Page 1 of 1
Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 9:12 am
by Arnold van Wyk
Manne, wat sal julle alles met so bees doen asb.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 9:20 am
by JacoJ
More.
Vir my is die antwoord maklik. Maar mens sal seker soveel opinies kry soos wat daar bokke is.
Sosaties
Braai/bak wors
Droeë wors
Biltong
Chilli bites
Fillets heel hou vir braai
Vleis pasteie
Sent from my S60 using Tapatalk
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 9:21 am
by ruaanb
steaks wors mince ghoulash sosaties stowe vleis. is regtig lekker vleis.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 9:50 am
by J le Roux
Manne, wat sal julle alles met so bees doen asb…. Ek sal hom skiet, dit bly 'n toets in die bosveld. My enigste 2 kwesbokke is BBWB (eerste B vir Bl!ksemse)
Biltong, wors, sosaties (gemarineer), droewors. Baie lekker.
Sy vleis is nie hoog op my lys vir kook, maalvleis en steaks nie.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 10:28 am
by Glocked
Ek geniet bwb jag heeltemal te veel, so ek het altyd bwb in oorvloed. Hier is my lys van wat ek altyd maak -
Hamburger patties
Sosaties (kerrie)
Sosatie wors
Boere wors
Fillets heel hou vir marineer en braai
Biltong
Droewors
Het al Chutney wors ook laat maak wat goed uitgewerk het. Afhangend van die ouderdom van die bwb, kan hulle partykeer te sterk wild smaak en ruik, dan maak ons soveel moontlik gemarineerde goed vir die vrou se onthalwe, jonger bulle en koeie is reg vir gewone maalvleis en boerewors resepte.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 11:27 am
by Arnold van Wyk
Dankie vir raad, het 3 geskiet die naweek, en ja glo my ons het hard gewerk vir hulle. Gaan maar paar dinge probeer met vleis.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 11:36 am
by ruaanb
As hulle lekker vet is dan is die sirlion en rump regtig lekker vir my. My vrou verkies dit bo gemsbok.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 11:53 am
by jdpretorius
Stowe vleis....probeer dalk om dit te kook in gewone water met so bietjie speserye, vir so half uur, tot hy 'n odentlike skuimpie bo op maak. Gooi dit af en dan gooi ek hom in die drukkoker met 2/3 skaap. 'n eks-kollega van my het dit oor nag in Gin laat le' maar dit nog nie self probeer nie.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 1:51 pm
by ruaanb
genade het die beeste blousiek daar by julle?
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 2:22 pm
by jdpretorius
ruaanb wrote:genade het die beeste blousiek daar by julle?
Hoe dan nou anders, dit mos 'n blou bees

....en 'n knertsie het mos nou nog niemand (permanent) siek gemaak nie
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 6:07 pm
by jdpretorius
Ek hi-jack gou, maar het iemand nie 'n lekker resep vir vleis pasteitjies nie...ek's dom met dit
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Tue May 14, 2019 9:53 pm
by win270
Snuffel maar hier rond en die kanse is goed jy gaan op goeie resepte afkom.
viewforum.php?f=121
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Wed May 15, 2019 7:55 am
by WILLEBEES
Daai knuckles maak die lekkerste bredie denkbaar
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Wed May 15, 2019 3:10 pm
by Boesman10
Ons eet amper uitsluitlik net BWB by die huis. Hier is hoe ek my verwerking laat doen:
Fillets heel en elkeen afsonderlik verpak (op die grill, braai, warm pan, sosaties net soos jy wil)
Skenkels in skywe gesny en in 2 kg sakke verpak (gebruik vir potjies, slow cooker stews en bredies, sop)
Nek in skywe gesny en in 2 kg sakke verpak (gebruik vir potjies, slow cooker stews en bredies, goulash)
Boude (sny biltong, spesery en verpak dan in 2 kg pakke. Ek vries dit en sal dan in die droer sit wanneer nodig)
Res van die vleis alles van die been af gesny
- 50 van sny vleis vir maalvleis sonder vet byvoeg verpak in 500g sakkies (gebrujik vir pasta, hamburger patties, meatballs. Gebruik net soos gewone maalvleis)
- 50 van sny vleis sit 15 % vet by en maak braai wors verpak in 1 kg sakkies
Al die bene word opgesny in stukke. Dit kook ek af en kry maklik so 10gk afgekookte vleis daaruit (gebruik vir wildspasteie)
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Wed May 15, 2019 3:21 pm
by finch
Boesman10 wrote:Ons eet amper uitsluitlik net BWB by die huis. Hier is hoe ek my verwerking laat doen:
Fillets heel en elkeen afsonderlik verpak (op die grill, braai, warm pan, sosaties net soos jy wil)
Skenkels in skywe gesny en in 2 kg sakke verpak (gebruik vir potjies, slow cooker stews en bredies, sop)
Nek in skywe gesny en in 2 kg sakke verpak (gebruik vir potjies, slow cooker stews en bredies, goulash)
Boude (sny biltong, spesery en verpak dan in 2 kg pakke. Ek vries dit en sal dan in die droer sit wanneer nodig)
Res van die vleis alles van die been af gesny
- 50 van sny vleis vir maalvleis sonder vet byvoeg verpak in 500g sakkies (gebrujik vir pasta, hamburger patties, meatballs. Gebruik net soos gewone maalvleis)
- 50 van sny vleis sit 15 % vet by en maak braai wors verpak in 1 kg sakkies
Al die bene word opgesny in stukke. Dit kook ek af en kry maklik so 10gk afgekookte vleis daaruit (gebruik vir wildspasteie)
Wat is n lekker sosatie resep vir BWB? Hopelik na die naweek werk ek ook so bietjie BWB vleis.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Wed May 15, 2019 4:09 pm
by ruaanb
gebruik sommer n kerrie sosatie resep
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Wed May 15, 2019 4:53 pm
by Boesman10
Ek sny die vleis in so 3cm x 3cm blokkies en le dan blokkies in 'n mengsel van soja sous (50%) en Jimy's braai sous (50%) vir maksimum 2 ure. Die sout van die Sojasous sal die vleis uitdroog as jy te lank laat le. Dan steek ek die stokkies deur en wissel elke vleis blokkie af met 'n groenpeper of rooipeper blokkie. Ek vind die sout van die soja en soet van die Jimmy braai sous en groen/rooi pepers werk lekker saam. Die "krunch" van die groen/rooi peper gee ook lekker tekstuur aan die sosatie. Laaste - sodra die sosaties van die vuur afkom dan druk jy 'n halwe suurlemoen uit bo-oor die sosaties.
NB - maks 2 -3 minute oor warm kole en hy is klaar. Die buitekant van daai BWB moet net lekker skroei dan is die binne nog medium rare.
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Wed May 15, 2019 5:22 pm
by Joe13
Daai Jimmy's sousie loop mooi. Wat van 'n kersie en stukkie spek tussen in?
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Wed May 15, 2019 8:35 pm
by JJV
finch wrote:Boesman10 wrote:Ons eet amper uitsluitlik net BWB by die huis. Hier is hoe ek my verwerking laat doen:
Fillets heel en elkeen afsonderlik verpak (op die grill, braai, warm pan, sosaties net soos jy wil)
Skenkels in skywe gesny en in 2 kg sakke verpak (gebruik vir potjies, slow cooker stews en bredies, sop)
Nek in skywe gesny en in 2 kg sakke verpak (gebruik vir potjies, slow cooker stews en bredies, goulash)
Boude (sny biltong, spesery en verpak dan in 2 kg pakke. Ek vries dit en sal dan in die droer sit wanneer nodig)
Res van die vleis alles van die been af gesny
- 50 van sny vleis vir maalvleis sonder vet byvoeg verpak in 500g sakkies (gebrujik vir pasta, hamburger patties, meatballs. Gebruik net soos gewone maalvleis)
- 50 van sny vleis sit 15 % vet by en maak braai wors verpak in 1 kg sakkies
Al die bene word opgesny in stukke. Dit kook ek af en kry maklik so 10gk afgekookte vleis daaruit (gebruik vir wildspasteie)
Wat is n lekker sosatie resep vir BWB? Hopelik na die naweek werk ek ook so bietjie BWB vleis.
Freddy Hirsch het ‘n QM Sosatie Marinade, wat lekker is as jy nie tyd het om regte boere resep te kook met kerrie en asyn nie. Jy kan hom maar gerus probeer, ek het wel vir jou regte boere kerrie resep wat jy kook en dan vleis marineer. JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Blouwilde bees verwerk raad asb.
Posted: Thu May 16, 2019 12:04 am
by finch
Ek het n beginsel probleem met freddie hirsch ondersteun oor n spesifieke individu. Kom ons noem dit maar my steve standpunt. Crown het seker ook n sosatie mix? Ek is ook bereid om n klompie met die Jimmy's en soya sous resep te probeer. Jimmy's is in elk geval my basiese bestandeel as ek wildsteaks probeer verkoop as gesonde bees met min witvleis aan die beter helfte.