Page 1 of 1
Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 2:06 pm
by Askari
Ek het die afgelope naweek 'n Eland koei geskiet met my 9.3x62 net buite Luckhoff. Die Peregrine 250gr VRG3 (2315 vt/s) het op 160m beide voorbene laag op die blad gebreek (die hart was flenters) en ek het die punt herwin onder die vel van die verste blad. Ek was beindruk met die punt se reguit penetrasie, veral as in gedagte gehou word dat ten minste 2 groot bene gebreek is. Die punt het 225.6gr van sy gewig behou. Met impak het die koei soos 'n perd op haar agterbene gaan staan (dit was moer indrukwekkend) voor sy neer geslaan het. Ek moes seker so 2kg vleis weggooi weens been splinters
Mufatsi Game Breeders sien my beslis vlge jaar weer.
Webp.net-resizeimage-1.jpg
Webp.net-resizeimage-2.jpg
Webp.net-resizeimage-3.jpg
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 2:22 pm
by DWB
Mooi man
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 2:36 pm
by VictorG
Wel gedaan
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 3:17 pm
by ruaanb
mooi so
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 3:23 pm
by Frederik
Lekker as alles so mooi uitwerk geluk.
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 3:29 pm
by toelie
Baie mooi skoot, geluk met die lekker vleis.
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 4:40 pm
by Ashley
Baie netjies, wel gedaan!
Daai mono's werk darem maar mooi..

Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 7:47 pm
by Flip Nel
Baie Geluk, moo bok en mooi geskiet
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 7:48 pm
by Apie
Lekker!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 8:56 pm
by Askari
"Bakkievrag" fillet, rugstring steaks, patties, kaaswors en boerewors verder en nog 2 boude en 1 blad om te bewerk. Hulle kan wag tot more.
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 9:07 pm
by ruaanb
Wat was karkas gewig. ?
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 9:09 pm
by Askari
ruaanb wrote:Wat was karkas gewig. ?
Ongelukkig nie geweeg nie
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 9:12 pm
by Askari
Ek hou nota terwyl ek haar bewerk. Wanneer ek klaar is sal ek presies weet hoeveel die skoon vleis geweeg het.... sal dan beter antwoord kan gee.
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 9:14 pm
by ruaanb
dankie maar net nuuskierig want dit is n mooi bok.
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 9:17 pm
by Askari
ruaanb wrote:dankie maar net nuuskierig want dit is n mooi bok.
Sou graag ook die gewig wou weet. Ons moes haar met winch laai op die cruiser en block en tackle by die slagblok.... maar dit sĂȘ nie veel nie.
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Mon Jun 24, 2019 9:21 pm
by Askari
Sover....
2 kg fillet
6 kg rugstring steaks
32 kg boerewors
10 kg patties
18.5 kg kaaswors.....
Nog 2 boude en een blad om te bewerk. Gaan nog steaks, skoon maalvleis en paar biltonge sny uit hulle. Ek het pakkie Crown Russian speserye oor van verlede seisoen, so mag dalk so paar kg russian wors maak net om te proe.
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Tue Jun 25, 2019 10:03 am
by bush hat
Askari, ek was onder die indruk dat net gewere met knaldempers toegelaat word.....was ek verkeerd !
Mooi bok met 9,3 !!
Groete
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Tue Jun 25, 2019 11:08 am
by Askari
bush hat wrote:Askari, ek was onder die indruk dat net gewere met knaldempers toegelaat word.....was ek verkeerd !
Mooi bok met 9,3 !!
Groete
Oom Tienie was darem nie te "vas" oor daardie reel nie.... Daar was 2 ander gewere wat ook sonder dempers was. Help ook seker dat Oom Tienie se seun my genooi het vir die jag
Ek het die idee gekry dat Oom Tienie dempers verkies om sy wild "mak" te hou, maar heeltemal bereid is om uitsonderings te maak met tye en indien vooraf gereel. Daar was 'n ander span manne wat net kom suip en mis skiet het.... Ek twyfel of hulle sonder dempers sou mag skiet

Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Fri Jun 28, 2019 3:58 pm
by Hoenderhokkie
Baie geluk met die mooi bok! Ek hoop om later vanjaar ook 'n eland met die 9.3 te klits en gaan vir die eerste keer 250g Nosler Accubonds probeer.
Groete
Jacques
Re: Eland vs 9.3x62
Posted: Fri Jun 28, 2019 4:24 pm
by koos 2
Baie geluk.