Page 1 of 1
Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:30 am
by ruaanb
Met groot opgewondenheid het die dag uiteindelik aangebreek vir ons jaarlikse familie jag. Ons het op die plaas Brandfontein wat al vier generasies in die Strauss familie is bymekaar gekom.
Met 'n lekker vuurtjie wat brand en ietsie vir die keel bederf my een broer ons toe elkeen met 'n knipmes wat hy laat maak het. Elkeen se naam is op sy mes gegrafeer.
IMG-20190629-WA0033-816x612.jpg
Sat aand klim ons toe die bakkie vir 'n springhaas jag. Die manne het maar lekker weg geraak en sommiges het vinnig besef hulle is nie meer 13 nie. Dit was egter lekker om my klong ook dit te laat beleef wat ek as kind beleef het en dit het 'n uur gevat om hom later aan die slaap te kry.
20190630_075737-612x816.jpg
Sondag was ons rustig op die plaas en het ons seker gemaak die gewere se zeros is reg.
Maandag oggend so 9am se kant was ons in die veld. Daar het oornag 'n koue front ingekom. Ek het lanklaas so koud gekry. 2 grade, ys reëntjie en wind wat 25km/h na 40km/h waai. Ek het geweet hier lê 'n lang dag voor. Ek het binne die eerste halfuur 'n kans gekry op 250m en sien toe maar die 76gr Kriek teen 3120 fps word amper 'n bok lengte gedruk. Bok het weer op 310m gaan staan mooi plank dwars en ek kon die Kriek mooi agter die blad inglip. Nou was ons reg vir die dag.
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:34 am
by ruaanb
My klong het toe in die stoel ingeskuif en met pa se wind en afstand bepalings skiet hy 'n mooi rammetjie op 120m en 'n mooi ooi op 250m.
20190701_084249-612x816.jpg
20190701_124448-612x816.jpg
Ek het so rukkie later die mooi ram op 220m geskiet.
20190701_123617-612x816.jpg
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:37 am
by joe rocket
Lekker Ruaan. Daai wind is wild. Mooi geskiet.
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:38 am
by ruaanb
Ons het teen 1pm se kant opgehou want toe raak dit net erger in daai veld.
Ten spyte van die omstandighede het ek en my seun 9 bokke gekry.
Altesaam het ons 28 bokke tussen 5 jagters vir die dag gekry.
My broer se dogter het haar 1ste bok geskiet so niggie en nefie het trots hulle "warpaint" vir almal gewys.
IMG-20190701-WA0009-816x1088.jpg
Die Maandag span
IMG-20190703-WA0002-816x612.jpg
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:44 am
by JohanvB
Mooi Man!!
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:47 am
by ruaanb
Dag 2 is toe 'n fantastiese dag wat skiet aanbetref. Geen wind en so lekker winter sonnetjie maak dat jy nie te koud kry nie. My vroutjie wik en weeg nou al lank om ook 'n bok te skiet en die oggend sê sy sy gaan saam.
Ek kry haar toe mooi ingeburger in die skietstoel met my 222 wat 'n 32gr Kriek teen 3250 fps skiet.
So 45min later skiet sy toe die jong haak rammetjie op 100m. Die vreugde was baie groot!
20190702_104958-612x816.jpg
Skoot was presies waar sy gemik het en ek is absolaat verbaas oor die min vleis skade wat daar was.
Ek skuif toe in die stoel in maar dit is 'n dag wat ek eerder wil vergeet......eers skiet ek 'n bitter mooi ram se rug af op 120m.....na ek nog 'n groter ram mis skiet. Ek kon dood eenvoudig net nie 'n bok raak skiet as die bok nader as 200m gestaan het nie. Een spesifieke ram het my 3 kanse gegee wat hy net bly staan het.
Na die trop weg is het ek uit frustrasie na 'n klip wat my vrou op 265m gerange het geskiet en dit was in die middel. Die drywer het bokkoors gehad........
Ek het toe later 'n bitter mooi ooi op 350m en 'n mooi ram op 320m geskiet. 'n wsm met 178gr eldm teen 2900 maak nie mooi nie so ek sal nie die fotos laai nie.....
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:51 am
by ruaanb
My broers het die oggend aangedui hulle gaan eerder trek koedoes loop soek op 'n ander plaas.
Vroeg het my een broer 'n jong bulletjie geskiet wat net een voorbeen gehad het. Die ander een was af maar die wond was al genees.
IMG-20190702-WA0016-816x1088.jpg
Laat middag het my ander broer 'n baie mooi koedoe koei geskiet wat al effe ouerig was. Sy was ook nie dragtig nie.
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:52 am
by ruaanb
Dit was regtig 'n baie lekker trippie gewees en in totaal het ons as familie 32 springbokke en 2 koedoes gekry.
Ek sien al klaar uit na volgende jaar se trippie.
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:56 am
by alecjohnson
Wonderlik! klink na baie pret! wil self vir volgende jaar oorslaan kriek 235gr toe vir my 375.
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 11:59 am
by ruaanb
'n mooi foto van die mes.
IMG-20190708-WA0043.jpg
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 12:07 pm
by ruaanb
Ek is weereens so beindruk met die Krieke se verrigting dat ek nie sommer iets anders sal skiet nie.
693 gram bloedvleis op 14 bokke is ek meer as tevrede want kopskote was veral Maandag nie 'n opsie nie.
Ek dink dit sou minder gewees het as ek die 2 bokke wat ek met die wsm geskiet het nie bygereken het nie.
Nie een bok het verder as 5m beweeg na die skoot nie.
IMG-20190705-WA0065.jpeg
Laastens die herinneringe kan geen geld ter wereld koop nie.
IMG-20190703-WA0001-816x612.jpg
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 12:36 pm
by THOMAST
Die herinneringe, dis baie spesiaal
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 3:40 pm
by PWV
Lekker, Ruaan. Bly maar lekker in die veld!
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 4:21 pm
by Capt. Yoda
Mooi gejag daar Ruaan
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 4:36 pm
by Malan123
Netjies Ruan. Lekker om weer groenerigheid te sien in die karoo
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 6:48 pm
by Mellies
Lekkerte.
Met n vleisie...
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Mon Jul 08, 2019 7:07 pm
by Diesel Dog
Mooi geskiet manne ,nog net twee weke dan gaan ons ook bietjie koud kry.
DD
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Fri Jul 12, 2019 1:28 pm
by Aceofspades
Ek is bly julle het so lekker gejag. Nou kon ek die stories agter die fotos lees. Dis nie baie wat 'n familie meer so bymekaar kan kom nie. Julle moet volhou daarmee.
Kriek
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Sun Jul 14, 2019 7:16 am
by Gian_dP
Lyk of julle n heerlike tyd gehad het! Dis spesiale tye saam met familie in die jagveld.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Sun Jul 14, 2019 12:43 pm
by Philip J
Lekker man!
Bly om te sien daai Boere 243 bring nog steeds sy kant!
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Posted: Sun Jul 14, 2019 4:23 pm
by ruaanb
Philip J wrote:Lekker man!
Bly om te sien daai Boere 243 bring nog steeds sy kant!
hy bly net nie teleurstel nie!