Page 1 of 1

Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 11:56 am
by LeRoy
Weet nie van die looks teenoor Tom Selleck nie, maar die man kan.
Kontak hom gerus vir enige opsporingswerk en sulke dinge, my al 'n paar keer gehelp.
Soos nou met die skelm PH van Kimberley.
Met net 'n selnommer en 'n bakkie registrasie nr van 'n foto af, kry ek die hele pedigree van nie net hom nie maar sy vrou, ma en pa ook :laugh:
Dankie weereens Gerhard.

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 1:25 pm
by afrikanerbloed
Hahaha ;D ;D
Snaaks vir my omdat dit onder "probleem dier beheer" gepost is.
Baie van pas...
Johan

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 2:02 pm
by ChristoK
afrikanerbloed wrote:Hahaha ;D ;D
Snaaks vir my omdat dit onder "probleem dier beheer" gepost is.
Baie van pas...
Johan
++>: ++>: ++>: ++>:

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 2:46 pm
by Viking
Ja 'n man vra nie die "die boer sy kuns af nie"....maar Plaashaas het my ook al 'n paar keer gehelp met sulke karakters!

Hy ken beslis die fynere kuns van opspoor!

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 2:56 pm
by LoopSoosStroop
Ek soek nou iemand wat my kan bevark sodat ek ook die man in aksie kan sien.

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 4:04 pm
by Plaashaas
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Ag lekker man. Dankie meneer 8) In die woorde van Spyker Swart.....Mense wat dink hul is donn3rs smart..... :o

Ek moet se dit is vir my besonders lekker om die Jaracal manne te help. En ek het al n spannetjie gevang met hul eie "slim wees".

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 4:25 pm
by Plaashaas
As ek dit met julle kan deel. (Gaan maar vaag wees op die detail omrede die saak in die hof is)

n Man het my genader oor n plaas aanval waar die oom vermoor en die tannie verkrag (79) is. Ek kon die suspect met n lang storie oortuig dat ek vir hom n "welding job" het. Na bietjie op en af is die afspraak gemaak en het ek hom gaan ontmoed by n garage in Carr straat in Johannesburg. Hy en sy maat (Wat later bevestig is as betrokke by die aanval) klim toe op my bakkie om "site" toe te gaan. Min het hulle geweet dat die DIPC klaar vir ons wag in die "warehouse". Hy en sy mater het die selfde aand ons vergesel waar nog 2 opgetel is.

Dit bly maar my beste saak maar ook by verre die moeilikste vir baie redes soos jul kan dink.

Voorwaar onder die regte afdeling van "Probleem dier beheer"

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 4:30 pm
by tau
Well Done Plaashaas.

Na vanoggend se vieslike aanval het ons meer sulke stories nodig.

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 6:54 pm
by Apie
Plaashaas wrote:As ek dit met julle kan deel. (Gaan maar vaag wees op die detail omrede die saak in die hof is)

n Man het my genader oor n plaas aanval waar die oom vermoor en die tannie verkrag (79) is. Ek kon die suspect met n lang storie oortuig dat ek vir hom n "welding job" het. Na bietjie op en af is die afspraak gemaak en het ek hom gaan ontmoed by n garage in Carr straat in Johannesburg. Hy en sy maat (Wat later bevestig is as betrokke by die aanval) klim toe op my bakkie om "site" toe te gaan. Min het hulle geweet dat die DIPC klaar vir ons wag in die "warehouse". Hy en sy mater het die selfde aand ons vergesel waar nog 2 opgetel is.

Dit bly maar my beste saak maar ook by verre die moeilikste vir baie redes soos jul kan dink.

Voorwaar onder die regte afdeling van "Probleem dier beheer"
Lekker om te hoor!

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Tue May 14, 2019 6:55 pm
by Apie
Noudat ons ‘n baas opspoorder het...

Het iemand ‘n kniebreker se nommer?

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Plaashaas: Ons eie Magnum PI?

Posted: Wed May 15, 2019 6:57 am
by LeRoy
Het iemand ‘n kniebreker se nommer?

Soek ook daai een...