Page 1 of 1
Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 2:41 pm
by Antondup
Hi
Uiteindelik het my eerste jag vir die jaar aan gebreek en ek kon toe gelukkig die mooi ram plat trek!
Groete
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 2:46 pm
by Harambe
Jis kom maak 'n draai hier by my dan maak ek vir jou Ds J se springbok potjie
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 2:58 pm
by Antondup
Kaapstad is bietjie ver! Ek is juis moeg gery van gister se lang pad huis toe!

Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 3:00 pm
by ruaanb
mooi ram daai Anton! Wat het die outjie geweeg?
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 3:03 pm
by Antondup
Dankie
Ek het hom gister eers geweeg by die persoon wat my vleis moet bewerk en was 21kg op die skaal.
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 3:08 pm
by ruaanb
Netjiese gewig daai. Waar het julle gejag?
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 3:11 pm
by Antondup
Ons was by Grasvlakte Safaris buite Postmasburg.
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 3:19 pm
by tau
Antondup wrote:Hi
Uiteindelik het my eerste jag vir die jaar aan gebreek en ek kon toe gelukkig die mooi ram plat trek!
Groete
Baie geluk. Dit is 'n mooi bok.
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 4:48 pm
by Glocked
Baie netjiese ram daai ! Baie geluk
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 15, 2019 7:56 pm
by alecjohnson
Baie geluk mooi ram daai en 21kg vir posmasburg is heel goed!
Re: Springbok ram
Posted: Tue Jul 16, 2019 7:29 am
by win270
Geluk!! Dis 'n netjiese ram. Die veld lyk ook maar baie kaal en droog daar . . . natuurlik nou winter.
Re: Springbok ram
Posted: Tue Jul 16, 2019 8:44 am
by Antondup
Dankie amal. Die veld was op daai kol redelik droog maar sekere dele het dit baie goed gedlyk. Alle diere was in goeie kondisie gewees maar die boer het ook genoem dat hulle die afgelope 2 jaar minder reen gekry het as die normale gemiddelde reenval. Darem het nie een van die bokke wat geskiet was ongesond gelyk nie.
Re: Springbok ram
Posted: Mon Jul 29, 2019 8:56 am
by dawiec
mooi rammetjie!