Page 1 of 1
Watse hout vir my roker
Posted: Sun May 05, 2019 7:19 pm
by toxicsox
Gisteraand gebruik ek sekelbos wat bietjie geweek het in water in my roker. Dit was nou vir jou 'n bitter affêrre.. My roker staan oor 'n meter hoog, so dis 'n Groot ding! My vraag is wat see hout Kan ek in my roker gebruik, en waar op aarde koop ek dit? Ek neem aan al ons hardehout wat ons koop gaan die vleis so bitter laat smaak?
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Sun May 05, 2019 8:14 pm
by tripodmvr
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Sun May 05, 2019 8:51 pm
by Ds J
Eikehout is die goeie ou wenner. Ons plaaslike hout gee maklik n bitter smaak. Gebruik dit baie stadig.
Gebruik droë saagsels.
'n Klein bietjie rooibos (een teelepel) is baie geurig.
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 9:21 am
by EtienneA
Ds J wrote:Eikehout is die goeie ou wenner. Ons plaaslike hout gee maklik n bitter smaak. Gebruik dit baie stadig.
Gebruik droë saagsels.
'n Klein bietjie rooibos (een teelepel) is baie geurig.
+1
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 9:33 am
by andre007
Ek gebruik
https://www.takealot.com/weber-hickory- ... lsrc=aw.ds
Freddie Hirch verkoop 25kg sakke eikehout chips
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 9:35 am
by Carl
Ek gebruik sekelbos en van die ander inheemse doringbome. Ek vind nie dat dit 'n bitter smaak gee nie. Dis nou warm rook proses so ek gebruik heel stompies.
Jy kan ook van die vrugte bome probeer - appel, perske en sitrus. Daar is 'n Aussie restaurant wat op die spyskaart jou die keuse gee van hout.

Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 9:46 am
by Eugene
Hinterland en Builders hou ook kleiner sakkies hout "chips" en saagsels aan vir rookdoeleindes.
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 10:55 am
by Carl
https://www.smokedbbqsource.com/smoking-wood-guide/
The best temperature range, as far as producing tasty smoke is concerned, is between 650-750°F. As the fire gets hotter, the compounds that are being broken down become bitter, and some can even be hazardous.
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 4:33 pm
by GeorgeL
Hi
Is die goed wat jy rook wind droog want as dit nat is gaan sit die rook soos teer aan dit vas. Ek gebruik beachwood chips en as die vleis nie wind droog is nie het dit n bitter smakie.
Hoop dit help
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 4:47 pm
by Harambe
Ek gebruik wynvat skaafsels wat ek in sulke pakkies by Spar of Builders Warehouse koop. Dis gewoonlik daar by die braai afdeling. Gee so lekker soeterige wynsmakie.
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 5:44 pm
by andre007
GeorgeL wrote:Hi
Is die goed wat jy rook wind droog want as dit nat is gaan sit die rook soos teer aan dit vas. Ek gebruik beachwood chips en as die vleis nie wind droog is nie het dit n bitter smakie.
Hoop dit help
Ek stem met die winddroogmaak. Of ek nou pekel en dan rook of net rook hang ek dit voor en na die tyd. Jaco Jakkalsgat is n meester as dit by rook kom. Baie by hom geleer
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Mon May 06, 2019 5:51 pm
by tripodmvr
Harambe wrote:Ek gebruik wynvat skaafsels wat ek in sulke pakkies by Spar of Builders Warehouse koop. Dis gewoonlik daar by die braai afdeling. Gee so lekker soeterige wynsmakie.
Eikehoutvate.
Re: Watse hout vir my roker
Posted: Tue May 07, 2019 7:15 am
by Daneel
Wat vir my gewerk het is om n "Tree Feller" in die hande te kry in jou area. Die manne wat bome sny as n job.
Hulle kan dan vir jou se as hulle bome sny wat jy kan gebruik.
Ek is vriende met so n man en ek kry gereeld Oak tree (Eikehout stompe) by die man as hy sny.