Page 1 of 1

Quick Load Program

Posted: Sun Nov 06, 2011 1:54 pm
by Frikjordaan
Forum Lede.
Sien dat verskeie ouens verwys na die gebruik van  "Quick Load"

Waar kry mens die program en wat kos dit?

Werk dit ook vir die Sonchem dryfmiddels?

weet ook nie wat word mens wys met die gebruik van die program
baie dankie
Frik

Re: Quick Load Program

Posted: Sun Nov 06, 2011 2:16 pm
by Monrique (SJ)
Dagse oom Frik

Sover ek weet het Safaria and Outdoor op n stadium van hulle gehad teen R1500 stuk. Dit bevat ook Somchem se data.


Groetnis

Re: Quick Load Program

Posted: Sun Nov 06, 2011 3:27 pm
by James Wilson
Frik, omdat ons ongelukkig net met Somchem(eindelik is dit nou mos Rheinmetall en nie meer Somchem nie)  se kruit kan werk, het ons Quick Load se program mseker meer nodig as enige ander herlaaiers in die wereld.  jy kry soveel meer uit ons kruit as Quick load en die kenmerke van jou spesifieke geweer gekombineer word.  nou die dag n nuwe punt gewig en fabrikaat gekoop vir een van my gewere. normaalweg sal dit my so 20 -30 patrone gekos het om naby n groep te kom. met q/load het dit my 2 ladings(6 patrone) geneem. q/load het verder geimpliseer dat ek met die loads .3mm moet speel met my TPL.  so met n nuwe punt gewig en nuwe fabrikaat het dit my 9 patrone gekos om n lading van 13mm te skiet.

die ladings wat ek gelaai het het geen druk probleme nie maar is oor "Somchem" se maks aanbevole ladings.  dus moet n mens eerder vra van watter waarde is die Somchem boekkies nog..  plus in hulle nuwe Rheinmetall uitgawe het hulle n n  lekker fout gemaak.    maar tot hulle eer het hulle dit darrem nou erken.

Re: Quick Load Program

Posted: Sun Nov 06, 2011 8:54 pm
by Machann
Hi oom Frik. Ek het Vrydag vir my die program by SafariandOutdoor gekoop hier in Pretoria. Ongelukkig kos hy R1500. Wil paar manne help ladings ontwikkel so gaan my baie help. Ook hele paar nuwe punte vir my 25-06, 308 en 375 wat ek graag met die program wil toets.