Page 1 of 1

Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Tue May 07, 2019 1:17 pm
by Smitstertjies
Hallo manne.

Ek soek n 4 wiel fietsie om te koop vir my dogtertjie. Verkieslik n 50cc wat nie vinnig hardloop nie. Automaties.Pretoria omgewing.

Dit hoef nie n brand name te wees nie. Sy gaan vinnig uit hom groei. Ek sal nuut verkies maar sal na n goeie opgepaste 2de handse een ook kyk.

Baie dankie

Re: Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Tue May 07, 2019 5:16 pm
by tau
Nee.

Re: Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Tue May 07, 2019 5:17 pm
by tau
Koop vir haar 'n PW 50

Quads agtervolg jou as jy ombliksem en leer kind geen idee van spoed en momentum nie, totdat dit te laat is.

Re: Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Tue May 07, 2019 8:49 pm
by Meteor
My sussie het een vaai elektriese soort, sal jy daarin intreseer wees?

Re: Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Thu May 09, 2019 11:35 am
by vossie1
Stem saam Tau, ek het gister my Suzuki ltx80 verkoop vir daai rede

Re: Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Thu May 09, 2019 8:14 pm
by GerhardV
Smitstertjies, koop liewer 'n go-kart, met 'n klein enjintjie, waarvan die centre of gravity laag op die grond is, en hy nie maklik sal omval nie.

Re: Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Thu May 09, 2019 8:58 pm
by ChristoK
tau wrote:Koop vir haar 'n PW 50

Quads agtervolg jou as jy ombliksem en leer kind geen idee van spoed en momentum nie, totdat dit te laat is.
Stem saam, mens leer ook baie beter om balans te hou op 'n tweewiel.

Re: Gesoek: Nuwe quad vir dogtertjie 6 jaar oud

Posted: Mon May 13, 2019 11:58 am
by Smitstertjies
Baie dankie vir almal se insette.Ek was in die bos gewees tot gister vandat ek hier gepost het en het eers nou hier gelees. Intussen het my pa toe n quad in die hande gekry. Ek verstaan die bekommernisse op quads, maar my kinders ry darem van baie kleins af quads op die plaas en sussie en boeta het elkeen ook een. Daar is darem ook n 50cc PW waarmee hulle ry. Een goue reel wat ek NOOIT laat breek nie is:"Jy klim nie op daai fiets sonder n helm nie!"

Groetnis