Page 1 of 1

Handwapen Jag

Posted: Sun Nov 20, 2011 10:27 pm
by Fisher
NB!  Enigiemand wat ?n vraag het is welkom, en soo ook iemand met ervaring wat ?n posetiewe  bydrae wil maak tot hierdie ?post?  Moet aseblief dit nie bevark met onsinnighede, en of str@nt praatery nie. Daar is ander plekke op die forum vir dit, jy gaan net verseker dat iemand wat werklik kennis nodig het of syne  wildeel  ge-ontmoedig word.

Hallo Ouens

Ek neem aan die deel van die forum moes eintlik oor die jag met handwapens gegaan het. Maar omdat daar so min van ons is lyk dit my dit het maar die "Algemene Handwapen navrae geword".Ek het dit goed gedink om die pos te stuur om die groter leuk as ek so bietjie te help as dit kom by "Tradisioneele Handwapen Jag" of vir die persoon wat die manier van jag wil opneem en krap vir bietjie informasie. By tradisionele handwapen meen ek maar die rewolver, sover ek dit het mag jy nie by ons jag met semi-outematiese wapens nie.



Hoekom "Handwapen Jag" ?

Omdat party mense daarvan hou om bietjie uit die "mainstream" te kom en anders te wees. Die uitdaging - Dis flippen moeilik (Daar is 'n groot verskil tussen Handwapen Jag en "wild skiet met 'n handwapen")


Waarom die 44 Magnum vir my werk?
As dit by die jag van groot wild (Springbok <) moet daar kalibers gebruik word vanaf die 357 Magnum en sterker/groter. Die 44 Magnum is maar die wereld standaard, en dit is reeds vir jag ge-onwikel en die meeste skuts kan redelik gou die fris trugslag oorkom, en dit dan met voldoende akuraatheid in die jagveld gebruik. Die 44 is eintik meer as voeldoende as dit by enige van ons wild spesies kom as die regte koels gebruik word. Hier by ons is die komonente ook vrylik beskikbaar. Die volsterkte lading wat ek gebruik skiet 'n 320gr koel teen 1400fps, en dit is basies die dak vir my wat trugslag op ?n handwapen betref, ek moet baie gereeld daarme skiet om vertroud te bly met die kombinasie (1250fps is eintlik al voldoende).

Wat koels aan betref:

Dit lyk my almal wat in die Tradisioneele handwapen jag kom, dink hulle moet gemantelde koels gebruik wat ?expand? maar tog lyk dit my eindig die meeste ouens wat erenstig jag op met die een of ander harde gegote koel wat nie vervorm nie. Gegote koels met ?n groot plat punt wat so na as moontlik aan kaliber grote is veroorsaak ongelooflike groot wondkanaale.

Die rede hoekom ek die gegote koels begin gebruik het was maar dat ek baie kan oefen met die patrone waarmee ek gaan jag (koste gewys). Jy kan die gegote koels in die selfde gewig teen 'n hoer snelheid en teen laer druk skiet as wat mens normalweg gemantelde koels kan skiet.

Handwapen koels het tradisioneel baie slegte seksioneele digtheid  en so ook  uiters swak balistise kofisiente. So die swader koels hou hulle snelheid aansienlik  beter as die ligte punte in vlug en dan ook natuurlik sodra dit die teiken tref en moet penetreer. Moenie dink omdat jy wil verder skiet moet jy nou ?n ligte punt gebruik nie!! Wild word baie keer gewond omdat gewone ligte tot medium gewig holpunt koels gebruik word vir die jag van wild wat eintlik geontwerp is om reg-op-lopende-ape mee the skiet en nie te oor-penetreer nie, en dan onskuldige mense te beseer nie??
Om iemand in die veld te kry wat met die verkeerde koels grootwild jag getuig maar net van sy gebrek aan ervaaring.

Ek voel jy moet ?n loop lengte van ten minste 6 duim he om meet e jag sodat jy voldoende akuraatheid en koel snelheid kan kry. Ek zero op 75 tree. Teen lae snelheid moet jy maar nader zero.


Groete

Ferdi

Image

Re: Handwapen Jag

Posted: Mon Nov 21, 2011 1:11 am
by Geno
Thanks Ferdi,
Dis 'n baie interresante onderwerp. Ekself sal daarvan hou om met 'n rollie te jag!

Groete,
Eugene

Re: Handwapen Jag

Posted: Tue Nov 22, 2011 6:09 pm
by bullseye
FERDI

Ek het ook n ruger redhawk 9.5 duim loop. Wat is die beste kruit en spoed wat ek kan gebruik vir 300gr frontier punte dit is lootpunte maar is koper geplateer.

groetnis
Ben.

Re: Handwapen Jag

Posted: Wed Nov 23, 2011 11:35 am
by Fisher
Ben, S265 is die kruit wat jou moet gebryik in die 44 Mag as jy swaar koels laai dit werk uitstekend.  Dit werk vir die medium gewig koels , maar  MP 200 is beter en meer ekonomies om te gebruik. Ek het nog nie die kaans gemaak om S221 te toets op die medium gewig koels nie.

Ek het altyd die Hornady XTP in 300gr met  23gr S265 geskied dan kry ek 1280fps, Moenie die swaar ladings in ander rewolvers skiet nie. Jou TPL moet om en by 43.2mm wees.

Ek het ook die CMJ Frontiers getoets, ek was uiters teleurgestel...
As jy nie reg kom met hulle sal ek jou so paar gegote sampels stuur wat die regte grote is vir jou rewolver is (.431")

Groete

Ferdi

Re: Handwapen Jag

Posted: Wed Nov 23, 2011 1:30 pm
by Rasmus
Ferdi

Ek het n ruger redhawk met 7.5" loop. Burris scope op. Nog net n vlakvark met hom gepiets en ander dag een gemis..... Moet nog baie oefen. Giet jy self jou eie koele of waar kry jy die swaar outjies?

Wat is jou ondervinding met 240gr SWC ek laai hulle met 21gr S 265 dan hol hulle hier rondom 1400vt/s. S 265 is heelwat skoner as mp 200 en ook nie so geniepsig op die recoil nie.

[img width=560 height=420]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 010148.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 009138.jpg[/img]

Re: Handwapen Jag

Posted: Wed Nov 23, 2011 2:53 pm
by bullseye
Ferdi dankie vir terugvoering. As ek die frontier 300gr punt op sy groef krimp en 18.7gr s265 gebruik, kry ek 1438ft/s uit my marlin lever action . Sal ek dieselfde koel in die revolver kan gebruik.Ek vermoed die lading is net net gekompres kan dit n probleem veroorsaak as amunisie lank gebere word.

Groetnis
Ben.

Re: Handwapen Jag

Posted: Thu Nov 24, 2011 9:10 pm
by Fisher
Ras

Ek het baie jare gelede met die 240's en 250gr's geskiet maar hoofsaaklik net plinking en informele silhouette, omdat dit goedpoper is. Met my ladings kos dit 50c per patroon vir die kruit met MP200 en amper R1.20 as ek S265 laai.

Ek wil graag die swaar koels gebruik vir jag, maar ek het gespeel op die skiet baan met die ligte koels. Ek het baie swak russeltate in die veld gehaad omdat ek nie geoefen was met die swaar koels. Die SRH het 'n baie lang silinder dit laat jou toe om jou koel verder uit te seat en dit maak dat daar baie plek vir kruit is en al swaar koel wat beskikbaar was met 'n lae krimp groef was die Hornady 300gr XTP, maar dis te duur om hulle sommer net uit te skiet.

Frontier se gegote koels is te klein in diameter vir ons Rugers, dit veroorsaak dat jy kwaai lood neerslag in die loop kry, en daar is nie ander wat vrylik beskikbaar is nie, altans waarvan ek weet nie. Dis hoekom ek begin het om my eie koels te giet.

Ek skiet nou uitsluitlik met die swaar koels met baie meer sukksess in die veld omdat ek ge-oefen is daar mee.

Wie het vir jou die holster gemaak ?
Jou rewolver lyk vir my baie mooi !!

Ben, ja jy kan die selfde koel in die revolver ook gebruik. Ek het net "in-flight jacket seperation" met die spesefike koels in my rewolver gekry, dit het ongelooflike swak akuraatheid veroorsaak.  Die saamgepersde lading van jou behoort glad nie 'n probleem te wees nie. Ek het noudie dag patrone wat 23gr 265 gelaai is met die 300gr XTP's wat ongeveer 7 jaar oud is en baie saamgepers is geskiet en die spoed was nog reg.

Re: Handwapen Jag

Posted: Fri Nov 25, 2011 10:34 am
by Rasmus
Ferdi

Ek het eendag in n geweerwinkel die ding sien l? en hom toe maar gevat. Sal bietjie kyk of daar n naam op is en jou laat weet. So nie kan ek fotos en afmetings vat, dalk kan El passo so iets aanmekaar slaan.

Waar bly jy. Ek sal graag van daai swaarder koele wil probeer. Is nog nie gereed om self te cast nie.

Re: Handwapen Jag

Posted: Sun Nov 27, 2011 11:38 am
by bullseye
Ferdi

23gr s265 wat se spoed het dit jou gegee? weet jy dalk waar kan mens n wapenwinkel kry wat verskydenheid 44mag punte aanhou, loodpunte sowel as koper mantels of holpunte.verkieslik 300gr punte.

groetnis
Ben.

Re: Handwapen Jag

Posted: Sat Dec 03, 2011 10:13 pm
by Fisher
Ben

Ek het met gemantelde koels in 300gr (XTP) 1280fps gedoen in die 9.5" SRH (Lees my andwoord op Rasmus se vraag) Ek het nooit die snelheid op die Frontiers CMJ gemeet nie maar ek dink hulle kan dalk so titselkie stadiger wees. Op gegote 310gr Lee koels (ware gewig = 307gr met lube en gas-check) is die sneldeid aansienlik hoer, ek doen om en by 1450 met 23gr S265, ek kan nie die presiese snelheid onthou nie,
Kaal gegote koels gly makliker in die loop af as dit deur die forcing cone is, dis hoekom jy hulle teen hoer snelhede as gemantelde koels kan skiet, Ek het die Lee 310gr gegote koel vanmiddig in 'n 1894 Marlin geweer geskiet en het 1660fps gedoen op 23gr S265, die akuraatheid was maar swak, ek dink dit is maar die russeltaat van die kombinasie van 'n uiters stadige twist van die loop groef en die koel lengte wat nie wil saam werk nie  (1 in 35/38). Die Rugers is 1:20

Wat die beskikbaarheid van swaar .44 kal koels betref: Die aanvraag is net nie groot genoeg dat enige handelaar 'n vreeslik verskydenheid vooraad gaan dra op .44 Kal. koels nie, en veral nie in die swaar gewig koels nie. So ek kan jou nie na iemand verwys nie as jy wil "brows" nie...

Ek is nog steeds bereid om vir jou van my koels te stuur, sodat jy hulle kan toets, ek het ook nog 31 x 300gr XTP's as jy hulle wil probeer. Daar behoort Speer 300gr en ook Sierra 300gr hier en daar te wees, maar die krimp groef is te laag, en ek twyfel of jy regtig baie meer as 1100fps uit hulle sal kry.


Groete

Ferdi

Re: Handwapen Jag

Posted: Tue Dec 06, 2011 2:59 pm
by THOMAST
Toe ek nog met 'n handwapen gejag het was dit met 'n Thompson Contender , kaliber 7-30 Waters. Dis 'n 30-30 patroon wat afgenek was na 7mm. Die loop was 10" lank met 'n muzzle break (sg "Hunter" loop- was nie baie populer onder mede skuts by die skietbaan agv sy geweldige slag nie). Het 130gr koe?l gelanseer teen sowat 2250fps.
Teleskoop was 'n Tasco Pro Shop 2-8
Het maar meestal springbokke en blesbokke met hom geskiet, verste een was net verby 200m gewees.
Was lekker dae..
Het hom later geruil vir 'n lang geweer.. >:(

Re: Handwapen Jag

Posted: Mon Mar 26, 2012 8:03 pm
by FrankH
Very informative, thanks Ferdi.

I very recently received my licence for my ?hunting revolver?

I?m interested to know from the members that do hunt with their revolvers, especially those with longer barrels, whether they use shooting sticks or shoot free hand.

Regards  Frank

Re: Handwapen Jag

Posted: Mon Mar 26, 2012 8:28 pm
by Marc
Ag nee,

Hier gaan nog 'n gogga my nou byt en klou soos 'n bosluis. Het gewonder oor daai S&W wat Francois geplaas het. Seker hulle sal 'n varkie lekker laat les ops?  ??? Gaan so iets werk, of moet 'n man eerder van die begin af na 'n "dedicated" jag handwapen kyk ? Ek twyfel of ek ooit regtig groot met die handwapen sal gaan, meer op die kantlyn vir afwisseling nou en dan  ;D

http://jaracal.com/index.php/topic,9653 ... #msg131400

Rasmus, Ferdi mooi roere daai. Baie mooi foto Ferdi  en geluk met die mooi bok ook nog ;)

Frank

Got any photo's for us  ???

Groetnis
Marc

Re: Handwapen Jag

Posted: Mon Mar 26, 2012 8:58 pm
by FrankH
Marc wrote:
Frank

Got any photo's for us  ???

Groetnis
Marc
[img width=560 height=281]http://i355.photobucket.com/albums/r475 ... H_6889.jpg[/img]

Re: Handwapen Jag

Posted: Mon Mar 26, 2012 9:05 pm
by Marc
Nice  ;)

What calibre ?

Groetnis
Marc

Re: Handwapen Jag

Posted: Mon Mar 26, 2012 9:12 pm
by FrankH
Freedom Arms .454 Casull  10" barrel.

Re: Handwapen Jag

Posted: Fri Mar 30, 2012 6:34 pm
by velskoen
Ek is 'n roerjagter, maar het in November laasjaar vir my 'n Redhawk .44 gekoop om in die veld te dra wanneer ek jag. Ek het hom laas Maandag gekry. Het 'n "Sourdough Pancake" van Simply Rugged Holsters bestel om hom in te dra. Die het ek nognie gekry nie.

Saam met die RH, het ek 50 rondtes Highland AX 300gr gekoop om net die gevoel vir die rollie te kry, en 200 rondtes XTP 300gr gekoop om mee te begin oefen vir 'n vark.

Ek het hom nuut gekoop, maar hy le sedert 2003 in voorraad, en is blou, nie stainless nie. (Dit het nogal vir my die deurslag gegee, ek is 'n bietjie van 'n tradisionalis is is nie gaande oor blink gewere nie.) Die loop is 5.5".

Ek het in die week 2 keer gaan skiet. Daardie Highlands was warm en het nie lekker gewerk in my rollie nie. Hulle was oraloor die plek. Miskien was dit maar driver error. Want toe ek met hulle klaar was en begin met die XTP's, het dit heelwat beter begin gaan. So 2.5" 6-skoot groeperings op 10m uit die hand op enkelaksie. Die groepe is almal so 20 cm hoog, en die visier is op sy laagste gestel. Ek weet nog nie waar die groepe gaan wees so op 25m nie. Sal maar 'n plan moet sien.

Ek dink ek sal altyd meer van 'n roerjagter as 'n rolliejagter wees, so die 5.5" loop is gekies om hom gemakliker saam met 'n roer te kan dra. Ek dink nie ek sou 'n 7.5" loop saam met 'n roer dra nie. Vir dieselfde rede oorweeg ek ook nie 'n scope nie.

Ek sou graag wou weet wat dink julle ouens. My beperkings is die korter loop en oop visiere (en goeie oge vir in die veertigs). Is die opset'n realistiese een vir wild tot koedoegrootte tot so 35-40m?

Re: Handwapen Jag

Posted: Sat Mar 31, 2012 11:39 pm
by Fisher
FrankH wrote: Very informative, thanks Ferdi.

I very recently received my licence for my ?hunting revolver?

I?m interested to know from the members that do hunt with their revolvers, especially those with longer barrels, whether they use shooting sticks or shoot free hand.

Regards  Frank
Hallo Frank

One of the things I like about handgun hunting is that you travel lite, that means without any un-necessary items. It kind of feels weird to leave the camp behind with your hands free the first time, but after getting used to it, you kind-of mess the freedom (and the stalk) up when taking along some kind of shooting stix. But you can, I usually don't. If you hunt on a farm where you must be accompanied by a ranger/guide then I will have them carry some thing.

I usually stalk from cover to cover. At the final part of a stalk I will stalk to some cover that is solid enough that I then can use as a rest. I practice 90% of the time off-hand shooting, but use a rest 90% of the time when taking shots while hunting.
I usually will limit my off-hand shooting to 40yards when hunting, but if there is some kind of rest available and possible to use when even taking a shot as close as 10yards I will definitely use it.

You need to practice allot. I try to shoot 200+ rds before the hunting season commences, and will often practice between hunts as well.

Ferdi 

Re: Handwapen Jag

Posted: Sun Apr 01, 2012 12:06 am
by Fisher
velskoen wrote: Ek sou graag wou weet wat dink julle ouens. My beperkings is die korter loop en oop visiere (en goeie oge vir in die veertigs). Is die opset'n realistiese een vir wild tot koedoegrootte tot so 35-40m?
Ek gebruik 'n gewone grote kleiduif as my standaard, so ver as wat ek hom gereeld kan raak skiet  (so 80% suksess) so ver sal ek bok skiet. As jy met jou 5'5 loop en visiere gereeld op 50 tree kan kleiduiwe skiet kan jy maklik bokke ook so ver skiet, en as jy dit net tot op 25 tree kan doen, probeer dan ook nie verder skiet as jy jag nie. Jy gaan basies op eindig met jou 2 maksumum skiet afstande, een vir vryhand skiet, en een vir vanaf die algemene toepaslike jag rus.

Die plan is tog maar nogsteeds om so naby as moontlik aan die dier wat jy jag te kom voor jy skiet.

Koedoe se "vitals" is darm groot so jy kan maar jou maksimum afstand daarvolgens aanpas.....

So in kort velskoen, kan niemand vir jou se hoever jy (binne perke van jou ammunisie natuurlik) kan jag nie, jy gaan dit self bepaal deur jou akuraatheid met jou spesefike wapen te toets.

Ek het 35/40" koedoe bul deur die hart op 97tree geskiet met my 320gr Lood koel, die koel is by die linker kantste kortrib in en uit net voor die regter blad amper in die nek.

Re: Handwapen Jag

Posted: Sun Apr 01, 2012 9:24 am
by FrankH
Thanks Fisher

Re: Handwapen Jag

Posted: Sun Apr 01, 2012 11:40 am
by velskoen
Dankie Fisher, maak sin.

Re: Handwapen Jag

Posted: Sun Apr 01, 2012 2:48 pm
by iceman1982
Hi Ferdi,
Ek het n man van die VSA wat in October met handwapen hier by my jag. Moet se, ek weet regtig niks van die storie nie, so sien baie uit. Toe ons nog onderhandel, toe noem hy dat hy graag wil bosbok en duiker skiet. Ek se maar toe vir hom dat die beste sal wees om in n boog blind te sit om binne afstand te kom. So met die gesprek, vra ek hom toe wat se afstand hy mee gelukkig is om te skiet. Hy se toe met n goeie rus, is 200m reg. Dit was vir my n groot verbasing, en kom toe agter dat dit nie net sommer enige handwapen is nie, maar seker een van hierdie .300 Win Mag handwapens of so iets.
Elk geval, dink ek sien so uit na die storie omdat dit nuut gaan wees en kans is om iets nuut te leer.

Mooiloop,

Re: Handwapen Jag

Posted: Tue May 22, 2012 11:20 am
by SV MAD (Henk)
Jis manne, hierdie is 'n interessante topic.

Watse lading sal julle voorstel vir 6duim SS Astra 44Mag? Ek het gehoor dat hulle meer hou van 240gr koeels, en dat die 300gr koeels ens dalk bietjie te warm is vir hulle. Sal graag n lekker swaar koeel wil skiet die dag as ek hom kry.