Page 1 of 1
Hoeveel neck size
Posted: Thu Nov 17, 2011 6:18 pm
by Monrique (SJ)
Ek wil graag uitvind by die mense wat neck sizing doen.
Neck size julle die helle dop tot by die skouer of net gedeeltelik? Indien gedeeltelik, hoeveel dan?
Is enige van die 2 maniere n beter manier of is hulle maar dieselfde en maak die hoeveelhied nie regtig saak. Dit moet egter seker genoeg wees om die koeel ordentlik vas te hou. Sal reken so tenminste 70% as ek moet skat?
Ek luister graag
Groetnis
Re: Hoeveel neck size
Posted: Thu Nov 17, 2011 7:35 pm
by DawieKotze
SJ - ek verstaan nie heeltemal jou vraag nie. Necksizing dies size net die nek van die dop. Daar is geen manier hoe FL dies opgestel kan word om net die nek te size nie - dit sal altyd 'n gedeelte van die res van die dop ook size. Hoeveel of hoemin jy wil h? dit moet die "body" ook vorm, sal afhang van jou setup van die FL die. Ek neem aan dis eintlik jou vraag?
Sorry as ek jou verkeerd verstaan.
Dawie
Re: Hoeveel neck size
Posted: Thu Nov 17, 2011 7:46 pm
by Monrique (SJ)
Madako
Is dit nie so dat wanneer jy jou neck sizer opstel, jy die "die" kan stel heveel van die neck gesize moet of kan word nie. EK het al gehoor van manne wat praat van gedeeltelik neck size ens. Daarom hierop my vrae.
Ek het my neck sizer so opgestel dat ek omtrent 85% van die nek size en nie verder tot waar die skouer begin nie!
Groetnis
Re: Hoeveel neck size
Posted: Thu Nov 17, 2011 7:50 pm
by tafjak
Sj
Ek size 60% van die nek, net genoeg om 65grein koe?l vas te hou en ook om "fire formed" nek te bewaar wat sorg dat die patroon elke slag dieselfde sal "fit".
Re: Hoeveel neck size
Posted: Thu Nov 17, 2011 7:55 pm
by Monrique (SJ)
Taffie
So wat jy se is dat dit ook nie goed is om tot by die nek te size nie, want dit kan n swak plek in die bymekaar kom punt van die nek en skouers tewee bring en moontlik daar kraak of ander tekens gee?
Groetnis
Re: Hoeveel neck size
Posted: Thu Nov 17, 2011 9:31 pm
by DawieKotze
Ok - ek sien wat jy bedoel!
Die "rule of thump" is dat jy so na as moontlik aan kaliber diepte moet seat (geld nie altyd nie) en ek sal aanneem dat jy dan ook so kaliber grootte kan necksize.
Re: Hoeveel neck size
Posted: Fri Nov 18, 2011 6:44 am
by 243Songdaug
SJ
Jy kan maar luister na wat Taffie s? - hy is heel reg.
Ek het gevind dat my 308 nie regtig daarvan hou as jy die nek net 50% size nie - ek size die 308 se nekke tot so net duskant die skouer en die akkuraatheid is puik. Op my 243 wat ek met Wilson dies size word die nekke net so 60% gesize en hy skiet hond uit 'n bos - MAAR die 243 hou egter ook daarvan as die nekke net tot duskant die skouers gesize word.
Die feit dat jy nie die hele nek size nie help in teorie met die oplyning van die patroon in die kamer.
Al wat belangrik is is dat jy nie minder as 50% size nie - behalwe op 'n 30-30 en 'n Hornet natuurlik - dan raak die necktension net te min.
Wat maak die weer teen die Weskus?
Re: Hoeveel neck size
Posted: Fri Nov 18, 2011 7:14 am
by Monrique (SJ)
Madako & Kie
Baie dankie vir julle insette. As daar nog manne is wat iets wil byvoeg, gesels gerus saam.
Jaco
Ek neck size my 308 se doppe omtrent 80-85% van die voorkant af terug na die skouer. Die 243 sin doen ek heeltemal,maar gaan hom ook probeer bietjie uitbring en kyk wat gebeur.
Die Weskus is warm met n 32 grade vandag. En die staal fabriek is mos nie koud binnekant.
Groetnis
Re: Hoeveel neck size
Posted: Fri Nov 18, 2011 10:57 am
by Piet Breedt
Meet n klaar gelaaide patroon en kyk hoeveel van die koe?l in die nek ingaan. Dit is nie nodig om meer as die bearing surface van die koe?l wat in die nek ingaan te krimp nie. Ek stem saam Taffie dat die extra stukkie (agterste stukkie van die nek wat nie gesize is) sal help om die hele patroon meer konsentries in die kamer te plaas en die koe?l beter sal oplyn met die loop. Met baottail koe?ls is dit nog minder nodig om die hele nek te size, aangesien die baottail nie aan die nekwande raak. Dus sal dit nodig wees om meer van die nek te size met flatbase koe?ls as boattails.
Re: Hoeveel neck size
Posted: Fri Nov 18, 2011 11:04 am
by Monrique (SJ)
Ek se baie dankie vir die manne wat reply het, dit word baie waadeer.
Dit wil my dan voorkom of ek darm op die regte pad is, soos wat ek die neck sizing doen. Sal so voort gaan, wou net by die kundiges seker maak.
Groetnis