan weerstaan nie. As jy hom het, maak soos ek vro?r in hierdie post geskryf het.

Anders moet iemand vir jou 'n paar gifskieters stel. Dit werk ook goed vir 'n hond.

Caller