Page 1 of 1

.303 Loop Vervanging

Posted: Fri Jun 21, 2019 12:02 pm
by jooste
Goeie more jagters.

Ek het n .303 wat se loop uitgeskiet is en wil dit graag vervang met n kaliber wat ek vir springbokjag kan gebruik. Its soos .243 of 6.5creedmore, etc.

Enige raad insake of so iets moontlik is sal waardeer word.

By voorbaat dankie.

Re: .303 Loop Vervanging

Posted: Fri Jun 21, 2019 12:56 pm
by JJV
Laat maak hom ‘n 6mm Musgrave. dan kan alles selfde bly en net loop vervang word.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: .303 Loop Vervanging

Posted: Fri Jun 21, 2019 1:03 pm
by Frikkie Coetzee
jooste wrote:Goeie more jagters.

Ek het n .303 wat se loop uitgeskiet is en wil dit graag vervang met n kaliber wat ek vir springbokjag kan gebruik. Its soos .243 of 6.5creedmore, etc.

Enige raad insake of so iets moontlik is sal waardeer word.

By voorbaat dankie.
In teorie kan dit gedoen word MAAR dis nie n goeie idee nie.
1. Die Aksie, tensy dit n P14 is sal nie die druk van n Creedmoor kan hanteer nie.
2 kostes. Gaan heelwat goedkoper wees om eerder n rak geweer te koop.

As jy die aksie wil behou. 6mm Musgrave is enigste praktiese keuse.

Frikkie

Re: .303 Loop Vervanging

Posted: Fri Jun 21, 2019 1:28 pm
by Ds J
Enkele redes om nie n loop te vervang nie:

Kostes:

- n nuwe loop kos ten minste R6000
- dan kom die arbeidskoste by
- en die moeite om die nuwe kaliber op n ou aksie te maak werk

- Enigste uitsondering: om die loop met n 303-loop te vervang. Daar was n geweersmid in die Vrystaat (Viljoenskroon / Kroonstad?) wat militere lope gehad het; dit was blykbaar goedkoop genoeg.

Lisensiering:
- daar was sprake dat die SVR opdrag gegee het dat geen lope vervang mag word nie. NNB: Ek dra geen kennis hiervan nie - het net opskrifte op die forums gesien.

Slotsom:
Tensy jy n goeie P14-aksie het en n uitsonderlike kaliber wil laat bou is dit waarskynlik goedkoper en makliker om n nuwe geweer te koop.

Re: .303 Loop Vervanging

Posted: Wed Jun 26, 2019 12:57 pm
by jooste
Dankie almal vir jul raad.

Ek dink n nuwe geweer is my voorland.