Page 1 of 1

Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Mon Nov 14, 2011 7:31 am
by Vurkster
Hey Kerels:

Ek wil graag 'n .22 LR koop...Het so 'n ruk terug gekyk na die Ruger rotary magazine... Ek was heel beindruk gewees daarmee. Moet se dis 'n aanpassing van die tradisionele "banana" magasyn.
Is daar van julle wat vertroud is met die produk? Werk dit goed en ondervind julle storings?
Die meeste mense waarmee ek mee gesels het reken dis nie 'n goeie patent nie, omdat die magasyn vas sit as dit warm word. Die internet reviews meen dis 'n fantastiese produk:

Julle insette sal goed wees manne!

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:11 am
by Wouter Roets
Hallo Vurk

Die magesyn/geweer kombinasie kom nou al n lang pad en sou nie so ver gevorder het as dit nie n goeie konsep was nie. Ek ondervind nie die probleme waarvan jy praat op myne nie. Ek is wel een van die wat gereeld myne skoonmaak. .22 Rondes is nie altyd van die skoonstes nie en dit kan op die lang termyn drama veroorsaak. Maak maar net gereeld met iets soos Gunk-out of Carberator cleaner skoon. Jy sal nie spyt wees oor n Ruger nie veral as ek so lees oor die manne se akkuraadheid in .22 met ander kalibers! ;D

Groetnis
Die Mes

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:22 am
by blaser
Ek is meer as gelukkig met my 10/22 die fabrieks magsyn  is puik en gee nooit probleme nie daar is  n magdom after market magsyne op die mark party goed en ander minder goed die geweer die beste .22 ooit gemaak

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:40 am
by Beretta
Jy kan maar koop kan net se my has never missed n beat een va die beste .22 op die mark.
Beretta

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:52 am
by Wouter Roets
Baretta/Remington

Dink julle nie maar dit is tyd om julle profiel name te verander na Ruger1 en Ruger2 toe nie!

Groetnis
Pappa Ruger

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Mon Nov 14, 2011 8:54 am
by JPS
;D ;D ;D

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Mon Nov 14, 2011 9:06 am
by Beretta
Oom Ruger
Dink nie dit is n slegte voorstel nie
Groete
Ruger 10/22  ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Tue Nov 15, 2011 3:05 pm
by Vurkster
Bakgat julle...dankie vir die insette!

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Thu Aug 02, 2012 7:01 pm
by BenG
Wat is die wetlike vereistes om 'n 10/22 te lisensieer?

Re: Ruger .22 LR Rotary magazine 10/22

Posted: Thu Aug 02, 2012 7:03 pm
by G-force
Ek het die rotary mag op my bolt action 17hmr ruger.Hy werk perfek.