Page 1 of 1

Pistool skiet op staal teikens

Posted: Sun Jun 23, 2019 7:00 pm
by Dumbluck
Miskien 'n simpel vraag maar is hier enigeiemand wat op staal teikens skiet met hul pistool?

Ek wil graag meer oefen met my Glock 19 en staal is darm baie lekkerder as om papier te skiet.

Ek het al een keer my 150mm gong so 10m weggehang ma ek was maar versigtig en verbeel my ek het 'n stuk skrapnel by my hoor verbykom oppad terug. Dis toe ek maar die oefening kortknip.

Op youtube klink dit net so lekker om daai plate te laat lui met die 9mm.

Is dit dunner staal, skiet hulle met sekere patrne, hang die staal op 'n sekere manier? Dit lyk darm wragtag nie of hulle iets spesiaal doen nie.

Kan iemand my in die regte rigting wys?

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Sun Jun 23, 2019 7:25 pm
by 22-250 Sniper
Dumbluck wrote:Miskien 'n simpel vraag maar is hier enigeiemand wat op staal teikens skiet met hul pistool?

Ek wil graag meer oefen met my Glock 19 en staal is darm baie lekkerder as om papier te skiet.

Ek het al een keer my 150mm gong so 10m weggehang ma ek was maar versigtig en verbeel my ek het 'n stuk skrapnel by my hoor verbykom oppad terug. Dis toe ek maar die oefening kortknip.

Op youtube klink dit net so lekker om daai plate te laat lui met die 9mm.

Is dit dunner staal, skiet hulle met sekere patrne, hang die staal op 'n sekere manier? Dit lyk darm wragtag nie of hulle iets spesiaal doen nie.

Kan iemand my in die regte rigting wys?
As jy dit wil doen draai jou plate effens skuins. En baie belanrik dra n oordentlike skiet bril
Ek het amper my oog verloor op n valplaat wat 7mt van my af gestaan het. Iemand het die plaat geskiet met n geweer en daai whatcutter het omgedraai in daai gat my slide geclear en my gekap. (Ook nie bril gedra)

Sent from my Nokia 7 plus using Tapatalk

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Sun Jun 23, 2019 8:02 pm
by Ratel
Hang jou valplaat aan die tien en twee uur posisie op. Dit maak dat die plaat teen n hoek af wys. Die koeels deflekteer af grond toe dan.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Sun Jun 23, 2019 8:10 pm
by Ds J
Staal is n groot plesier want hy beloon jou met n duidelike "bieng"-geluid.

Kry n skietbril want die skrapnel spat maar.

En soos die manne hier bo sê: die plaat moet skuins na onder wys dan deflekteer die koeëls grond toe. As ek reg onthou: diie minimum afstand is gewoonlik 7m.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Sun Jun 23, 2019 9:05 pm
by Alwin
Al die bostaande advies is goed. Veral 'n goeie skietbril is noodsaaklik.

Addisioneel kan ek ook die volgende voorstel:
1. Maak seker die staal plate is mooi plat. Enige kraters of ander uitsteeksels gaan ekstra terugkaatsing veroorsaak.
2. Vir gewere is dit verkieslik om die plate aan boute op te hang, want sweisnate verswak die staal en kraak af. Vir handwapens is dit beter om enige hangplek agter aan die plaat te sweis, sodat daar nie boutkoppe voor uitsteek wat stukke lood terugkaats nie.
3. Moenie gemantelde koeëls gebruik nie. Die dik koper mantels van gewone winkelammunisie is besonders veerkragtig en kom gereeld terug na die skut toe.
4. Lood koeëls is die veiligste. Dit bars in baie klein stukke as dit die plaat tref. Gekoopte CMJ's is aanvaarbaar, want die geplateerde koperlagie is dun en baie bros, dit maak nie groot stukke skrapnel nie.
5. Gewone weekstaal (mild steel) plate, 6 - 8mm dik is voldoende. Geen nodigheid vir VRN500 of soortgelyke pantserstaal nie.
6. Ek sien sommige bane in Europa hang 'n buiteband om die plaat. Dit vang enige stukkies wat parralel met die plaat deflekteer. Op die manier kan jy heelwat van die lood herwin en hergebruik. Dit is ook veiliger.
7. Wit geverfde plate kontrasteer lekker met die pistool se visiere. Spuitverf in blikkies is handig, maar duur. As jy baie gaan skiet, oorweeg om die plate met goedkoop PVA te verf.
8. Staalplate skiet is 'n ongeneeslike siekte, wat veral bekend is vir hoë ammunisie verbruik. As jy nog nie herlaai nie, is dit nou 'n goeie tyd om te begin.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 9:15 am
by Harambe
Ek skiet Steel Challenge. Dis vet pret. Daai skrapnel wat so nou en dan terugkom sal nie eens jou vel krap nie. Glo my, ek weet. 'n Bril is voldoende en dan hoef jy glad nie meer te bekommer nie. Ek het nou nie die reels voor my nie, maar ek dink die minimum afstand is sowat 8m van jou af en ek neem aan dit is vir veiligheid. So 10m is meer as voldoende. Die plaat moet net effe na onder wys om die meerderheid van die lood in die grond in te reflekteer. 'n Spanmaat van my gebruik "valve springs" om die plaat onder spanning te hou aan die rame wat hy maak.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 9:37 am
by Plaashaas
Pistool doen NIKS aan n 6mm Mild steel plaat nie. Jy kan sommer self n klomp maak. "Humanoid" werk baie lekker vir oefening.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 9:45 am
by Ds J
Plaashaas wrote:Pistool doen NIKS aan n 6mm Mild steel plaat nie. Jy kan sommer self n klomp maak. "Humanoid" werk baie lekker vir oefening.
Plaashaas, is jy seker hiervan?

Ek vra want ek het al valplate/gonge gesien wat redelik konkaaf geskiet is op n handwapenbaan.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 9:50 am
by Plaashaas
Ds J wrote:
Plaashaas wrote:Pistool doen NIKS aan n 6mm Mild steel plaat nie. Jy kan sommer self n klomp maak. "Humanoid" werk baie lekker vir oefening.
Plaashaas, is jy seker hiervan?

Ek vra want ek het al valplate/gonge gesien wat redelik konkaaf geskiet is op n handwapenbaan.
Ek het self n klomp 6m plate. Jy kan n paar 1000 op hulle skiet. Die gewig van die plate is so min dat hul die skok lekker absorbeer sonder om teveel weestand te bied. By gese ek het "brackets" agterop geweld wat seker die plate bietjie verhard het

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 10:12 am
by LoopSoosStroop
My ervaring is dat CMJ's en jacketed koele wel sagte staal beskadig op kort afstand. Lood pitte wel nie.

Dit is daardie klein dimples wat dan weer lood in jou rigting terug gooi.

Die plate by steel challenge is verharde staal, hoe harder die plaat hoe kleiner is die kans dat iets gevaarlik terugkom, aangesien die koeel heeltemal op-breek.

Plaashaas, dalk moet jy bietjie meer MP200 gooi?

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 10:14 am
by saswart
Gaan kyk bietjie hierdie video oor veiligheid en tips as dit kom by staal skiet met pistool. Jy sal hou van die man se video's as jy hou van pistool skiet.

https://www.youtube.com/watch?v=0GpKZzt29BM

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 10:42 am
by Plaashaas
LoopSoosStroop wrote: Plaashaas, dalk moet jy bietjie meer MP200 gooi?
S121 ;)

Moet se ek skiet net lood.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 11:40 am
by Wouter Roets
Manne

Jammer vir die high jack, is daar n pistool baan in die Pretia omgewing waar n mens op staal teikens kan oefen? Maw n lekker taktiese baan?

Groetnis
Wouter

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 11:52 am
by Draegan
Wouter Roets wrote:Manne

Jammer vir die high jack, is daar n pistool baan in die Pretia omgewing waar n mens op staal teikens kan oefen? Maw n lekker taktiese baan?

Groetnis
Wouter
Ek weet SWAT (oorkant Zwartkops resiesbaan) het van daai duelling trees en 'n Texas star wat mens kan huur. Ek was al baie self lus on dit te probeer maar is maar skrikkerig.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 1:15 pm
by Eduard Venter
Wouter Roets wrote:Manne

Jammer vir die high jack, is daar n pistool baan in die Pretia omgewing waar n mens op staal teikens kan oefen? Maw n lekker taktiese baan?

Groetnis
Wouter
Ons skiet soms staal teikens by Skietbaan tydens IPSC. Praat dalk met hulle ek is seker jy kan iets reël in tye wat hulle nie so besig is nie.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Mon Jun 24, 2019 1:40 pm
by Dumbluck
Baie dankie vir al die terugvoer, ek gaan nou nie almal quote nie maar baie dankie vir elkeen se insette.

Ek het nie op die stadium tyd vir 9mm herlaai nie ( daar le 300x 223, 500x 308 en 300x 260 doppe by my huis wat geprep moet word, so ek het bietjie werk)

Is daar iemand wat lood patrone/ reloads verkoop in die Kaap? Die lood klink vir my baie veiliger.
Ek het redelik stock FMJ's maar klink my ek moet hule maar hou vir ander oefening.

Ek gaan bietjie soek vir dunner staal paat om te skiet. Het ook op die video hieronder afgekom vir 'n manier om die plaat monteer, kan so iets self sweis en op 'n dropper monteer. Gee net bietjie kans :) Ek sal graag 1 of 2 dunner plate eers in die hande wil kry. Die dik/swaar gongs wat ek het beweeg nie maklik nie en is soos teen 'n muur vas skiet.

https://www.youtube.com/watch?v=O4IFAFWCWaw

Baie dankie weereens

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Tue Jun 25, 2019 7:23 pm
by johans
ek het net laasweek my deuling tree klaargemaak

het homgemaak van 150mm ghongs,6 van hulle en dis vrn 500 staal
jy kry beslis ricoshade,maar ekt nog nie gevoel iets tref my nie.die mense wat ek al van gehoor het wat getref is was net deur die vel(hoewel ek dink die vel hier by die keel rond is maar baie min)

ekt nog van niemand gehoor wat ernstig beseer is daarmee nie en daars manne wat duisende patrone op staal skiet.
op youtube het ek baie vids van dit gekyk en hulle se min afstand van 10m vir veiligheid.
belangrikste soos hierbo gese is maar oog beskerming.

ekt ook gehoor van n man wat in n droe boom geskiet het en die koel het teruggekom en diep in sy been vasgesteek,so ja kort afstand het seker maar altyd sy risikos.behalwe papier maar dis boring.

iemand hierbo het gese jy moet baie koele vat vir ghonge met n pistool,dis baie waar.dis regtig verslawend en as jy sien le daar n hoop doppe langs jou.veral daai deuling tree is vet pret

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Tue Jun 25, 2019 9:51 pm
by SakoTrippel2
Dumbluck wrote:Baie dankie vir al die terugvoer, ek gaan nou nie almal quote nie maar baie dankie vir elkeen se insette.

Ek het nie op die stadium tyd vir 9mm herlaai nie ( daar le 300x 223, 500x 308 en 300x 260 doppe by my huis wat geprep moet word, so ek het bietjie werk)

Is daar iemand wat lood patrone/ reloads verkoop in die Kaap? Die LOOD klink vir my baie veiliger.
Ek het redelik stock FMJ's maar klink my ek moet hule maar hou vir ander oefening.

Ek gaan bietjie soek vir dunner staal paat om te skiet. Het ook op die video hieronder afgekom vir 'n manier om die plaat monteer, kan so iets self sweis en op 'n dropper monteer. Gee net bietjie kans :) Ek sal graag 1 of 2 dunner plate eers in die hande wil kry. Die dik/swaar gongs wat ek het beweeg nie maklik nie en is soos teen 'n muur vas skiet.

https://www.youtube.com/watch?v=O4IFAFWCWaw

Baie dankie weereens
Maak net mooi seker... Ekt iewers iets gelees van Lood Koele en Glock loop nie mooi saam nie... Ek onthou dit baie vaagweg. En Ja ekt ook 'n Glock so dis nie asof ek probeer sê hys sleg nie. Met 'n rollie werk lood koele natuurlik baie lekker.

Maar in effek maak dit vir my sin in enige Pistool. Elke keer wat daai sagte lood die "Ramp" slaan as hy weer vorentoe stoot na 'n skoot kan dalk die koeël shave en stukke agter laat in die "aksie" na 'n rukkie of selfs misvorm dat hy dalk kan sukkel om te kamer....

Ek dink maar net hardop...

Ek self skiet nou en dan staal op kortafstand met CMJs...met die plate wat effens voor oor hang blaas al die skrapnel. Mooi afwaarts.

Groete
Frans

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Tue Jun 25, 2019 10:38 pm
by SakoTrippel2
Nou weer gaan soek... So die probleem lê eintlik by die lope wat aanpak met lood. Glock lope is glo "tighter" that being said...The Call is yours.

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Tue Jun 25, 2019 10:46 pm
by Dumbluck
Dankie almal, nou jeuk ek lekker. Ek is oor 2 weke terug by die huis dan gaan ek plan maak. As ek stil raak hier op die forum dan het my verloofde my vang gong stands sweis terwyl die huis nog staan sonder blindings en ligte na die verbeteringe wat nou aan die gang is...

Re: Pistool skiet op staal teikens

Posted: Wed Jun 26, 2019 10:02 am
by Wattlegrove
johans wrote:ek het net laasweek my deuling tree klaargemaak

het homgemaak van 150mm ghongs,6 van hulle en dis vrn 500 staal
jy kry beslis ricoshade,maar ekt nog nie gevoel iets tref my nie.die mense wat ek al van gehoor het wat getref is was net deur die vel(hoewel ek dink die vel hier by die keel rond is maar baie min)

ekt nog van niemand gehoor wat ernstig beseer is daarmee nie en daars manne wat duisende patrone op staal skiet.
op youtube het ek baie vids van dit gekyk en hulle se min afstand van 10m vir veiligheid.
belangrikste soos hierbo gese is maar oog beskerming.

ekt ook gehoor van n man wat in n droe boom geskiet het en die koel het teruggekom en diep in sy been vasgesteek,so ja kort afstand het seker maar altyd sy risikos.behalwe papier maar dis boring.

iemand hierbo het gese jy moet baie koele vat vir ghonge met n pistool,dis baie waar.dis regtig verslawend en as jy sien le daar n hoop doppe langs jou.veral daai deuling tree is vet pret
Pistol dueling tree is verslawend. Pasop hy eet CMJ's in hulle honderde op.