Page 1 of 1
Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 9:44 am
by sako 30-06
Ons het die naweek weer n fantastiese jag gehad,n paar bokke en varke het bakkie gery.
Hier is n paar fotos. Ja die skade is lelik, maar die bokke weet nie eers wat hulle tref nie en het n baie vinnige dood.
Skote was so 50-70m.
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 9:51 am
by alecjohnson
Watter vmax is dit 87gr en wat is die spoed wat julle skiet? Baie goeie skote! Myne het nooit so mooi gemaak nie!
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 9:56 am
by toelie
My XC met 87 gr V-Max pomp ook n ding so
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 9:58 am
by sako 30-06
alecjohnson wrote:Watter vmax is dit 87gr en wat is die spoed wat julle skiet? Baie goeie skote! Myne het nooit so mooi gemaak nie!
87gr Vmax, 3050fps.
Derde foto is vlakvark, tussen oog en oor in.
Daar is net n gat gaatjie in kop, geen ander skade nie. Maar die eerste vark is van agter af in kop geskiet.
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 10:03 am
by alecjohnson
Dankie ek het dalk net altyd sleg geskiet myne het ek 3111fps gestoot, maar baie dankie vir die deel.
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 10:23 am
by Carlc
Dis nie net v max'e wat so maak nie. Ek het die laaste 2 jagseisoene n paar rooibokke met nosler accubonds uit my 270 op redelike kort afstande in die kop geskiet en dit het maar net so sleg gelyk.
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 10:24 am
by Eduard Venter
Manne ek was bevoorreg om vir Sako 30-06 in aksie te sien die naweek... Sy naam moes eintlik Sako 243 gewees het hy is baie gevaarlik met daai roertjie.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 11:31 am
by sako 30-06
Eduard Venter wrote:Manne ek was bevoorreg om vir Sako 30-06 in aksie te sien die naweek... Sy naam moes eintlik Sako 243 gewees het hy is baie gevaarlik met daai roertjie.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Haha, dis omdat ek so goei PH gehad het wat vir my die maklike skote gegee het.

Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 12:56 pm
by toelie
Dis nie net die rooi perdebytjies wat so knyp nie. Ekt die ooi die jaar geskiet met my 300 WM gelaai met Barnes 180gr op so 80 meter reg tussen die goggles.
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 1:31 pm
by Eduard Venter
toelie wrote:Dis nie net die rooi perdebytjies wat so knyp nie. Ekt die ooi die jaar geskiet met my 300 WM gelaai met Barnes 180gr op so 80 meter reg tussen die goggles.
Hoe ver het sy gehardloop na die skoot?
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 2:15 pm
by toelie
Eduard Venter wrote:toelie wrote:Dis nie net die rooi perdebytjies wat so knyp nie. Ekt die ooi die jaar geskiet met my 300 WM gelaai met Barnes 180gr op so 80 meter reg tussen die goggles.
Hoe ver het sy gehardloop na die skoot?
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Pyp en pyptig meter

)
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 3:33 pm
by Capt. Yoda
Daai vmax is n lekker helmet koeltjie, ergste wat ek nog gesien het was n 180gr swift uit n 300wm. Maak n blessie laat hy ok soos toelie se bok lyk op 100m
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Tue Jul 16, 2019 5:10 pm
by Knewel
Dai punte kan van 'n slegte skut 'n goeie een maak..met 'n vleisie
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Wed Jul 17, 2019 8:48 am
by sako 30-06
Knewel wrote:Dai punte kan van 'n slegte skut 'n goeie een maak..met 'n vleisie
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Maak nie saak waarmee jy skiet nie as jy kakabeen raakskiet gaan jy n kwesbok he.
Re: Die .243 en Vmax (Nie vir sensitiewe kykers nie)
Posted: Wed Jul 17, 2019 8:49 am
by sako 30-06
Wat ke hou van die Vmax is dit werk ook baie lekker vir nekskote, eintlik baie min skade.