Page 1 of 1
bowtech
Posted: Mon Nov 21, 2011 6:15 pm
by Herman Venter
Hi manne,
Ek is wil nou vir my my eerste boog koop sodat die gogga my ook kan byt soos julle s?, hehe! Ek kyk nou al n rukkie na die "Bowtech assassin" en al die reviews wat ek op die boog gesien het lyk vir my heel goed! Maar het gewonder of julle kenners nie vir my julle opinie oor die "assassin" kan hee nie?
Groete Herman
Re: bowtech
Posted: Mon Nov 21, 2011 7:27 pm
by Gerhard
Herra01 wrote:

Herman,
Die assassin is n baie goeie keuse wat jou baie jare se skiet plesier sal gee...
Re: bowtech
Posted: Wed Nov 23, 2011 4:24 am
by Herman Venter
Dankie vir die reply ... Ek dink ek het my mind opgemaak oor die assassin ! Lyk vir my glad nie sleg nie!
Dankie en groete
Herman
Re: bowtech
Posted: Wed Nov 23, 2011 4:26 am
by Gerhard
Herra01 wrote:
Dankie vir die reply ... Ek dink ek het my mind opgemaak oor die assassin ! Lyk vir my glad nie sleg nie!
Dankie en groete
Herman
Herman,
Geniet hom en laat weet as ek kan help
Re: bowtech
Posted: Wed Nov 23, 2011 7:57 am
by henried
Al wat ek laaik van 'n Bowtec is die ouens wat dit verkoop....
Ek speel net, geniet hom, als wat ek nog gehoor het van die boog is goed.
Re: bowtech
Posted: Wed Nov 23, 2011 11:53 am
by SV MAD (Henk)
Assassin is n awesome boog, as ek nie my boog vir n bargain opgetel het nie, het daar 'n assassin nou in my garage gehang
Re: bowtech
Posted: Wed Nov 23, 2011 11:59 am
by Jeep 1
Daai bOog is n baie lekker boog .
Re: bowtech
Posted: Wed Nov 23, 2011 9:48 pm
by Herman Venter
Dan nog iets wat ek wil hoor by julle, die kleur van sy camo wat hy op het, is dit nie te lig vir die algemene jag in SA nie? Of verkies julle eerder die boog in swart?
Jammer vir al die vrae maar ek is maar nog nuut in die game en wil nie n fout maak waaroor ek later gaan spyt wees nie!
Herman
Re: bowtech
Posted: Thu Nov 24, 2011 4:41 am

Dit is jou persoonlike keuse.
Onthou die bok gaan nie jou boog sien nie.
Ek skiet nou n swart Destroyer 350 en het n camo Tribute...
Gaan kies vir jou die boog camo wat vir jou die beste lyk.
Re: bowtech
Posted: Thu Nov 24, 2011 5:37 am
by Herman Venter
Gerhard,
Baie dankie vir jou help en al julle ander sin, ek sien op die forum praat die mense baie van Redge by "archers edge" , ek gaan my boog ook daar koop, het al met hom gereel dat ek volgende naweek daar sal wees ... Moet maar ver ry al die pad van Kathu af ! Maar darm is die ander helfte ook daar hehe
Baie dankie vir die help
Herman
Re: bowtech
Posted: Thu Nov 24, 2011 6:39 am

Redge gaan vir jou die beste diens in die land gee wat boog skiet goette aan betref.
S? vir hom ek stuur groete.
Re: bowtech
Posted: Thu Nov 24, 2011 7:47 am
by henried
Sorg dat jy vroeg daar is, en geniet die dag in die winkel, hulle doen goed.
Ek het my Vrou en seuns se bo? daar gekoop, en DP het 'n goeie 3 ure met ons spandeer.
Re: bowtech
Posted: Thu Nov 24, 2011 7:50 am
by Gerhard
henried wrote:
Sorg dat jy vroeg daar is, en geniet die dag in die winkel, hulle doen goed.
Ek het my Vrou en seuns se bo? daar gekoop, en DP het 'n goeie 3 ure met ons spandeer.
Baie goeie raad...
Op n Saterdag moet jy 09:00 daar wees as die winkel oop maak sodat jy genoeg tyd het voor die winkel besig raak...
Re: bowtech
Posted: Thu Nov 24, 2011 10:36 am
by SV MAD (Henk)
Redge hulle se diens is puik.
Ek het voorheen n camo boog gehad, huidige boog is swart. Gaan maar oor persoonlike keuse.
Re: bowtech
Posted: Fri Nov 25, 2011 12:59 am
by Herman Venter
Ek stuur vir hom groete volgende week! Hoop ek kom reg met die boog! Ek is so opgewonde daaroor my vriende dink al ek het niks anders om oor te praat nie!
Herman
Re: bowtech
Posted: Fri Nov 25, 2011 8:10 am
by henried
Jy kan met ons praat, ons verstaan...

Re: bowtech
Posted: Thu Apr 04, 2013 3:40 pm
by VgxRaven
Hi almal,
Ek is nuut op die forum en ek en my vrou stel belang in die Bowtech Assassin vir my en die Bowtech Heartbreaker vir haar.
Sover ek kan sien van die bow's se reviews op die internet is altwee goed, maar wat ek weet van 'n boog kan mens op 'n disprin skryf Hoe is julle gevoel oor die twee boogies?
Ons gaan Satredag by Achers Edge die twee gaan probeer.
Re: bowtech
Posted: Thu Apr 04, 2013 3:56 pm
by egenis
VgxRaven wrote:Hi almal,
Ek is nuut op die forum en ek en my vrou stel belang in die Bowtech Assassin vir my en die Bowtech Heartbreaker vir haar.
Sover ek kan sien van die bow's se reviews op die internet is altwee goed, maar wat ek weet van 'n boog kan mens op 'n disprin skryf Hoe is julle gevoel oor die twee boogies?
Ons gaan Satredag by Achers Edge die twee gaan probeer.
Die beste raad is om te gaan en skiet met klomp verskillende boe - kyk dan watter ene gee jou 'n lekker warm gevoel - dan koop jy daai ene!
Re: bowtech
Posted: Thu Apr 04, 2013 4:19 pm
by VdWalt
My vrou skiet n Assassin en hy skiet soos n droom!!
Re: bowtech
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:02 pm
by Christo J
Beide puik boe. Indien moontlik moenie op n saterdag gaan nie, hul is vrek besig. Enjoy.
Re: bowtech
Posted: Fri Apr 05, 2013 8:24 am
by SV MAD (Henk)
Stem saam met Christo. As julle boee wil gaan skiet, gaan op 'n weeksdag wat nie so besig is nie. Saterdae is nag.
Beide boee is baie goed. Gaan skiet n paar make en kyk en voel hoe voel dinge vir julle. Ek weet nie hoe sterk jou vrou is nie, maar kyk maar net, die bowtechs het aggressiewe cams, wat dit trek van die snaar moeilik maak (veral vir 'n vrou). Bear (en Mission) is baie goeie boee vir Vvrouens as hulle wil begin.
Sterkte. Boogjag is baie verslawend. mens kan baie lekker speel!
Re: bowtech
Posted: Fri Apr 05, 2013 10:00 am
by VgxRaven
Hi Almal,
Dankie vir die replies, ek waardeer.
Ons het met my skoonpa se Mathews geskiet en sover ek kan sien is die draw op die Bowtech boog bietjie meer "forgiving" (of so sê hulle op die reviews) as gevolg van die "Binary Cam System".
Die ander ding is die prys, ons het na die Mission en PSE boog gekyk in die selfde klas as die Bowtech boog en die "attachments" lyk my is waar dit duurder raak. Die PSE het ook soos die Bowtech R.A.K (Ready Aim Kill) 'n R.T.S (Ready To Shoot) packages maar dis omtrent dieselfde prys of duurder as die Bowtech.
Dankie Henk, ek sal navorsing doen oor die Bear boog, is daar een wat jy kan voorstel vir my en my vrou?
Groete,
Vincent
Re: bowtech
Posted: Fri Apr 05, 2013 10:20 am
by SV MAD (Henk)
Gits, ek ken nie die huidge lineup van die Bear boee nie. Maar ek weet jy kan nie verkeerd gaan met hulle nie. Ek weet Bowstuff in Centurion en Bowshop het voorraad. Gaan skiet maar eers en voel. Ek weet net dat die Bear boog wat ek 'n paar jaar terug gehad het, die stilste boog was (en vibrasie vry) wat ek nog ooit gehad het.
Re: bowtech
Posted: Sat Apr 06, 2013 7:58 pm
by VgxRaven
Hi Almal!
Ons was vandag by archers edge gewees en die diens was puik!
My vrou het die heartbreaker gekies en ek het die assassin gekies, die boee is baie impressive!
Baie dankie vir julle raad en ons is baie bly oor ons keuse.
Ek het op die eerste probeer slag na die boee op gestel was in die 20m butt 'n baie goeie groepering geskiet en my vrou het op die 10m butt haar een pyl se flight afgeskiet met 'n ander pyl.
Groete,
Vincent
Re: bowtech
Posted: Sat Apr 06, 2013 8:49 pm
by VdWalt
Baie geluk! Ek glo die boee gaan julle baie plesier verskaf!