Page 1 of 1
X Max aksies?
Posted: Fri Aug 02, 2019 5:47 am
by Sangoma (IAN)
Ek wil nie n ander man se post hijack nie, mar wat gan aan met X Max aksies?
Lyk of da bietjie negatiewe kommentaar gelewer word?
Re: X Max aksies?
Posted: Fri Aug 02, 2019 7:16 am
by Francoisv
Ian
Ek het baie probleme met misfires en die sneller ondervind en die naverkope diens was nie goed.
Wat my betref het die slagpen nie genoeg kenetiese energie om SRP konstant te aktiveer. CCI BR4 en 450 veral in my geval. Headspace is op zero bump.
Die sneller het laterale beweging en hou nie die verstelling. Die sear/rocker het gebreek en die ontwerper het sy rug op my gedraai. Gelukkig met die hulp van ‘n forum lid kon ek by die vervaardiger uitkom en hy het gehelp.
Dit gesê kry ek baie goeie resultate met die aksie. My geweer skiet ‘n pragtige waterlyn en groepeer.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190802/f754e7d6b8f76da81c47d7247b4aa8b9.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190802/c8ffbe42e13b6354fe8ff75a33a02af6.jpg.
Myns insiens sou ek beter af gewees het met ‘n Barnard of een van die amarikaanse aksies.
Muskien het ek net ‘n dud gekry.
“The Only Easy Day Was Yesterday”
Re: X Max aksies?
Posted: Fri Aug 02, 2019 7:38 am
by JPS
Ek het nie negatiewe kommentaar nie maar ek dink nie daar sal nog X max aksies gemaak word nie.
Ek verstaan wel dat die vervaardiger 'n nuwe een in pyplyn het wat nie met die "ontwerper" van die X max gedoen word nie en sal op remington footprint wees. Maar ons sal maar sien of dit gebeur.
Re: X Max aksies?
Posted: Fri Aug 02, 2019 7:57 am
by Capt. Yoda
Ek en JanK het die week taamlik gepraat oor aksies en ek het nogals n xmax oorweeg, dink ek sal maar bq langer wag en daai BAT kry
Re: X Max aksies?
Posted: Fri Aug 02, 2019 10:37 am
by swc-tr
Wat van die nuwe Orpen Wapens CG Millenium aksies?
Ek het hierdie fotos daarvan ontvang, 6-kantige weergawe en Rem 700 footprint weergawe.
Het geen verdere inligting daarvan nie.
OW CG Millenium.jpg
OW CG Millenium R700 footprint.jpg
Re: X Max aksies?
Posted: Fri Aug 02, 2019 10:04 pm
by Rasmus
Schalk
Ek het op huntex na hulle geloer en wou graag met die manne gesels oor die aksies...... hulle was egter te besig gewees en moes soek na die aksie.....
Die persoon wat kwansuis al my vra sou kon antwoord was drie keer nie beskikbaar gewees wat ek by hulle gedraai het nie.
Prys was ook aan die stywe kant, naby aan n Barnard se prys.
Piet Welgemoed het onlangs vir my genoem dat hulle tans net wag vir n vervaardigers lisensie en dat daar n nuwe xmax beskikbaar gaan word, maar hy glo nie dit sal in die jaar nog wees nie.
Re: X Max aksies?
Posted: Sat Aug 03, 2019 2:40 pm
by Ferdi Bam
Gewoonlik het n nuwe produk groeipyne wat eers in werklik in sy toepassing "ontdek" word, dit moet nie so wees nie maar dis nou eenmaal so. Ek was bewus van n paar groeipyne en het myne gekoop tsv dit. Toe ek my geweer bou het ons self die regstellings gemaak en ek is nie spyt daaroor nie. My X-Max
skiet soos n akkurate geweer moet. Sy toleransies is baie klein en op n winderige dag op n Bisley baan in S.A. kan ek dalk n probleem met stof hê. Dis al negatief wat ek het as ek iets moet sê , ek is egter voorbereid vir so situasie.
Van na verkope diens weet ek nie maar twyfel of die verkoper n probleem sal hê as daar probleme is.
Groete
Ferdi Bam
Re: X Max aksies?
Posted: Tue Oct 22, 2019 1:03 pm
by Francoisv
Die probleem wat ek met my X-max aksie gehad het is totaal opgelos. Slagpen protrusie gevoellig.
Francois Vogel
Re: X Max aksies?
Posted: Tue Oct 22, 2019 1:58 pm
by Pinkes
Nou hoe het jy die probleem opgelos?
Ek het net van primers verander en my moeilikheid is op n einde!!!
Re: X Max aksies?
Posted: Tue Oct 22, 2019 2:57 pm
by Swede
Manne, net 'n dom vraag. Hoe dan met 'n aksie wat nie net 'n paar rand kos nie?
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: X Max aksies?
Posted: Wed Oct 23, 2019 6:44 am
by Francoisv
Pinkes wrote:Nou hoe het jy die probleem opgelos?
Ek het net van primers verander en my moeilikheid is op n einde!!!
Pienkes
Ek het slag pen protrusie 100% reggekry. My aksie is baie fyngevoelig daarvoor. Agv van die kort locktime is die verskil tussen te min kinetiese energie en te kort (softstrike) ‘n baie klein sweetspot van 1.24-1.45mm. Oor 300 skote laas ‘n misfire gehad.
Francois Vogel
Re: X Max aksies?
Posted: Wed Oct 23, 2019 7:35 am
by Pinkes
Dankie F.
Sal na myne ook kyk as ek weer moeilikheid kry...