Page 1 of 1

Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 8:51 am
by Arnold van Wyk
Help asb, hoe lank sal julle gemaklik wees met BWBees wat in vel hang in koelkamer voor hy bewerk word.

Dankie
Arnold

Re: Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 9:22 am
by Malan123
5 dae is voldoende vir my, maar jy kan hom baie langer laat hang

Re: Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 9:32 am
by Witpietskiet
Net n vraag rondom n bok so in sy vel hang, doen n mens dit net met kopskote of lyf skote ook?

As hy tog so in sy vel hang met n lyf skoot kan jy tog nie al daai bloed af/uit was nie, maak dit nie die vleis sleg nie? (al hang hy in die koeler)

Re: Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 10:39 am
by savage(P Coetzer)
Het al kopskoot rooibokke vir 3 weke met die vel aan gehang en vleis was foutloos

Re: Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 11:22 am
by GeorgeL
Ek het al Takbok vir 2 weke sonder vel laat hang maar die negetiewe uitwerking was dat die laag buite om soos biltong geraak het en dit was nie lekker nie. Maar ek sal nie bloed vleis in die vel laat hang nie. Dalk die bloed vleis gedeelte laat oop maak en was en dan hang.

Re: Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 12:13 pm
by Thunderhead
Ek was geleer reel van 40.
As die koelkamer 10C is hang 4 dae as hy 4C is dan 10dae.

Re: Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 12:13 pm
by Kolhasie
As dit n moet is kan hy tot n maand hang.

Re: Karkas in koelkamer

Posted: Wed May 29, 2019 3:49 pm
by Carl
Ek het al 'n week gehang. Dit voel of die vleis sommer makliker van die bene af kom.
Stem dat 'n skoon kopskoot dit selfs langer kan maak.