Page 1 of 1
Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 12:17 pm
by FHM
Fkt manne het ek nou n nag tot nou toe gehaad.
My dogter (18) kom maak my 02:00 am vanoggend wakker - sy het erg pyne regs bo in die ingewande, en sy gooi op.
Ek 'dokter' maar met pynpille en naar tablette uit noodkis en 6 uur toe huil sy van die pyn. Jaag dokter toe 07:45 am en sit 45 min en wag vir dokter op diens om in te kom, terwyl die kind krul van die pyn. Met aanvanklike ondersoek reken hy dis lewer of gal. Sit haar op drup vir die naarheid en jaag 'n spuit in vir pyn. Na n halfuur gaan sy vir sonar en sien ons toe daar sit 2 groot galstene in die galblaas. Terug ongevalle toe met die drup in die arm, daar krul sy weer van die pyn want met die sonar moes hulle hard druk op die galblaas om die regte prent te kry. Spuit weer vir pyn.
Nouja, met n pynpil voorskrif is sy verwys na n spesialis in WHK. Plaaslike dokter kan niks verder doen aan die stene nie. Blykbaar gaan daar nou 1 van 3 dinge gebeur, galstene met ultra sound breek, of sny en uithaal, of los. Ons sal nou more sien wat se die spesialis. Sy en haar ma is oppad WHK toe. Dit n dag na sy met haar eksamen klaar is en eerste dag op vakansie.
Ek vra die dokter toe wat is die oorsaak, baie koffie of geneties of wat? Hy se toe dis maar kolestrol en so aan wat dit veroorsaak. Blykbaar al jong kinders van 6 jaar en 8 jaar gevalle gehaad met galstene.
Hoop maar die ding word in WHK by die spesialis uitgesort.
Re: Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 12:20 pm
by J le Roux
Sterkte Francois
Dit is baie bitter om 'n man se kinders so in pyn te sien, ek hoop dit word gou uitgesort.
Re: Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 1:00 pm
by Wielie Waps
Francois , hier het n tannie saam met my gewerk wat gereeld gedetox het. Sy het die resep vir my neergeskryf.
Sal dit vir jou aanstuur , dalk help dit.
Gooi net jou epos adres.
Re: Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 1:16 pm
by ricus 1
Wielie Waps wrote:Francois , hier het n tannie saam met my gewerk wat gereeld gedetox het. Sy het die resep vir my neergeskryf.
Sal dit vir jou aanstuur , dalk help dit.
Gooi net jou epos adres.
Wielie waps. Gooi sommer vir almal op die forum asb.
Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
Re: Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 2:38 pm
by sako 30-06
Francois my skoonma het die prosedure gehad so 6 maande terug.
Sy voel soos n nuwe mense na dit en het omtrent geen pyn gehad nie.
Laparoscopic Gallbladder Surgery for Gallstones
https://myhealth.alberta.ca/Health/page ... d=hw106860
Sterkte.
Re: Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 5:57 pm
by Ds J
Twee liter pomelosap per dag vir drie dae, dan twee tot drie eetlepels olyfolie per dag.
Dit het vir n vriend van my gewerk.
Gal is nodig om die opname van sekere voedingstowwe in die dermkanaal aan te help. Om die galblaas te verwyder moet regtig die heel laaste opsie wees.
Re: Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 7:20 pm
by Freddie101
Selfde simptome as jou dogter gehad. seker al 10 jaar gelede. Galblaas laparoskopies verwyder... met groot niersteen in... nooit weer n probleem gehad en ek eet wat ek wil ... lekker vet biltong

..
So ek se haal hom uit en kry klaar.
groetnis Freddie
Re: Galstene
Posted: Thu Aug 15, 2019 9:04 pm
by Wielie Waps
Ek kry nie die file gelaai nie. Ek sal dir epos na iemand wat dit wil he.
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 8:02 am
by FHM
Dankie manne vir al die raad.
Die spesialis het gisteraand besluit om die galblaas te verwyder vandag. Sy gaan vanmiddag na middagete in vir die 'speletjie'. Blykbaar nie sny nie - net drie gaatjies op die abdomen waarmee hulle die truuk doen - dis nou soos ek van ma uit WHK verstaan.
Ons vertrou alles sal goed afloop en dan kan sy weer vet biltonge saam dad kou en appekooskonfyt met room dik smeer op die warm mieliebrood skywe, dan praat ons nie eens van daai Gems vetderms nie.
Dankie ouens.
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 8:09 am
by THOMAST
Sterkte vir haar
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 8:21 am
by ruaanb
Sterkte!
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 8:52 am
by airhunter
Ds J wrote:Twee liter pomelosap per dag vir drie dae, dan twee tot drie eetlepels olyfolie per dag.
Dit het vir n vriend van my gewerk.
Gal is nodig om die opname van sekere voedingstowwe in die dermkanaal aan te help. Om die galblaas te verwyder moet regtig die heel laaste opsie wees.
My vrou is deur die storie. die bg resep bring wel verligting. Ongeag van wat wie sĂȘ weet ek en my vrou dat dit nie moontlik is om n galsteen te passeer nie.
N galsteen verstop die vloei van gal na die derm kanaal.
Moenie speel met die ding nie. Ons het ge "home remedie" tot op n dag wat ek amper my vrou verloor het. Lank genoeg en die galblaas ontsteek en in haar geval het dit begin gangrien draai! Sys het rerig baie na aan groot moeilikheid gedraai. Dank die Here na kollektief amper 4 weke in die hospitaal waar sy op n stadium voor die deure van ICU gedraai het, het hulle uiteindelik die galblaas verwyder. Die steen wat die verstopping veroorsaak het was so groot soos n lekke olyf.
Vermy enige vetterige kos totdat dit uitgesorteer is.
Sterkte met dit. 18 Is jonk vir so iets. Die operasie, sou hulle dit verwyder, is deesdae gladnie groot nie. Op 18 herstel mens vinnig.
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 10:38 am
by andre007
Sterkte 'Cois. Pasop vir galstene, My skoonma het ook 2 van daai detox gemors programme geprobeer, eindelaaste ook ICU toe en die galstene verwyder, die 1 was so groot soos my duimnael met klomp kleintjies, sy was amper houtpak toe van nie wil luister nie.
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 10:43 am
by win270
Klink my mens kan dalk van die galstene as haelkorrels gebruik . . .

Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 10:47 am
by FHM
Dankie manne, sy 'teater' vanmiddag so ek sal volg week gou kom laat weet hoe dinge verloop het.
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 10:56 am
by Frederik
Sterkte daar en glo en bid dat alles sal glad verloop.
Re: Galstene
Posted: Fri Aug 16, 2019 11:33 am
by win270
Baie sterkte - hoop alles verloop suksesvol en hulle eet binnekort weer saam aan daardie biltong!
Re: Galstene
Posted: Tue Aug 20, 2019 9:58 am
by FHM
Wil net laat weet dat ek n baie gelukkige pa is.
Kido se galblaas is uit, sy het oor die naweek nog gele in die hospitaal en is gister ontslaan. Alles goed verloop en my kind het geen pyne meer nie.
Geld speel nie n rol by jou kind se gesondheid nie, maar eish manne as n galblaas uithaal en 5 dae in die hospitaal 78 K kos, wat kos n hartoorplanting, 750 K?
Kom ons skaal bietjie af, wat kos n blindederm operasie vandag - of net mangels uithaal?
Re: Galstene
Posted: Tue Aug 20, 2019 10:04 am
by joe rocket
Dis goeie nuus Cois. Sterkte met die herstel. Ek dink die hospitaal pocket die meeste van die geld. Die dokters se fooie is baie minder as die hospitaal rekening.
Re: Galstene
Posted: Tue Aug 20, 2019 4:13 pm
by win270
Dankbaar jou dogter is nou aan die herstel. Ja, mediese kostes is dikwels moeilik om te begryp . . . daar moet partye wees was met groot broeksakke rondloop.
Re: Galstene
Posted: Mon Nov 11, 2019 3:12 pm
by Sekelbos
Hoe gemaak as jy nie medies het nie maat?
Re: Galstene
Posted: Tue Nov 12, 2019 7:39 am
by FHM
Dan moet jy maar n goeie verstandhouding met jou bank he...of familie met diep broeksakke...
Die speletjie het ons op die einde van die dag 83 K gekos - kontant!