Page 1 of 1

Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Tue Aug 13, 2019 3:38 pm
by tau
Middag Manne

Ek sit met baie kilometers Jakkalsproof wat lelik verwaarloos is. EK is ver van die plaas af en moet somme maak oor hoe ek drade wil herstel. EK moet of kontrakteur kry en per meter betaal of casuals kry en hulel op die lyn laat bly en per dag of per meter betaal. Ek kan baie pale en draad hier vanaf die Kaap vat om my koste te help.

Wat betaal julle nou vir draad herstel per meter?

Re: Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Tue Aug 13, 2019 5:11 pm
by Malan123
Nuwe 1.8m bonnox met jakkalsproof en pale is huidiglik so R110 per lopende meter as dit enigsins help

Re: Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Tue Aug 13, 2019 5:23 pm
by F.L.A.S.H
Tau
Ek voel jou pyn maat, sit self met klomp nuwe draad wat ek wil span en ou draad wat ek wil regmaak

Dit kos amper die selfde as n plaas om draad te span

Ek het ander dag somme gemaak van so R15 000 per KM vir nuwe draad sonder arbeid

Goodluck maat

Re: Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Tue Aug 13, 2019 7:20 pm
by Nico de Jager
Tau, jy sal n betroubare kontrakteur moet neem tot by die draad en beding vir n prys per meter. Hier is baie spanne wat net nuwe heinings wil span, stel glad nie belang om te repireer nie. Jy moet betaal vir elke liewe bossie wat hulle moet uitsteek en vir elke ou binddraadjie wat hulle moet afhaal.
Jy moet maar jou somme baie mooi maak, tot op n punt maak dit ekonomies sin om n heinig te repireer. As jou arbeid om te repireer dieselfde is as om n nuwe draad te span en jy kan materiaal billik in die hande kry, is dit beter om n nuwe heinig te span en hy hou n leeftyd. Ek weet nie wat jy wil binne of buite hou nie maar as jy nege drade span (5 doring en 4 staal) en jy elektrifiseer gaan jy spaar op nuwe jakkalsproof.
Ek het laasjaar baie draad gespan en n 1,2m bees- en skaapheining met nege drade, pale 10m uitmekaar met 4 droppers tussen in plus arbeid kos so R34 000 per km. Ek het nie elektrifiseer nie.
Hoop dit help
Groete

Re: Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Tue Aug 13, 2019 9:38 pm
by Capt. Yoda
Johna kom ons gaan ma af December en supervise die storie

Re: Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Wed Aug 14, 2019 3:44 pm
by tau
Dankie manne. EK het nou so paar pryse gekry. Ek sal soos enige iemand bitter graag nuwe Bonnox draad wou span, maar dit sal nie werk nie die Grensdraad is bietjie baie :)

Ek dink casuals wat op die draad bly en per meter betaal word sal my beste uitkoms wees.

Cappie as ons December daar draad moet werk is ons albei dood gebrand en op gewerk.

Re: Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Wed Aug 14, 2019 7:03 pm
by Capt. Yoda
Dan moet ons ma die winter n ekstra week gaan vir werk

Re: Wat betaal jy nou vir draad herstel of span

Posted: Thu Sep 19, 2019 9:27 am
by fanus_pace
Hello Tau
Ek het tans manne wat by my span en pryse is as volg:

Wildsheining 2.4m hoog enkel drade @ R16 p/m

Wildsheining van vee heining tot 2.4m, verwyder alle geroeste jakkals draad en geroeste lyne, plant nuwe pale @ R10 p/m

Herstel van vee heining, vervang alle geroeste jakkals draad en geroeste lyne, nuwe droppers waar nodig, plant nuwe pale waar nodig @ R8 p/m

Skoonmaak van lyndraad @ R2 p/m

Afbreek van ou heinings @ R4 p/m

Bakkie @ R3000 per maand.

Jy voorsien al die material en sover het ek geen klagtes met die werk wat hulle doen nie. Wat lekker werk vir my is die manne het hulle eie vervoer wat material aanry in die veld en hulle voorsien ook hulle eie kos so hoef nie heeltyd dorp toe te ry vir kos, twak en al die ander goed nie.

Weet nie waar is jou plaas gelee nie maar hulle is van Willowmore en het 3 spanne waarmee hulle werk. Jy betaal slegs vir werk wat klaar is en hoef geensins vooruit te betaal nie.
Glo die pryse kan verskil afhangende van hoe die terrein da by jou lyk.

Hoop dit help
Groete