Page 1 of 1
Pistool Visiere
Posted: Fri Apr 26, 2019 9:30 am
by sako 30-06
Ek oorweeg dit om vir my CZ P07 nuwe visiere op te sit. Die Fibre Optic Sights lyk na die beste opsie.
Het enige iemand dalk ondervinding met dit of enige ander voorstelle?
Kan ek die visiere self opsit of is dit n veilger opsie om n geweersmid te gebruik?
Re: Pistool Visiere
Posted: Fri Apr 26, 2019 10:52 am
by Carl
Sako
Jy moet ook Tritium oorweeg, daar is voor en nadele aan beide. Tritium het nie lig nodig om te werk in die aand nie!
Ek ken nie die CZ's nie maar die manne wat dit verkoop soos Jizni sal dit vir jou kan sê
Re: Pistool Visiere
Posted: Fri Apr 26, 2019 11:05 am
by Plaashaas
Afhangend van jou begroting, kyk na die docter sights.
Re: Pistool Visiere
Posted: Fri Apr 26, 2019 3:32 pm
by Ds J
Kontak Jizni. Hulle weet.
Re: Pistool Visiere
Posted: Fri Apr 26, 2019 5:40 pm
by Glocked
Hang af waarvoor jy dit wil gebruik. Vir 'n dra wapen, waar die moontlik bestaan dat jy dit in swak lig toestande kan nodig hê, moet jy eerder kyk na 'n tritium tipe stel soos reeds genoem.
As dit vir sportskiet is, kyk na 'n fibre voor en plain swart agter stel, soos die van Rescomp (RHT) ook, die plain agter en fibre voor maak dit makliker om beter op die voorste visier te fokus.
Re: Pistool Visiere
Posted: Fri Apr 26, 2019 7:44 pm
by Harambe
Jy kan met 'n groot gesukkel self die visiere opsit. Dit lyk darem of dit makliker gaan wees as wat my Glock s'n was, want jy hoef nie die ding in te forseer nie. Onthou net die Loctite.