Page 1 of 1

Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 2:31 pm
by Ds J
Goeiedag, wat is die beskikbaarste .22LR ammunisie?

Rede vir die navraag: my .22 geweertjie (CBC Mod 122) het n korter loop en n knaldemper. Ons het nog nie so baie met hom geskiet nie en tydens die laaste uitstappie, skietbaan toe, het ek agtergekom dat ek hom elke keer moet instel as ek n ander maarskappy se ammunisie skiet.

Ek het nog n flukse voorraadjie Swartklip ( ;) ;) ) maar as dit gedaan is wil ek graag oorskakel na een soort vir hom en die pistool. Dit sal immers n plesier wees om te weet hy skiet altyd op dieselfde plek.

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 3:05 pm
by alecjohnson
Ds, dit wissel maar CCI is baie volop maar bitjie duur vir net speel, Ek koop maar die goedkoopste wat ek kan kry en doen dan so in bulk, my vorige twee aankope as ek nou reg onthou R7000 vir 10000 Gurilla en toe weer net so oor die 2 jaar later R2600 vir 2500 Sellier & bellot. Ek het nog so 250 rondtes oor, dan sal ek seker vir my SK geel boks koop. Soos die verantwoordelikhede meer raak raak my aankope al minder :confused:

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 3:22 pm
by Ds J
Dankie, grootmaat is beslis n opsie - het nou nie so vinnig daaraan gedink nie.

Ons plaaslike geweerwinkel het Magtech teen n gawe prys - enige ervaring daarmee?

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 3:42 pm
by Maroelas
Remington Thunderbolt 500 pakke is gewoonlik iewers teen 'n goeie prys beskikbaar en vir speel is hulle heeltemal aanvaarbaar.

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 4:17 pm
by Ds J
Dankie

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 5:35 pm
by Jacks
Ds J, ek skiet gereeld met 40gr Magtech subsonic patroontjies uit my CZ455 met baie goeie resultate. Jy kan hulle beslis toets.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 5:37 pm
by PWV
Kry die bete resultate met Fiocchi (Italy)en met Standard Plus (Germany).

Het bitter lanklaas gekoop, so ek weet nie hoe beskikbaar dit is nie.

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 6:23 pm
by Theunodb
Eks ‘n groot fan van die geel boks SK. Hulle is ook glad nie te sleg geprys nie. Ek maak n punt daarvan om ‘n baksteen of 2 te koop elke keer as ek by Safari ingaan

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Mon Aug 26, 2019 6:24 pm
by Ds J
Julle sal maak dat my miesies kwaai word omdat ek soveel pakkies moet loop toets ;)

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Tue Aug 27, 2019 8:46 am
by Ds J
Tot nou toe het ons ongeveer vyf of ses pakkies patrone oor die laaste jaar of twee uitgeskiet.

Soos wat die kinders (3 en 6) groter word, behoort ons meer te skiet.

Dit gaan tans net daaroor dat ek die geweer op een soort patroon wil inskiet, dan weet ek ons hoef hom nie elke keer te stel nie. Dit raak n frustrasie want hulle verstaan nie dat pappa hulle uitvat en dan eers self baie skiet nie.

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Tue Aug 27, 2019 10:26 am
by Hein M.
Hier by ons is S&B beslis die algemeenste op die winkelrakke. Veral by Agrimark.

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Tue Aug 27, 2019 11:13 am
by Armand Steenkamp
SNb is by verre die vollopste hier by ons ook

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Tue Aug 27, 2019 1:19 pm
by FHM
Ds J wrote:Goeiedag, wat is die beskikbaarste .22LR ammunisie?

Rede vir die navraag: my .22 geweertjie (CBC Mod 122) het n korter loop en n knaldemper. Ons het nog nie so baie met hom geskiet nie en tydens die laaste uitstappie, skietbaan toe, het ek agtergekom dat ek hom elke keer moet instel as ek n ander maarskappy se ammunisie skiet.

Ek het nog n flukse voorraadjie Swartklip ( ;) ;) ) maar as dit gedaan is wil ek graag oorskakel na een soort vir hom en die pistool. Dit sal immers n plesier wees om te weet hy skiet altyd op dieselfde plek.
Ds J probeer enige subsoniese ammunissie wat volop is.
My Rem 592 het ook n kort lopie en groepeer baie beter met sub-sonies as super sonies uit tot 70 meter.
Die beste groeperings ooit kry ek met Tenex koels, maar hulle is hellll-duur.
Ek stel voor skiet n paar verskillende sub-soniese make wat volop is en maak loop skoon voor jy elke nuwe fabrikaat skiet.

Re: Die algemeenste .22LR ammunisie???

Posted: Tue Aug 27, 2019 1:50 pm
by Fano
Jy noem dat jy dieselfde ammo in 'n pistool ook wil gebruik? My Pa het jare gelede 'n .22 pistool gehad wat net met hoe spoed ammo gecycle het. Maak seker of jy nie dalk beperkings het op die pistool nie, as hy nie vol fiemies is nie koop groot as jy 'n goeie prys kry.