Wanneer jy bou wat jy wil....
Posted: Tue Aug 06, 2019 9:00 pm
Naand almal
Daar is net sekere gebeurtenisse in 'n volbloed afrikaner man se lewe wat ek as amper magies beskou, dis daai herinneringe wat jy eendag op sy eie rakkie hou, elke dag afhaal, herleef, afstof en weer terugplaas net om dit more weer te bewonder. Hieronder is verseker daai eerste kus, aankoms van jou jongeling(e) en nog baie meer.
Vir my was daar so lank ek kan onthou ook die droom om 'n pasmaak geweer te bou, ek praat hier dan nie sommer net van 'n nuwe loop op jou Howa aksie sit met tacticool bolt knob nie......ek praat hier van daai geweer wat jy gaan bou as jy kon bou wat JY wou.
En ja, party ouens droom van daai 408 Cheytac of groter vir ULR maar ek is nog nie daar nie....vir my wou ek 'n geweer bou met uitstekende komponente wat oor lang afstande kompeterend kan skiet, hetsy dit Saterdag saam die ALRHA manne na staal is of saam die F-Ope manne na papier tot op 1000m, dalk 2000
Oor die algemeen is ek maar die tipe man wat luister wat almal te seg het maar dan steeds my eie opinie vorm, dit veroorsaak in meeste gevalle dat ek redelik alleen staan in my keuses. Geen verrassing dan dat toe ek begin kyk na kalibers ek nie besluit het op almal se gunstelinge nie. Reg of verkeerd, dis my droom en ek sal dit self verongeluk as ek wil...
Graag wil ek dan met julle, die mense wat ek die hoogste ag as dit by enige iets ballisties kom, my custom bou deel.
In kort bou ek 'n 7mm Practical soos ontwerp deur Nathan Foster.
Die man se logika in terme van die ontwerp van die dop en verkrygbaarheid van komponente maak vir my baie sin en het dus grootliks bygedra tot my besluit.
Ek gaan hom 184gr Berger F-Opens voer bo op 'n groot klomp H1000 vir spoed tussen 2950 en 3100 uit 30" loop, weens die beperkte spoed inligting uit 30" lope met die kaliber is die 3100 heel teoreties gesproke en sal nog bewys moet word.
Ek sal 10-1 eindig waar ek weet die F-Open punte mooi skiet rondom 2940 maar dit sal darem lekker wees om die hoger node by te kan kom sou ek wou
Dit is dan ook seker die regte tyd om te noem dat ek klaar 2 lope gekoop het
So die komponente:
Bartlein Heavy Varmint 30" loop in 1:9
Defiance Deviant Tactical Long Action met cone bolt head, tactical bolt handle, faceted shroud, integrale 20MOA piccatinny rail en standaard fluting op die bolt met magnum bolt face.
Bix'nAndy Competition trigger
Die kolf gaan 'n F-ope hout kolf wees met so bietjie van 'n twist
Aangesien hierdie 'n baan geweer gaan wees gaan ek bietjie meer neig na die dramatiese kant met gepoleerde aksie, loop ens.
Die geweer smid is Chrisjan, ek glo die man lewer van die beste kompetisie gewere in die land. Dit help ook natuurlik dat ek letterlik van my huis na syne kan stap
In terme van glas het ek vir my die Vortex Razor HD GenII in 4.5-27 gekry, hy word met 'n 20 MOA een stuk Spuhr mount aan die geweer geheg.
Ek gaan hom herlaai met Whidden custom bushing dies wat van my reamer print af vervaardig word.
Die donor brass is Sako 300WM brass.
Fotos van die komponente sal binne kort volg, ek moet net eers beter fotos gaan neem.
Die volgende stap is om Permission to build te kry dan kan die werk begin.
Ek hou julle op hoogte met hierdie droom projek van my.