fotos van jakkies op forum

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

fotos van jakkies op forum

Post by cassie_calvinia »

daar is niks so lekker soos om 'n foto van 'n jakkie in die jak hemel te sien nie. ek weet ek sit dit ook op. MAAR...gee dit nie vir die groenes skietgoed teen ons nie? gooi maar net 'n klip in die bos
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: fotos van jakkies op forum

Post by G-force »

Dis altyd n issue op meeste jag forums.Ek dink hulle moet hul verveelde neuse uit ons besigheid hou.n Opsie is om n "privaat forum" afdeling te stig en al die vrek jakkie fotos daar te plaas.Die toegang word dan net gegee as iemand vir jou kan "vouch" om te se jy is nie n greenie nie.Net n voorstel.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: fotos van jakkies op forum

Post by James Wilson »

cassie, ek deel jou besorgdheid oor die forum.  ek dink tog ons is op veilige grond.  wat ons doen is wettig ons doen dit op n etiese manier en ons doen dit ter wille van oorlewing. nou ek besef dis hoe ons dit sien en nie noodwendig hoe die TE groenes dit sien nie.  ek weet tot op hede nie van ekstreme probleme wat fotos op n jagforum tot gevog gehad het  nie. ek dink ook die ander goeie ding is dat hier ook gereeld fotos is van verminkte en dooie vee en wild van vangste.  ek wil tog die mening waag dat die gemiddelde burger(van enige ras)  het begrip van oorlewing en die onus wat op die grondeienaar rus om die natuur te beheer. 

maar nou ja die groennes kan n saak so verdraai, ons moet maar versigtig bly.

ek wil net se ek is self n n groenne,maar n gebalanseerde groenne wat besef dat ons in totaal verandwoordelik is vir die natuur en dan al ons verantwoordelikhede moet  nakom. nie net waar dit populer is nie maar ook waar dit kom by die beheer van diere watse getalle buite beheer is. 
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply