223, 22-250 of 25-06

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

223, 22-250 of 25-06

Post by cassie_calvinia »

manne, help. ek wil 'n JAK JAG kettie koop. watse 1 van die kalibers skiet beste tot op 300m? 223, 22-250, 25-06? my hart le na die 22-250 toe. SJ se ek moet gan vir 223. watse raad kan jul my gee? waar kan ek sien hoe hul trajek is(watse website). ek gaan tien teen een my 7.62 plank hou.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by tripodmvr »

22-250  55gr 3680vps Trajek 100 +0.9  300 -5.1 afstand in jaarts
223      55gr 3240vps Trajek 100 +1.4  300 -7.1
25-06    85gr 3470vps Trajek 100 +1.0  300 -5.2

Om daardie werkverrigting te kry het ek net dieselfde projektiele in Quick Load gebruik om naby aan maksimum snelheid en druk te gee om 'n idee van bedryfskoste te kry.

22-250  37gr kruit
223      27gr
25-06    50gr

Nou verstaan jy hoekom SJ die 223 aanbeveel het. Die ekstra 400vps en 2 duim platter op 300 tree kom ten koste van baie meer kruit en korter looplewe. Verder dink ek dat vir jakskiet die 223 genoegsaam is tot op 300 meter. Doppe is ook makliker verkrygbaar in vergelyking met die ander 2.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Monrique (SJ) »

Cassie

Ek het wel gese dat ek met die .223 sal gaan en beveel daardie kaliber aan. Hy gaan dalk nie die platste trajek he,soos ek ook gese het, maar is ligte op n loop en goedkoop om te herlaai.

Ken net jou geweer en wees vertroud met hom en die trajek. Daar is manne wat groot gooi met hulle.  Anders was my ander voorstel mos n .243!!

Bly ek is nie jy wat die besluit moet maak. Dis nogal moeilik.

Kies reg.......


Groetnis
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Piet Breedt »

Ek het al 3 bogenoemde kalibers. Die .25 06 is so bietjie overgun vir jakkalse, maar skiet baie lekker en klop altwee die ander by v?rre as die wind waai.

Die geheim is om jou geweer en sy trajek baie goed te ken, dan kan al 3 baie effektief gebruik word vir jakkalse tot op 300m. Dit is so dat die .223 baie ekonomieser is om te skiet interme van looplewe en herlaai.

Ek is nou besig om my .22 250 se loop te verander en sit nou n 1/8 twist loop op wat hom in n heel ander klas sit, en volgens my baie beter is as enige iets anders op die mark.

Dit gaan maak dat ek n 70gr Berger VLD teen 3500ft/sek gaan skiet, wat alles klop interme van platskiet en wind met amper geen recoil. Slegs kalibers wat heelwat meer recoil het, klop hom.

Ter vergelyking soos ek tans laai:


.223
55gr Nosler BT of Sierra Blitzking teen 3100ft/sek met 225m zero
Hoogste is op 125m = + 2.66"
Laagste op 300m = - 6.63"
15mph dwarswind op 300m = 15.8" drift

As mens n jakkals se lyf hoogte neem, sal jy oor hom moet mik op 300m as jy jou afstand reg geskat het.


.22 250 Standaard twist met 55gr Nosler BT of 55gr Sierra Blitzking @ 3600ft/sekGezero op 225m

Hoogste 125m = + 1.88"
Laagste op 300m = - 4.89"
15mph dwarswind op 300m =14.56" drift


.25 06 100gr Sierra Match King teen 3279ft/sekGezero op 225m

Hoogste 125m = + 2.04"
Laagste op 300m = - 5.05"
15mph dwarswind op 300m = 9.48" drift


.22 250 met 1/8 twist loop met 70gr Berger @ 3500ft/sekGezero op 225m

hoogste op 125m = + 1.65"
Laagste op 300m = - 4.26"
15mph wind op 300m = 8.38"

Hieruit kan gesien word dat hy al die bogenoemde ladings en kalibers v?r klop met trajek en wind, met geen recoil. Sonder recoil kan jy mooi sien wat daar voor gebeur op jakkals of as jy wild oes. Dit beteken ook dat jy altyd in die jakkals mik, en nooit oor of onder hom hoef te mik nie. Op die v?r skote gaan jy bloot net in sy boomste helfte mik.

As jy wil kan jy die 75gr Bergers  teen 3330ft/sek ook in die loop skiet, maar dan kry jy so bietjie recoil, dan lyk hy so:

Hoogste op 125m = + 1.87"
Laagste op 300m = - 4.64"
15mph dwarswind op 300m = 7.87"

Ek dink daar is bittermin kalibers wat dan dieselfde of beter resultate op n jakkals kan lewer, ook in ag genome die feit dat die koe?ltjie mooi opbreek en nie ander skade kan verrig omdat hy deur fluit nie. Selfs die beste 6mm sal maar moet uithaal en wys om dit te klop. Die lekker hiervan is dat ek my bestaande .22 250 vir baie min geld kan ombou in hierdie super jakkals geweer.

Ek het vir my n reamer bestel met n baie kort keel om die VLD's te akkomodeer.

Dit gaan ook my no 1 kompetisie geweer word, aangesien ek mooi sal kan sien waar ek die gonge tref.
Last edited by Piet Breedt on Mon Nov 21, 2011 10:14 am, edited 1 time in total.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by cassie_calvinia »

die 75gr, is dit in standaard loop, of die 1/8? wat die swaarste punt wat die standaard loop kan stabiliseer?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by tripodmvr »

55gr is standaard loop se kos. Selfs 60gr kan begin sukkel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
ELTIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Wed Aug 19, 2009 2:05 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by ELTIE »

Piet

Ek en n vriend van my is besig om presies dieselfde te doen. Enigste verskil is dat ons besluit het om die ackley roete te gaan. Kyk gerus ook na die 75gr A-Max met n bc van .435. Gaan die geweer op n s/s supermatch pacnor loop van 28" met n med palma bou.

Groete

Elton.
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Dirkie »

Ek sal se gaan vie die 223 :)

Groete
Ou honde loop laat...
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Beretta »

Piet
Hoe is die loop lewe
Dankie
Beretta
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by tripodmvr »

Cassie

As jy standaard varminter oor die toonbank gaan koop vat die 223. Die manne praat hier van spesialis jakkalsgewere met spesiale twist en lang lope. Gaan kyk wat die oorgrote Amerikaners vir hul varminting gebruik en dit sluit coyote in = 223.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Piet Breedt »

Stem saam oor die .223 as jy moeite doen en hom goed leer ken. Die voordeel van die baie langer loop lewe weeg swaar in sy guns.  Meeste jakkalse skiet mens baie naser as 300m, en dan is die .223 in sy ellement.

Die 1/8 twist loop met die 70greiners sal omtrent dieselfde looplewe gee as n standaard .22 250, en selfs langer omdat die lading minder is.  Louis Butler van Bloemfontein het syne nou al oor die 2700 skote geskiet en hy groep nog op n tiekie, so ook Willie Van Zyl van BFN. Ek het ook na die A - Max gekyk, maar sy bearing surface is langer as die Berger, en maak dan meer druk teen laer spoed as die Berger VLD, en onthou, ek wil amper geen recoil h?.

Ek wil nie Acley nie, aangesien die bietjie wins in spoed op die .22 250 nie al die fireforming en nuwe dies regverdig nie.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Monrique (SJ) »

@Cassie

Ek stem saam met Tripod.


Groetnis
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by cassie_calvinia »

ok ok, jul het my mind opgemaak. as ek 'n jakkals mis, kom skiet jul hom! ;D
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by tripodmvr »

cassie_calvinia wrote: ok ok, jul het my mind opgemaak. as ek 'n jakkals mis, kom skiet jul hom! ;D
Ek sal my 243 bring en die 7x64 as back-up.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Monrique (SJ) »

cassie_calvinia wrote: ok ok, jul het my mind opgemaak. as ek 'n jakkals mis, kom skiet jul hom! ;D
Cassie

Spreek net die woord my maat!!!! ;D ;D ;D ;D   

Wat gaan jy koop??? ??? ???
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by cassie_calvinia »

sj, seker safarie, of quinets op worcester. sal besluit watse maak. seker maar howa. 'n vriend het gese 'n geweer net vir jak jag, kan jy maar goedkoop gaan.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 223, 22-250 of 25-06

Post by Piet Breedt »

Met Howa kan jy nie fout maak. Koop die stainless steel varminter met die gelamineerde kolf
Post Reply