Page 1 of 1

Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 11:46 am
by Hano243
Ek kan n ou .22 mauser kry by n vriend wat hom vir jare onder in n kelder gebere het. Die geweer het erge roes op getel. Is daar n manier om die roes te verwyder sonder om die geweer te beskadig of moet ek hom maar los dat hy hom gaan ingee vir vernietiging?

Dit kan dalk n lekker projek wees om te restoureer maar weet nie of dit moontlik gaan wees nie.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 11:48 am
by J le Roux
Hallo Hano

Fotos gaan nodig wees.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 11:50 am
by Toyrsi
As die loop binne gereos het kan jy maar los.
Oppervlakkige roes op loop kan met staalwol verwyder word.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 12:14 pm
by alecjohnson
My oupa se .22 is gesteel gewees en 'n jaar later in 'n veld gevind, dit het baie werk benodig, maar roes het ek af gekry met baie skuur werk, vir 'n ou .22 skiet sy baie mooi. Kyk die binnekant van die loop. .22 Ammo het was of olielagie op wat in die loop moet bly en dit help om te beskerm ook, dit het my .22 se loop in die veld gered glo ek.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 12:15 pm
by FHM
Toyrsi wrote:As die loop binne gereos het kan jy maar los.
Oppervlakkige roes op loop kan met staalwol verwyder word.
Jy sal net moet herblou anders roes hy elke dag.
Toe ek 11 jaar oud was kry ek n windbuks verniet by n pel - erg roes op die buks. Vat ma se staalwol en pa se fyn skuurpapier en werk daai ding dat hy soos vlekvrye staal lyk - te trots op myself en die 'new look'
Skoolvakansie breek aan en ons is weg vir amper 4 weke, buks staan in kamer agter die deur (soos op plaas geleer is)
Met terugkomslag dink ek iemand het my blink buks gesteel en n bruin buks daar gelaat - oortrek van die roes.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 12:28 pm
by Hano243
Toyrsi wrote:As die loop binne gereos het kan jy maar los.
Oppervlakkige roes op loop kan met staalwol verwyder word.
Loop binne het seker mr roes in maaar soos ek deur hom kyk kan mens die groewe sien. Lyk dan nie vir myof hy roes knoppe het nie.
View album _Recents_.png

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 12:40 pm
by Ds J
Die binnekant van die geweer (loop, kamer en in die slot) is belangriker vir sy skietvermoë as die buitekant van die loop en die toestand van die kolf. Maak hom dus mooi skoon en kyk daarna.

En daar is n trosie: .22 se druk is redelik laag. Jy kan dus steeds met hom skiet, al is die binnekant van die loop effe beskadig. Ek weet van enkele .22-eienaars wie se gewere ringe binne-in die loop het soos wat iemand n vassteek-koeël met n ander koeël uitgeskiet het. Daardie gewere werk nog steeds mooi.

Roes aan die buitekant kan jy met geweerolie en n koperborseltjie afskuur. As dit nodig is kan jy die geweertjie laat oorblou. Jy kan dalk ook oorweeg om hom met ceracote te laat behandel. Sover ek weet hou dit heelwat beter.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 12:43 pm
by Ds J
Hano243 wrote:
Toyrsi wrote:
View album _Recents_.png
Hanno, as dit die buitekant van die loop is het hy dalk ernstige roesskade binne. Jy sal hom deeglik moet skoonmaak en by n geweersmid moet laat deurkyk.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 12:47 pm
by Hano243
Ek sal kyk met staalwol en dalk iets sooos Q20 en die loop binne probeer skooon maak met koper borsel en Robla Solo of M98 of iets soortgelyk.
View album _Recents_.jpg
View album _Recents_.jpg

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 12:54 pm
by Hano243
Ds J wrote:Die binnekant van die geweer (loop, kamer en in die slot) is belangriker vir sy skietvermoë as die buitekant van die loop en die toestand van die kolf. Maak hom dus mooi skoon en kyk daarna.

En daar is n trosie: .22 se druk is redelik laag. Jy kan dus steeds met hom skiet, al is die binnekant van die loop effe beskadig. Ek weet van enkele .22-eienaars wie se gewere ringe binne-in die loop het soos wat iemand n vassteek-koeël met n ander koeël uitgeskiet het. Daardie gewere werk nog steeds mooi.

Roes aan die buitekant kan jy met geweerolie en n koperborseltjie afskuur. As dit nodig is kan jy die geweertjie laat oorblou. Jy kan dalk ook oorweeg om hom met ceracote te laat behandel. Sover ek weet hou dit heelwat beter.
Die geweer het geen sentimentele waarde vir my nie aangeien dit n vriend sin is wat hy wou in gee vir vernietiging, ek wil maar net nie he die geweertjie moet verlore gaan nie. Ek het self n mooi .22 Mauser so ek wil nie teveel geld agter iets aan gooi wat dalk nie die moeite werd is nie.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 1:24 pm
by Jurgen Visser
Ek het die selfde geweertjie as daai , as julle besluit om hom in te gee ,sal ek baie graag die slot wou oorkoop by jou

Groete
Jurgen

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 1:35 pm
by 308Win
Ek sou die loop goed skoonmaak (behalwe as hy heeltemal KLAAAAAAAR is) Self dalk bietjie suur? Wat kan jy verloop?
As hy redelik lyk, skiet hom en kyk hoe hy skiet. Ek het al .22's gesien met lope wat heel kas toe lyk wat nog lekker skiet. Maar moenie moa verwag nie.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 1:57 pm
by Ds J
Hano243 wrote: Die geweer het geen sentimentele waarde vir my nie aangeien dit n vriend sin is wat hy wou in gee vir vernietiging, ek wil maar net nie he die geweertjie moet verlore gaan nie. Ek het self n mooi .22 Mauser so ek wil nie teveel geld agter iets aan gooi wat dalk nie die moeite werd is nie.
Voorstel: maak hom n kindergeweer. Korter loop en korter kolf, handig vir die kleinspan om mee te leer.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 3:37 pm
by Hano243
308Win wrote:Ek sou die loop goed skoonmaak (behalwe as hy heeltemal KLAAAAAAAR is) Self dalk bietjie suur? Wat kan jy verloop?
As hy redelik lyk, skiet hom en kyk hoe hy skiet. Ek het al .22's gesien met lope wat heel kas toe lyk wat nog lekker skiet. Maar moenie moa verwag nie.
Ek gaan die projek probeer en kyk hoe dit uit kom, as ek sien dit gaan nie werk nie sal ek hom terug gee vir hom om mee te maak wat hy wil. Maar ek dink as ek die meeste roes buite af kry is daar hoop. Die loop binne lyk nie sleg nie.

Ds J wrote:
Hano243 wrote: Die geweer het geen sentimentele waarde vir my nie aangeien dit n vriend sin is wat hy wou in gee vir vernietiging, ek wil maar net nie he die geweertjie moet verlore gaan nie. Ek het self n mooi .22 Mauser so ek wil nie teveel geld agter iets aan gooi wat dalk nie die moeite werd is nie.
Voorstel: maak hom n kindergeweer. Korter loop en korter kolf, handig vir die kleinspan om mee te leer.
Dit is juis my idee, n geweertjie wat ek vir hulle kan gee om mee te leer en te oefen sonder om Pa sin te verniel ;)

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 4:34 pm
by jdpretorius
Kyk dalk op Faceplant daar is 'n groep met die naam "Gunsmith Advice Forum" ....ek't al gesien hulle praat daar oor roes verwyder en ook een of ander "rust blueing" proses
Om binne die loop skoon te maak kan jy dalk 'n koper borsel aan 'n ou skoonmaak stok sonder 'n handvatsel, of een van daai op-vou tipes, sit en met 'n koordlose boor by kom. Dan's daar ook goed soos "rust remover" wat jy by die hardeware kan kry...ontdou net om hom dadelik by te kom met olie sodra die rust remover geneutraliseer is.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 5:16 pm
by Flip Nel
Haal die geweer uitmekaar, sit die loop gedeelte in diesel laat hy vir paar dae staan, die diesel sal die roes bietjie losmaak en is nie so agresief soos suur nie, werk hom liggies met staalborsel oor, ek sou die loop met borseltjie goed deurwerk en kyk wat hy doen.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Oct 22, 2019 6:50 pm
by Knewel
Haal uit mekaar. Was die staal parte met power paraffien(blou van kleur) verkieslik of diesel soos genoem en wire brush dit buite so veel as moontlik. Vat dit dan na 'n geweersmid laat dit oor 'geblue' word anders gaan hy weer roes

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Wed Oct 23, 2019 8:00 am
by Hano243
Dankie vir al die raad manne, ek waardeer.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Wed Oct 23, 2019 9:39 am
by Philip_R
Die maklikste om die roes sonder skuurwerk af te kry en te sien hoeveel skade die roes gemaak het is om die gunmetal dele in wit asyn te laat lê vir so dag of 2. Dit is nie sterk genoeg suur om die metaal skade aan te doen nie en haal die roes af sodat mens dit sommer met 'n lap af vee as mens hom uit die asyn haal.

Ek moet net verklaar dat ek dit nog nie met 'n geweer gedoen het nie, maar al met 'n paar gunmetal putters wat sleg geroes het. Hulle lyk soos nuut en as mens hom lank genoeg in die asyn los word hy weer blou, nie heeltemal so blou soos hy was nie. Ek glo dit sal werk met die geweer ook as jy die aksie skroewe kan uitkry en die hele loop en aksie in 'n lang bak asyn kan week. Ek sal nie die slot en sneller in dit sit nie omdat dit dalk heel anders kan reageer met van die metale in die slot en sneller.

Wanneer al die roes dan af is kan mens hom weer met geweer olie behandel om te keer dat hy nie weer begin roes nie.

Nou sal ek solank gaan wegkruip.... :o

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Sat Oct 26, 2019 5:59 am
by Sekelbos
Ja die asyn ding. 'n dag of twee in asyn (maar loer gereeld) asyn vreet 'n tang op as jy hom vergeet vir n paar weke, glo my gerus. Ek is opsoek na 'n goeie draad tang? :o

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Sat Oct 26, 2019 9:06 am
by Flip Nel
As jy asyn of suur gebruik moet jy dit in koeksoda water afspoel om die suur te stop

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Sat Oct 26, 2019 11:30 am
by Malan123
Flip nel wrote:As jy asyn of suur gebruik moet jy dit in koeksoda water afspoel om die suur te stop
+1, vra my, ek het op die swaar manier geleer...

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Tue Nov 26, 2019 3:51 pm
by BeesBreet
Q12 sal daai roes uit sorteer

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Wed Nov 27, 2019 7:58 am
by Hano243
Ek het die meeste van die roes af gekry met asyn, staalwol en Q20. In die hoekies het ek met my koper cleaning borsel die roes by gekom. Wat ek nou sien is dat die roes baie pit merke op die geweer gemaak het soos hy aan hom gevreet het, dit sal mens seker nie kan reg kry nie. Gaan nou die kolf begin skuur en oor doen en dan sal ek hom vir n GS gee om te coat.

Re: Roes verwyder op ou geroeste geweer

Posted: Wed Nov 27, 2019 9:21 am
by Toyrsi
Hano as jy die geweer laat Ceracote sal dit baie van die merke wegsteek. Met blueing gaan dit ongelukkig nog baie sigbaar wees.