Page 1 of 2

Skuur masjien?

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:25 pm
by tau
Waar koop mens een van die skuur masjiene wat die lang belde gebruik?

Of is dit net selfmaak?

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:29 pm
by tau
https://www.builders.co.za/Tools/Power- ... 0000273550

Is die tipe masjien beter as die gewone plat belt sander?

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:32 pm
by tau

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:49 pm
by LoopSoosStroop
Daai een is baie klein. Wat wil jy maak? Messe?

Ek is besig om 'n belt sander te bou met 100 mm x 1500 mm belde.

Bou maar want die grotes is baie duur.

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:51 pm
by tau
LoopSoosStroop wrote:
Daai een is baie klein. Wat wil jy maak? Messe?

Ek is besig om 'n belt sander te bou met 100 mm x 1500 mm belde.

Bou maar want die grotes is baie duur.
Ja ek wil graag, net vir myself en ek moet iewers begin. EK sit kyk nou ek het sobaie pulleys en tensioners van my trokke af ek sal so langbelt sander kan maak. Dit is net die sagte wiel wat ek nie wet waar ek hom sal kry nie.

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Apr 23, 2019 3:52 pm
by Gawie(13mm)
Praat met Heinz Petersen. Hy het 'n bakgat masjien gebou.

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Apr 23, 2019 8:16 pm
by Hansieslim
Is dit nodig vir 'n "sagte" wiel. My "belt grinder" het ek gemaak van net aluminiumwiele maar ek maak nie messe nie. Ek is seker mens sal so 'n wiel kan fabriseer en oortrek met 'n sagte tipe rubber. In so 'n geval, sal ek ook graag wil weet watse material sal nodig wees vir die doel van messe maak.

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 8:36 am
by tau
Gawie(13mm) wrote:Praat met Heinz Petersen. Hy het 'n bakgat masjien gebou.
Oom Heinz se masjien is ernstig netjies!!!!
Hansieslim wrote:Is dit nodig vir 'n "sagte" wiel. My "belt grinder" het ek gemaak van net aluminiumwiele maar ek maak nie messe nie. Ek is seker mens sal so 'n wiel kan fabriseer en oortrek met 'n sagte tipe rubber. In so 'n geval, sal ek ook graag wil weet watse material sal nodig wees vir die doel van messe maak.
Oom Heinz het ook net aluminium runners.

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 8:44 am
by airhunter
Ek het al by ons Mica gestaan en kyk na die casters. Daar is mooi grotes met rooi rubber bande op. Die band is ook mooi plat.
Dit loop op bearings en mag dalk werk?

Iets soos die in die foto maar los van mekaar. :-\

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 8:44 am
by Hansieslim
Eks ook tevrede met aluminium wiele vir staalwerk, maar daar moet n rede wees hoekom mesmakers die sagter wiele op julle masjiene het.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 9:00 am
by Askari
Tau, loer bietjie na die een....

http://www.nwknives.co.za/compact%20grinder.htm

André het so 3 maande waglys op hulle. Ek behoort myne hopelik binne vlge maand of so te kry. R4900 met die "rotating platen" ingesluit.

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 9:09 am
by tau
Askari wrote:Tau, loer bietjie na die een....

http://www.nwknives.co.za/compact%20grinder.htm

André het so 3 maande waglys op hulle. Ek behoort myne hopelik binne vlge maand of so te kry. R4900 met die "rotating platen" ingesluit.
Dankie.

My vrees is net ek begin my eerste mes en dan besef ek dit is nie vir my nie. Dinge lyk soms so lekker en dan si dit beter om ander dit te laat doen en die eind produk te geniet. EK het 'n Ou Chev bakkie gerestoreur en op 80% net absoluut alle belangstelling verloor. Ek geniet wel om staalwerk te doen en bruikbare goed te bou.

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 9:13 am
by tau
Hansieslim wrote:Eks ook tevrede met aluminium wiele vir staalwerk, maar daar moet n rede wees hoekom mesmakers die sagter wiele op julle masjiene het.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sien dit is die tipe kennis wat ek nie het nie.

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 9:26 am
by Hein (Haan)
Tau
Ek het so klein ryobi belt grinder soos op die link wat jy geplaas het, hy word maar net gebruik om burrs en die sny merke van die parte wat met die laser cutter gesny was skoon te maak.
Ek het al gedink om n groter een te koop of te maak want hy is regtig net te klein om baie werk mee te doen.
My opinie is dat jy vinniger gaan gatvol raak vir mes maak as jy met toerusting sukkel,deel van die genot van so projek vir my is om met goeie toerusting te werk.

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 9:59 am
by Hansieslim
Tau
Ek's nie 'n mesmaker nie. Ek werk wel gereeld met staal. Ek het die tipe belt "grinders" (L.W. nie "sanders" nie) opgemerk by manne wat messe maak en besluit ek soek so een vir staalwerk. Ek doen meestal net de-burring met myne. Hy werk wonderlik want daardie belt hou baaaaie langer as die skuurlem wat mens op 'n baby grinder (Sorry Gawie en ander puriste...'n diagonale hoekslyper. LOL) gebruik om deburring mee te doen.

So, sien dit so. As jy g@tvol raak vir messe, is daar ander goed wat jy ook met so 'n masjien kan doen...al is dit net om jou houtwerkpotlood mee skerp te maak.

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 10:04 am
by tau
Waarheid!!!!

Re: Skuur masjien?

Posted: Wed Apr 24, 2019 2:47 pm
by GooseMan
Tua, ek het een van die klein Belt-skuurmansjiene en maak ook so nou en dan n mes.
Hy werk vir my baie lekker, en ek kry gedoen wat gedoen moet word.
Die Masjien kos ook soveel soos een van die groot wiele vir die groot masjiene.
kyk 'n bietjie op KMTS se webtuiste vir die pryse van die wiele.
Daar is ook baie planne of die internet vir die groot masjiene.

as jy dalk erens n tweede-handse klein masjiene kan optel en vir 'n rukkie probeer, glo ek j sal kan vas stel of jy die tydeverdryf geniet.

groete

Re: Skuur masjien?

Posted: Thu Apr 25, 2019 8:44 am
by Askari
Ek het begin met een van die modelle van Adendorff.....

https://www.adendorff.co.za/product/6-1 ... h-grinder/

Na so bietjie pimp werk hy nou heel aanvaarbaar. R1895 plus 'n oggend se sny/sweis/verf.
Webp.net-resizeimage.jpg

Re: Skuur masjien?

Posted: Thu Apr 25, 2019 2:14 pm
by tau
EK dink so cheapie om die dinge te begin is die antwoord.

Re: Skuur masjien?

Posted: Thu Apr 25, 2019 2:15 pm
by Askari
tau wrote:EK dink so cheapie om die dinge te begin is die antwoord.

Stem saam. Hy werk heel aanvaarbaar na die nodige mods.

Re: Skuur masjien?

Posted: Thu Apr 25, 2019 2:46 pm
by Johan Nel
tau wrote:EK dink so cheapie om die dinge te begin is die antwoord.
Tau,
Ek het messe met vyle en 'n jig begin uitvyl om te sien of dit vir my is of nie.
20171116_194836.jpg
Na die vierde mes toe besluit ek om groot te gaan en maar vir my 'n regte grinder te koop. Noordwes se manne het daar 'n masjientjie wat enkelspoed is en nie so lang belde het nie teen 'n billike prys.
http://www.nwknives.co.za/compact%20grinder.htm
Herbst maak ook 'n wye reeks van produkte: http://www.herbst.co.za/index.php/produ ... s/machines

Re: Skuur masjien?

Posted: Mon Jul 01, 2019 7:27 pm
by 8in4ry
Hjy kan ook by www.kmts.co.za kyk.

Hulle het lekker wiele, en sommer die skuurpapier bande ook, myne gebruik die 2000x 50mm bande.

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Jul 02, 2019 1:35 pm
by ZKK
Ek stem saam met Johan, as jy wil begin messe maak, gebruik n vyl en n jig.

Om die waarheid te se, is dit makliker om jou eerste mes met n vyl te maak as op n belt grinder.
(vat miskien effens langer maar jy het baie meer beheer)

As die gogga wel gebyt het, koop een keer en koop vir jou n Herbst Ultimate grinder.
Daai maskien is verskriklik goed uitgedink.
en jy kan n verskeidenheid attachements op hom sit.
Jy kan letterlik alles op die een masjien doen.

Maar maak eers 10 messe met die hand (vyl en jig) en besluit of jy daarvan hou.

Re: Skuur masjien?

Posted: Sat Aug 03, 2019 3:03 pm
by Xplicitly
ZKK wrote:Ek stem saam met Johan, as jy wil begin messe maak, gebruik n vyl en n jig.

Om die waarheid te se, is dit makliker om jou eerste mes met n vyl te maak as op n belt grinder.
(vat miskien effens langer maar jy het baie meer beheer)

As die gogga wel gebyt het, koop een keer en koop vir jou n Herbst Ultimate grinder.
Daai maskien is verskriklik goed uitgedink.
en jy kan n verskeidenheid attachements op hom sit.
Jy kan letterlik alles op die een masjien doen.

Maar maak eers 10 messe met die hand (vyl en jig) en besluit of jy daarvan hou.
ZKK

Ek gebruik tans 'n Herbst ULtimate Grinder, maar in "hindsight" sou ek eerder by North West Knives vir my 'n masjien gekoop het. Die ene met die VSD (Variable Speed Drive). Die masjien kan meer gerieflik gebruik word vir hollow grinding asook vir surface grinding.

Vriendelike Groete

Re: Skuur masjien?

Posted: Tue Aug 06, 2019 7:03 am
by ZKK
Ek het gister gou bietjie gaan google oor daardie NWK masjien.
Lyk glad nie sleg nie, en die feit dat hy surface grinding kan doen is baie nice.

My masjien het nie VSD nie, wat is die voor en nadele van VSD?
(ja ek weet om vinniger en stadiger te maak, maar waarvoor?)

Xplicity, hoekom se jydie masjien kan makliker vir hollow grinding gebruik word?
Ek sukkel nog my gaai af om my hollow grinding se lyne altyd egalig te kry.