Page 1 of 1
Vlakvark boud / "saal" resepte asb
Posted: Thu Aug 15, 2019 12:06 pm
by FrancoisW
Dag almal,
Ek het vlakvark wat ons boude en blaaie gesny het.
Op die plaas het die oom 'n saal ook gesny soos hy dit noem. Dit is basies die rug gedeelte.
Het julle lekker resepte wat ek kan gebruik?
Groete
Francois
Re: Vlakvark boud / "saal" resepte asb
Posted: Thu Aug 15, 2019 12:51 pm
by Toxxyc
Pulled pork? Low and slow in 'n Weber, met 'n klein bietjie soeter hout vir rook. 10~11 ure tot klaar. Deur en deur die moeite werd!
Re: Vlakvark boud / "saal" resepte asb
Posted: Thu Aug 15, 2019 12:59 pm
by FHM
Re: Vlakvark boud / "saal" resepte asb
Posted: Thu Aug 15, 2019 1:17 pm
by sako 30-06
Francois hier is my resep vir n heel vlakkie op die spit.
Pas maar net aan vir die vleis wat jy wil maak.
Die vleis kom sappig uit.
viewtopic.php?f=121&t=73592
Re: Vlakvark boud / "saal" resepte asb
Posted: Thu Aug 15, 2019 1:22 pm
by jdpretorius
Was 'n eerste probeer .....Ons het die beeshaas met baie lekker resultate oor-nag gemarineer in onder andere loemoen sap (nie skil ook nie want sy smaak is te sterk), vars gemmer, soya sous, balsamic asyn, vars roosmaryn, garlik & herb en wit peper.
Die lemoen sap lyk my haal die "wild" effe uit. Ek't die volgende dag van hom nog op 'n brooidjie gesit en was vrek lekker ook.
Hoop dit help.
Re: Vlakvark boud / "saal" resepte asb
Posted: Thu Aug 15, 2019 1:41 pm
by FrancoisW
Dankie manne. Dit lyk wraggies lekker.
Nou het ek 'n probleem. Ek het te min boude vir elke resep.
Sal maar moet plan maak om in die veld te kom.....