Page 1 of 2
Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 5:27 pm
by Nadia
Hello almal
Ek wil baie graag leer maar weet nie waar om te begin nie. Hoop dis reg dat ek 'n meisie is want ek sien daar is eintlik net manne in hierdie forum?
Groete
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 5:30 pm
by DawieKotze
Baie welkom Foxy! En hier is sommer baie manne wat jou graag sal wil help!
Blok - kom in Blok!! BLOK!!!!!!! Waar is jy - aan die slaap??
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 5:32 pm
by Nuweseun
Welkom Foxy.
Hoop jy geniet dit hier en as jy wil leer is jy by die regte plek.
Groete
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 5:46 pm
by Dawid
Baie welkom Foxy
Hier is ander dames ook op die forum en jy sal hulle wel raakloop.
Geniet die forum
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 5:48 pm
by Nadia
Baie Dankie julle
Sjoe ek weet nie waar om te begin nie. Ek is 'n meisie wat in die dorp bly maar ek hou daarvan om soms in die bos te wees. Vertel vir my wat is julle opinie hiervan? Ek wil sterker word om meer kennis te he van die bos. Ek wil ook verstaan wat is die verskil tussen 'n goeie of slegte jagter? Hoe weet 'n mens of die jagter diere dood maak vir 'n goeie of slegte doel?
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 7:24 pm
by 243Songdaug
Welkom Foxy!
Hoop jy geniet die forum. Skakel in by die jagtersvereniging in jul omgewing en bring tyd saammet die manne deur - moet net nie vergeet om die tannies ook te leer ken nie!
Om een of ander rede beskou tannies 'n girl wat van gewere hou as iets uit die bose. Spot sommer, ma doen ma moeite met die manne se vroue - hulle sal jou gou aanvaar.
Soos jy se kry jy ma mense wat vir goed doodmaak en dan weer ander wat doodmaak oor totaal en al die verkeerde redes. Laat jou kop jou hier lei - as dit verkeerd voel is dit heelmoontlik verkeerd.
Van watter area is jy?
Sterkte en weereens welkom
Songdaug
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 8:54 pm
by Nadia
Hehe Songdaug. Julle laat my baie welkom voel. Baie dankie. Ek is van Pretoria Oos af.
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 9:23 pm
by Francois Briedenhann
Is jy getroud???hahaha grap net.Welkom en geniet jy sal baie leer by die OOMS en TANNIES.
Groete FB
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 9:31 pm
by Pvdw
Hi
Foxy, hier is jy nou weer op 'n ander plek
Het jou netnou op 'n ander plek ook welkom ges?
Jy praat van "meisie" Is jy nog op skool, student of ma van 'n dosyn??
Ek self is van Pretoria.
As jy op skool is vra jou ouers om jou te help om by SA jagters se Pta Oos tak in te skakel.
As jy 'n student is of klaar met skool, wel gaan dan sommer self.
As jy 'n ma van 12 is vat jou man saam
Vra gerus as jy iets wil weet.
Lees ook gerus BAIE op die forum. Die manne bespreek gereeld dinge oor etiek en wat is reg en verkeerd in elkeen se o?.
Geniet dit hier en bly om te sien die "meisies" word meer.
Peet
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 9:59 pm
by Jagtersdok
Baie welkom Foxy.
Moenie dat die manne te veel terg nie
Geniet jouself gate uit
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Fri Nov 11, 2011 10:12 pm
by theedge
Foxy Naand
Baie welkom bly om kennis te maak en weet jy sal dit geniet. Ja pasop die manne laaaaaiiiiiiiiik terg

Dit is wat die forum egter so aangenaam maak - groot manne (kennis) verskil soms maar het ook n sagte kant

Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sat Nov 12, 2011 8:41 am
by Nadia
Sal seker vandag 'n draai by Safari&Outdoor maak. Ek's 23. Jammer as my afrikaans nie perfek is nie. Eks eintlik Duits\Engels. Ek kan die tergery handle hehe.

Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sat Nov 12, 2011 8:47 am
by GERT vd M
Baie welkom en terloops, jou afrikaans is perfek!!
GROETNIS
GERT
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sat Nov 12, 2011 10:39 am
by BLOUVALKIE
hallo ( tannie ) Foxy
hoop tannie geniet dit hier by ons
groete
BLOUVALKIE
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sat Nov 12, 2011 11:14 am
by Biker
Foxy
Jy is dan net die regte ouderdom om saam te gaan St Nowhere toe en as jy nie visvang nie sal ek jou maar moet leer. Sal jou dalk ook moet gaan haal as jy wil leer jakkals skiet

Welkom hier groete Biker
ns wonder of die 'miesie' nie net n GRAPKAS is nie

Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sat Nov 12, 2011 8:19 pm
by Nadia
Soos julle al weet was ek vandag in Safari&Outdoor. Die bo? lyk vir my nogals interesant. Maar ek wil so graag die H&K P30 of\en CZP07 Duty saam met 'n red dot sight h?. Asb?
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sat Nov 12, 2011 9:37 pm
by fanie17
Jy moet die forum geniet.Ek is seker die manne sal graag help.Ek is ook in Pta oos
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sun Nov 13, 2011 8:39 am
by G-force
Nadia dis altyd goeie maniere om n foto te plaas van jouself as jy n intro thread maak!Welkom.As ek reg gelees het dan het ons mos by die Mooiplaas funday ontmoet?
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sun Nov 13, 2011 8:43 am
by Nadia
Ek het 'n foto op my profiel opgesit. Ja ek was by Mooiplaas funday.
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sun Nov 13, 2011 2:26 pm
by Hein M.
Welkom Nadia!
Weet jy sal geniet! Watse naelvyl hou jy daar vas?
Mooiloop!
Hein
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Sun Nov 13, 2011 2:29 pm
by Nadia
Dankie Hein. Dit is duidelik nie 'n regte mes nie maar ongelukkig het ek nie 'n regte een gehad nie. Maar ek lyk hopelik nogsteed gevaarlik so watchit hehe

Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Mon Nov 14, 2011 8:36 am
by BLOK
Makado
Blok melt aan vir diens.
Foxy weereens baie welkom hier soos ek by my ander post gese het hier kan jy maar jou vrae gooi ek help graag.
Net so vir interresantheid is van jou ander famielie ook op die forum, pa ma boetie of sussie. Net dat ek weet waar ek voorbrand vir die jong manne op die forum kan maak

Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Mon Nov 14, 2011 8:45 am
by G-force
Piet-Skiet wrote:
Ek het dit geweet! Ja nee kyk die oomlik toe ek dit gesien het het ek geweet.
hehe Hoe gaan dit buurman?
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Mon Nov 14, 2011 11:44 am
by Nadia
Hello BLOK
ander familie? nie sover ek weet nie
Pa: nee, Ma: nee, Boetie: Het nie 'n boetie waarvan ek weet nie, Sussie: Defnitief nie
Maar ek het 'n ou

en dit lyk my dat hy beroemd is op die forum
Re: Meisie as nuwe lid?
Posted: Mon Nov 14, 2011 11:56 am
by Geno
Piet-Skiet, en sy meisie: Nadia mes steek!