.308 vs 30-06

DB001
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Sat Jun 29, 2019 8:56 pm

.308 vs 30-06

Post by DB001 »

Naand almal.

Ek gaan heel moontlik nou die spreekwoordelike wors in die hondehok gooi, maar ek sukkel om ‘n vraag geantwoord te kry.

Bietjie agtergrond is dat ek ‘n .303 Lee Enfield nr4 mkII het wat helaas nou sy einde begin nader, na baie goeie diens. Om die loop ens. te vervang is egter nie vir my die moeite werd nie so ek kyk na iets om dit te vervang.

Ek het reeds ‘n .243 Brno wat ek gebruik vir kleiner wild wat baie goed werk.

Ek jag meestal op vlaktes, maar sal ook graag iets wil hê sou ek my in ‘n bos bevind iewers.

My opsies het my nou tot ‘n .308 of 30-06 gebring en ek sal graag jul opinies hieroor wil hoor.

Ek sal ‘n silencer opsit ongeag die kaliber en ek herlaai self.

Laastens sal ek ook graag ‘n paar opinies oor fabrikate wil kry. Ek hou baie van wat ek sien in die Winchester Mod 70 sporter, maar is seker daar is verskeie ander om ook te oorweeg. Die Winchester is wel redelik aan die bokant van my begroting vir van die rak afhaal, sonder ekstras.

Hoor graag wat julle dink.




Sent from my iPhone using Tapatalk
Brno .243, Lee Enfield .303, Sako .30-06
User avatar
22-250 Sniper
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by 22-250 Sniper »

DB001 wrote:Naand almal.

Ek gaan heel moontlik nou die spreekwoordelike wors in die hondehok gooi, maar ek sukkel om ‘n vraag geantwoord te kry.

Bietjie agtergrond is dat ek ‘n .303 Lee Enfield nr4 mkII het wat helaas nou sy einde begin nader, na baie goeie diens. Om die loop ens. te vervang is egter nie vir my die moeite werd nie so ek kyk na iets om dit te vervang.

Ek het reeds ‘n .243 Brno wat ek gebruik vir kleiner wild wat baie goed werk.

Ek jag meestal op vlaktes, maar sal ook graag iets wil hê sou ek my in ‘n bos bevind iewers.

My opsies het my nou tot ‘n .308 of 30-06 gebring en ek sal graag jul opinies hieroor wil hoor.

Ek sal ‘n silencer opsit ongeag die kaliber en ek herlaai self.

Laastens sal ek ook graag ‘n paar opinies oor fabrikate wil kry. Ek hou baie van wat ek sien in die Winchester Mod 70 sporter, maar is seker daar is verskeie ander om ook te oorweeg. Die Winchester is wel redelik aan die bokant van my begroting vir van die rak afhaal, sonder ekstras.

Hoor graag wat julle dink.




Sent from my iPhone using Tapatalk
Die vermoë van beide die kalibers begin agter die kolf
Altwee het hulself al bewys in die jagveld sowel as op die baan. Ek self skiet met 308 persoonlik verkies ek bietjie dukker en min. 26" loop wat beslis help met daai langer skote. Nadeele is vleis skade as jy nie A en B skote skiet en hy is nie so forgiving nie. Wat die maak en model aan betref dink ek is die beste hang rond op n skietbaan en toets bestuur tot jy gemaklik voel. Die probleem is maak nie saak wat jy koop jy gaan 90% van die tyd custom al is dit net n trigger shoe.
Ek sou sê jy moet self besluit hoeveel jy hom gaan gebruik en hoeveel jy bereid is om te spandeer.
Groete

Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Malan123 »

NWK het so rukkie terug 'n tikka 300WSM gehad vir R11600. Jy sal nie spuit wees nie!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by joe rocket »

Jy kan enige een koop, gradeboog of nul kwes, beide is puik kalibers. Howa en Tikka maak nie saak nie. Nwk se 300wsm special is al lankal weg, daar was net een te koop.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: .308 vs 30-06

Post by Ranger »

Flip a coin or just buy whichever caliber you can find a rifle in for cheaper. Check Humansdorp Co-Op for bargain prices on Howa's. I think they had a 30-06 on special for under R7000 if I remember correctly.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Ds J »

Om die drie bekendste 30-kalibers (308, 30-06, 300) in perspektief te plaas kan jy so daaroor dink: hulle volg mekaar op. Die 308 is die kleinboet vir enige gegewe koeëlgewig, die 30-06 begin waar die 308 ophou, en die 300 begin waar die 30-06 ophou.

Die 30-06 het sy slegte naam waarskynlik gekry omdat voornemende jagters n veeldoelige kaliber wil koop, maar die verkoopsman sê nie dat hy "soos n muil" skop nie. Dan word die arme groentjie skopsku, en weet nie van beter nie, en die gevolg is gekweste bokke. Nou is dit n "slegte" kaliber.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Capt. Yoda »

Ek het al 2 en alhoewel ek n baie groot 30.06 man is kan mens nie met n 308 stry nie veral nie met al die lekker kruit wat ons nou het. Ek weet nie waar die “slegte” naam van die 30.06 af kom nie die een wat ek het is die akuraatste fabrieks geweer wat ek nog geskiet het en ek het nog nie n bok n 2de skoot gegee na hy een van hom ontvang het nie.

Ek laai myne met lekker lang swaar koels teen n lekker spoed en met n silincer is hy mak, 308 skiet 168gr bergers en is net so lekker geweer maar ek sal altyd die 06 vat as daar gajag word. Soos hy in die kluis staan kan ek met hom in die bosveld of in die vrystaat gaan jag en ek sal n gong op 1000m ook vat.

Besluit watse koel jy wil skiet en kyk dan na die 2 kalibers, ek sou se as jy swaar wil gaan kyk na die 06 en as jy 168gr tot dalk 180gr wil skiet is die 308 meer as genoeg oor die algemeen kan mens seker se die 308 is n “makliker” geweer om aan die skiet te kry

300wsm en 300wm is weer n heel ander perd

Met die regte koel op die regte plek is die doodmaak vermoe van n 30.06 wel bq anders imo as n 308 en ekt al n paar met 308, 30.06 en 300wm geskiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by RevA »

Jy sal nie verkeerd gaan met een van die twee nie. 308 skiet basies tot 180 grein punte sinvol skiet maar werk beste met 150-170grein, terwyl 30-06 220grein punte kan skiet maar beste werk met 180grein. 30-06 skop effe meer as 'n 308. Gelaai met dieselfde punte sal 'n 30-06 bietjie meer spoed hê, wat goed en sleg kan wees.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Arnold »

Ek het al 308 en 300 WM gehad en besluit om maar eers n 30-06 te kry vir jag.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by JPS »

Ek is met Cappie op die een. Ek self het 30-06 en ‘n 25-06. Niks fout met enige een van hulle nie en beide skiet baie mooi.

Maar eerlik waar as ek nou moes koop sou dit ‘n .308 gewees het.

Die kort aksie gewere is net meer sinvol vir my deesdae. En die 308 gaan loop saam met 243. Basies soos ‘n 30-06 en 25-06 saamloop.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .308 vs 30-06

Post by Frederik »

Omdat jy meestal vlaktes jag 30-06 met 165gr koeel en die dag dat jy bos toe wil gaan 200gr koeel vir die korter afstande en groot bokke soos eland en niks vleis skade nie.
User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 201
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Re: .308 vs 30-06

Post by DiscoBiscuit »

Dag,

30-sukses.

Tikka hunter - as jy loop en jag.
Tikka Super Varmint - as jy voorsit / dieselstalk of net nie omgee oor gewig nie.
Howa as jy goedkoper wil gaan, hy skiet net so dood soos die ander 2.

Ek het al vir al 3 herlaai, al 3 skiet diep lekker.
Ek ken nie die Winchester nie, as hy jou bly maak, koop hom.

Mooi dag.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by 308Win »

Ek het al baie gate in bokke gesien kon nie 'n verskil in die gate van 'n 3006 en 300WSM in die bokke opmerk nie.
Die 308win loop so biejie uit stoom uit as mens groter bokke op 300m skiet.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by 308Win »

Dit gese: al jy 'n langer loop 308 neem (26 of langer) kom mens baie op dieselfde plek uit as die 22 duim 3006
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: .308 vs 30-06

Post by LoopSoosStroop »

Ek sou 5 jaar terug .30-06 gesê het, maar deesdae dink ek eerder .308. Ek weet nie hoe om dit te stel nie, maar vir my voel dit asof dit 'n meer "stabiele" kaliber is. Minder dinkwerk nodig, goeie kruite, goeie dopvulling, maklik om akkuraat te laai. En hy maak alles dood as jy reg skiet.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: .308 vs 30-06

Post by LUAN »

308Win wrote:Dit gese: al jy 'n langer loop 308 neem (26 of langer) kom mens baie op dieselfde plek uit as die 22 duim 3006
Dis die waarheid. Ek skiet ook liewers met my 26" loop 308 voordat ek nul sukses behaal met n kort loop 06Image
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: .308 vs 30-06

Post by matewis »

Beide sal uitstekend werk. Ek het 'n 308 Tikka wat baie mooi maak en baie maklik ladings ontwikkel. Dan het ek 'n 270 Mod 70 Sporter. Daai Winchester is my hart se punt en niks wat ek nog vasgehou het kom by sy slotaksie nie. Die controlled feed is iets wat ek wens die Tikkas ook opgehad het.

Vir vlaktejag op groter wild as jy bietjie verder wil skiet kan die 3006 dalk die pyp rook, maar vir bosjag is die 308 meer as voldoende.

Koop daai Model 70, jy sal nie spyt wees nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Arnold »

So verskil mense. Ek is mal oor n kort geweer. Die balans en maklik beweeg met so stompie is darem net soveel beter as daai lope wat 28" en langer is.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Wouter Roets »

Boys

Bosveld jag met n 26 duim loop geweer met n silencer? Sit seker die hele dag agter op die bakkie of by watergate. Of nee wag, jag seker in klein teelkampies waar daar gif gegooi is.

DB001 koop n 24 duim 30-06 in daai Winchester en jy is gesort vir die res van jou lewe.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Boys

Bosveld jag met n 26 duim loop geweer met n silencer?

Groetnis
Wouter

Ja ek wou dit nou nie se nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by joe rocket »

22 duim loop maksimum lengte, 20 duim loop nog beter vir die bosveld.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
CassellG
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Mon Jan 15, 2018 2:22 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by CassellG »

vriend , as jy moet kies tussen 308 en 3006. en jy se vlaktes...so ek se , vat die nul kwes , met die swaarloop , en terwyl jy die silencer opsit laat die geweersmit die howas sy sneller spring vervang , sodat die sneller lekker lig is.

sit trigger shoe op...en lekker scope. dan skiet jy enige iets van 168gn tot 210gn pitte.

hy stabiliseer meeste punte met gemak.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by 308Win »

Wouter Roets wrote:Boys

Bosveld jag met n 26 duim loop geweer met n silencer? Sit seker die hele dag agter op die bakkie of by watergate. Of nee wag, jag seker in klein teelkampies waar daar gif gegooi is.

DB001 koop n 24 duim 30-06 in daai Winchester en jy is gesort vir die res van jou lewe.

Groetnis
Wouter
Gelukkig is ek 'n voet korter as die res. Dan kan ek 'n voet aan die ent van my geweer bylas en net so maklik onder deur die bosse loop :laugh:
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by Wouter Roets »

308Win

Het jy nie geleer n mens moet dan kompenseer met n groter kaliber en nie net n langer een nie.

So terloops met my laaste jagtrip moes ons noodgedwonge die outfitter se roere gebruik want ons het nie genoeg tyd gehad vir invoerpermitte van Moz se kant af nie. Dit was twee Brno ZKK602 gewere met 25 duim lope en dit was regtig hinderlik in die ruie bos gedeeltes. My Rugers wat ek vir bosveldjag gebruik het almal barrelbands op en selfs die modelle met 24 duim lope werk baie goed daarmee. n Mens besef nie hoe enorme verskil dit maak in die bos nie.

Groetnis
Wouter
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: .308 vs 30-06

Post by knipmes »

Nou lekker gelag. Ek kon my voorstel hoe sukkel n man deur die bosse met so n "lang" geweer. Veral as jy km moet loop, warm son, moeg, tsetses wat pla en nog meer.
Post Reply