Page 1 of 3
Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 10:29 am
by KillMurphy911
Dag manne,
Ek het jare terug 'n handgemaakte Jagmes as 'n verjaarsdag geskenk present gerky. Die mes was ontwerp om te werk en het oor die jare goeie diens gelewer. Die lem was sterk en het sy snykant goed gehou. Die hef was van vlakvark tand gemaak. So niks fency nie.
Lang storie kort, op die laaste jag sien ek dat die handgemaakte skede los getorring het so by die kant waar die mes inglip. Ek vat toe my staple gun en praktiseer toe 'n oplossing. Ongelukkig het my plan nie gewerk nie en toe ek die een bok nog wil keel af sny toe is die mes weg.
Wat gebruik julle manne? Ek is opsoek na iets wat nie die bank sal breek nie maar wat steeds waarde vir geld is en, uit die aard van die saak, geskik is vir jag doeleindes.
Groete
KM911
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 11:08 am
by Eduard Venter
Die Honey Badger messe is goeie waarde vir geld. Myne werk baie harder as die gemiddelde jagmes. Hy is baie lekker om keel te sny met die skerperige punt. Die lem het agter 'n inham waar mens se wysvinger veronderstel is om te rus. Dit is vir my bietjie van 'n frustrasie. Mens gebruik dit nooit nie die lem kon eerder langer gewees het. Vir rand waarde is dit 'n baie goeie mes, maar niks fancy nie. Ek het vir hulle gegaan omdat hulle taamlik goedkoop is en ek is hard op messe. Sou hy wegraak in die veld is dit nie te veel skade nie. Ek het onlangs 'n nuwe een met 'n pens haak ook aangeskaf vir my werkers om mee te slag. Hy is egter nog nuut ek kan nie kommentaar lewer oor hoe goed die haak is nie. Dink myne het so in die omgewing van R400 gekos.
Jy kan na Gerber se messe ook kyk maar ek is nie seker wat kos hulle deesdae nie. Myne het baie kilo's op maar deesdae werk die honey badgers vir my lekkerder en slyp hulle bietjie makliker.
Ek het 'n Kershaw clash gehad wat ook 'n vreeslike lekker mes was vir algemene doeleindes en jag. Ek het hom verloor een dag toe ek bees in die veld geslag het. Sal nie omgee om weer so een te hê nie maar hulle kos nou seker al by die R1000.
Ek is nie 'n aanstaander van duur messe wat mens te bang is om te gebruik nie. Maar safari&outdoor het 'n reeks Helle messe wat pragtig is. 'n Pel van my het een waarmee ek al so bietjie geslag het. As jou budget dit toelaat en jy hou van mooi messe is dit dalk 'n goeie opsie.
Groete
20190522_105905.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 11:23 am
by DWB
Kontak vir Dries101 op die forum en bederf jouself
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 1:10 pm
by Jakkels 223
Ek is redelik "heilig" op my messe, vir slag in die veld het ek vir my n Opinel gekry en moet se die mes het my nogal verbaas. As die mes skerp is, bring hy sy kant. Het al wildebees geslag met hom en het nogsteeds sy snykant behou. Nie duur nie en doen die werk, ook nie te jammer vir die mes nie. As my opinel verlore raak gaan dit ook nou nie die bank breek om n nuwe een te kry nie. Die mes pas lekker in die broeksak en pla nie as jy moet sit, kniel of le nie
Groete
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 1:18 pm
by Supacow
Man sal tronk toe as jy in die veld en in die slagkamer betrap word sonder n No12 carbon Opinel
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 1:20 pm
by Supacow
En hy slyp so lekker
Hair popping sharpness

Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 4:13 pm
by KillMurphy911
Dankie vir die insette manne.
Die Honey Badger boks ver bo sy gewig en is eerlikwaar baie goeie waarde vir geld. Ek is welbekend met die Helle en die Opinel en in my opinie en baie ander van die bosmanne hier in die noorde is Opinel die begin en einde van sak messe.
Ek stem ook saam dat ek nie weer 'n duur (uniek, enig in sy soort ens) mes veld toe gaan vat nie. Was flippen hartseer oor daai mes (Amper so hartseer soos toe ek my Lynx kêp verloor het!)
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 5:42 pm
by Glocked
Ek het 'n Buck Alpha Hunter Folder, met die gut hook, wat my vergesel in die veld en sy deel gedoen het met bokke slag vir die laaste 10 jaar al. Dis 'n yster van 'n mes, en hy hou sy vlak ook goed. Al ding wat my afsit van 'n knipmes as slagmes, is al die hoekies en draaitjies waar bloed en stukkies inkom en vassit en droog word. Maar, na 'n uitstappie, as ons by die huis kom, lê hy vir 24ur in seepwater, spoel hom af, en dan is hy weer reg vir die volgende een. Baie soliede mes en as ek hom ooit moes verloor, sal ek na baie trane net weer dieselde een gaan koop.
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 7:05 pm
by Wit Johannes
KillMurphy911 wrote:Dag manne,
Ek het jare terug 'n handgemaakte Jagmes as 'n verjaarsdag geskenk present gerky. Die mes was ontwerp om te werk en het oor die jare goeie diens gelewer. Die lem was sterk en het sy snykant goed gehou. Die hef was van vlakvark tand gemaak. So niks fency nie.
Lang storie kort, op die laaste jag sien ek dat die handgemaakte skede los getorring het so by die kant waar die mes inglip. Ek vat toe my staple gun en praktiseer toe 'n oplossing. Ongelukkig het my plan nie gewerk nie en toe ek die een bok nog wil keel af sny toe is die mes weg.
Wat gebruik julle manne? Ek is opsoek na iets wat nie die bank sal breek nie maar wat steeds waarde vir geld is en, uit die aard van die saak, geskik is vir jag doeleindes.
Groete
KM911
Ek weet die honey bager messe is a baie lief nice maar iets wat dalk bietjie goedkoper is, is dalk die Dow messe wat nou seker nie van die beste messe op doe mark is nie maar ek weet my broer en my pa gebruik al hulle sin vir jarrrrre met jag en slag, ek self spaar maar om heet hier naby aan my te laat maak met demuskus lem en 'n carbite tiepe hef.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 8:18 pm
by Arnold
Jakkels 223 wrote:Ek is redelik "heilig" op my messe, vir slag in die veld het ek vir my n Opinel gekry en moet se die mes het my nogal verbaas. As die mes skerp is, bring hy sy kant. Het al wildebees geslag met hom en het nogsteeds sy snykant behou. Nie duur nie en doen die werk, ook nie te jammer vir die mes nie. As my opinel verlore raak gaan dit ook nou nie die bank breek om n nuwe een te kry nie. Die mes pas lekker in die broeksak en pla nie as jy moet sit, kniel of le nie
Groete
Watse nommer gebruik jy en behandel jy hom eers met bietjie olie dat hy nie swel as jy praat van water nie?
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Wed May 22, 2019 11:14 pm
by Ds J
n Mes en n geweer vir n man is soos juwele vir n vrou.
As jy n mes mooi kan oppas kan jy n peperduur jagmes laat maak.
As jy gevaar loop om hom te laat lê of te verflenter moet jy liefs n goedkoop vervangbare iets kry.
Voorstel: kyk eers watter soort mes jy wil hê. Kyk na lemgrootte en -vorm; profiel; materiaal; kortom: stel eers vas wat jy nodig het en die beste sal werk. Dan gaan soek jy n mes met daardie eienskappe wat jou sak pas.
Kyk na die CRKT en Cold Steel reekse. Daar is skatjies beskikbaar.
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 7:44 am
by Jakkels 223
Arnold wrote:Jakkels 223 wrote:Ek is redelik "heilig" op my messe, vir slag in die veld het ek vir my n Opinel gekry en moet se die mes het my nogal verbaas. As die mes skerp is, bring hy sy kant. Het al wildebees geslag met hom en het nogsteeds sy snykant behou. Nie duur nie en doen die werk, ook nie te jammer vir die mes nie. As my opinel verlore raak gaan dit ook nou nie die bank breek om n nuwe een te kry nie. Die mes pas lekker in die broeksak en pla nie as jy moet sit, kniel of le nie
Groete
Watse nommer gebruik jy en behandel jy hom eers met bietjie olie dat hy nie swel as jy praat van water nie?
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ek het die nr 8 Opinel, het die mes of hef nie behandel nie. Wat wel maklik gebeur is roes op die lem, ek was die mes net deeglik skoon en droog die lem af. Die hef het die afgelope 2 jaar nog geen teken van swelling of enige krake getoon nie. Wat wel gebeur het was dat die lem begin roes het nadat n ander persoon met die mes geslag het en nie ordentlik skoon gemaak het nie. Na so bietjie sunlight en fyn staalwol was die lem weer reg vir aksie. Bloed en carbon lemme is nie maatjies nie, maar almal weet dit
Groete
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 8:42 am
by KillMurphy911
Dankie manne,
Julle insette word raakgesien en waardeer.
Daar is soveel netjiese lemme daar buite.
My dra mes (Soos die taktiese manne sal sê EDC) is 'n Ruike P138 Tanto. Moet sê seker een van die mees "underrated" messe daar buite. Gaan bietjie vandag kyk wat hulle te offer het.
Ek is nie mal oor die idee om 'n flipper te gebruik vir HARDE werk soos BWB slag nie. Seker werk vereis 'n mes met 'n "Full Tang". Ek lief my vingers. 12cm Lem max. Langer as dit is vir fyn brag! Nou wonder ek, die Ruike het 2 veiligheids meganismes om te verhoed dat die lem sluit terwyl jy werk. Het messe soos die Honey Bagger dit ook?
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 8:52 am
by ruaanb
Guerrilla Sharpman of Skinman. Goeie waarde vir geld messe.
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 8:57 am
by Eduard Venter
KillMurphy911 wrote:Nou wonder ek, die Ruike het 2 veiligheids meganismes om te verhoed dat die lem sluit terwyl jy werk. Het messe soos die Honey Bagger dit ook?
Honey badger het net een sluit meganisme, die sogenaamde "liner lock".
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 11:09 am
by Hugov
Kry gerus vir jou n morakniv vir R299 gaan jy niks kry wat naby kom nie, Hy breek nie die bank nie en hy bly vlymskerp na n paar bokke al gewerk is.
Vir n goedkoop werk/jag/slagmes is hulle perfek.
Groete H
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 11:13 am
by Eduard Venter
Ek kan getuig die morakniv is ook lekker waarde vir geld. Ek het die oranje een present gekry by 'n jagter. Het net bietjie vergeet van hom aangesien ek hom nie by my dra in die veld nie.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 12:33 pm
by KillMurphy911
Yes, Morakniv is nice. Hou ook baie van hulle skedes. Interresant genoeg, lyk baie soos my Rapala bait mes wat ek vir Hengel gebruik. Al probleem is die bait mes se punt is te stomp om deur bokvelle te steek maar dis asof hy nie kan stomp word nie. Sny tjokka soos 'n droom
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 12:48 pm
by andre007
Hugov wrote:Kry gerus vir jou n morakniv vir R299 gaan jy niks kry wat naby kom nie, Hy breek nie die bank nie en hy bly vlymskerp na n paar bokke al gewerk is.
Vir n goedkoop werk/jag/slagmes is hulle perfek.
Groete H
Hulle werk goed, my seun het 1 onlangs op n skiet in n 'hamper' gewen. Moet maar nie dat die bloed te lank op om sit voor jy hom was nie. Hy kry sulke dowwe kolle/vlekke daarvan.
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 4:59 pm
by KillMurphy911
Na 'n dag se intensiewe internet navorsing het ek vir my 3 opsies uiteengesit (in orde van goedkoper to duurder - intersant genoeg dink ek, in hierdie geval, is goedkoop koop nie noodwendig duurkoop nie!). Ek het sommer besluit om 'n nuwe sak mes ook te kry
Opsie 1: Morakniv Companion Heavy Duty + Opinel No 8 Carbon (R429 + R159)
Opsie 2: Ruike Jager F118 + Honey Badger Hook - Medium (R1190 + R449)
Opsie 3: Buck Open Season Skinner + Buck Omni Hunter (R1295 + R795)
Opsie 1 gaan moeilik geklop word!
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Thu May 23, 2019 7:51 pm
by Supacow
Ontario rat1 in d2 is ook n 2in1 wat jy sterk kan oorweeg. Groot genoeg vir jag klein genoeg vir die sak.
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Fri May 24, 2019 12:23 am
by Boomstomp
Is daar 'n rede dat niemand nog die oorpsonklike sakmesse (Victorinox messe) genoem het nie?
Ek gebruik nou al paar jaar 'n Victorinox Sentinal One hand (liner lock) 111mm of die Victorinox Hunter 111mm -> dis die groter reeks knipmesse.
Werk baie lekker!
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Fri May 24, 2019 8:08 am
by KillMurphy911
Boomstomp wrote:Is daar 'n rede dat niemand nog die oorpsonklike sakmesse (Victorinox messe) genoem het nie?
Ek gebruik nou al paar jaar 'n Victorinox Sentinal One hand (liner lock) 111mm of die Victorinox Hunter 111mm -> dis die groter reeks knipmesse.
Werk baie lekker!
Jy maak 'n geldige punt Boomstomp. Dis asof mens so oor dit kyk. My derde beste tweede knipmes was een wat my pa vir my gegee het. 'n Silver, Vloot issue Victorinox. Sal my linker voortand gee vir so messie.
Laat ek bietjie verder soek.
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Fri May 24, 2019 9:50 am
by tau
KillMurphy911 wrote:Boomstomp wrote:Is daar 'n rede dat niemand nog die oorpsonklike sakmesse (Victorinox messe) genoem het nie?
Ek gebruik nou al paar jaar 'n Victorinox Sentinal One hand (liner lock) 111mm of die Victorinox Hunter 111mm -> dis die groter reeks knipmesse.
Werk baie lekker!
Jy maak 'n geldige punt Boomstomp. Dis asof mens so oor dit kyk. My derde beste tweede knipmes was een wat my pa vir my gegee het. 'n Silver, Vloot issue Victorinox. Sal my linker voortand gee vir so messie.
Laat ek bietjie verder soek.
Ek het so middel size silver Victorinox, te bang ek verloor hom so hy bly net in harlaai kamer.
Re: Vervanging van verlore Jagmes
Posted: Fri May 24, 2019 10:20 am
by Kubus
Ek het jare terug so silwerkleurige Victorinox gehad, met n klomp gadgets aan, maar hom verloor. Was tog so heilig op hom.
Kry verlede jaar by my swaer 2 geskenke:
Kershaw lekker groot knipmes: 10cm lem met guthook. Hy bly by huis, is net te jammer vir hom.
Buffalo River lank/solid jagmes: In n plastiek skede met n tiepe seil oorgetrek. Kan nie die plastiek skede oopsny nie. Met guthook. So 22cm lank. Hy gaan saam veld toe.
Altwee messe verg bietjie werk om skerp te kry, maar bly lekker lank skerp.
Not top of the range, maar werk vir my.