Page 1 of 1

Slagpen gebreek - waar kan ek kry?

Posted: Wed Aug 28, 2019 12:16 pm
by Chris Roux
Dagsê, manne

Tydens die naweek se skiet dag by ons vereeniging het ek agter gekom dat my hael geweer se regter kantste loop se slagpen mors af gebreek het. Ek het die slagpen uitgehaal en ongelukkig het die "retaining disc" ook seer gekry. Is daar iemand lokaal waar ek die parte kan bestel of koop?
Dit is n "Sauer-Aya Kaliber 12/70 side by side"

Groetnis

Re: Slagpen gebreek - waar kan ek kry?

Posted: Wed Aug 28, 2019 2:59 pm
by tripodmvr
Kan 'n ingenieurswerke nie vir jou een draai uit die gepaste staal nie. Sulke items is houtperd drolle en kan maande vat om in te voer en kan ook baie duur wees. As jy dit so kan gedoen kry laat maak dan 'n paar vir die toekoms as dit dalk weer sou gebeur.

Re: Slagpen gebreek - waar kan ek kry?

Posted: Thu Aug 29, 2019 8:05 am
by Monster
Bel vir Arms in centurion. Hulle het vir my haelgeweer wat al oor 100 jaar oud is nuwe vere vervaardig en die slag penne vervang.

Re: Slagpen gebreek - waar kan ek kry?

Posted: Thu Aug 29, 2019 2:38 pm
by Chris Roux
Dankie vir die terugvoer.

@tripodmvr
Plan B was maar om nuwe parte te draai, gelukkig het ek toegang tot die masjienerie. Reeds besig om hulle te maak.

@Monster
Ek het hulle geskakel en Gary het bevestig soos oom tripod sê, "Houtperd drolle" :laugh:

Groetnis