Fantastiese diens JP Gunsmithing Polokwane
Posted: Tue Jul 02, 2019 8:38 am
So gaan jag ek laas week in Alldays. Op pad kom ek agter dat my .30-06 se knaldemper skoonveld is. Dis ‘n groot probleem aangesien ek graag my seun iets wil laat skiet, maar die .30-06 bloots skop darem vietjie te erg! En synde dat hy op die baan geoefen het met die knaldemper op wou ek hê dat hy so ook gaan jag.
Ry toe by Safari Outdoor aan en koop nuwe Aimzonic die Sondag. Kom by die huis en knaldemper wil nie pas nie!
Maandag vertrek ons jagveld toe en stop in Polokwane - ek gaan by nog ‘n geweerwinkel aan en koop nog ‘n silencer. Hy pas maar wil nie heeltemaal vol op die skroefdraad draai nie. Ek vra toe by geweerwinkel of daar geweersmid is wat hulle kan aanbeveel. Hulle stuur my na JP Gunsmithing - en watse plesier was dit nie!
Die kort en die lank is hulle pasmaak een van hulle Mamba knaldempers om soos handskoen te pas op my skroefdraad. Hulle neem kneldemper wat ek gekoop het by winkel in Polokwane oor en verrig met die ruiltransaksie diens in effek gratis en verniet.
‘N uur later is ek weer op pad met bielie van knaldemper en die slagoffer van uitstekende diens!