Page 1 of 1

Invoer van vuurwapen

Posted: Mon Apr 22, 2019 8:58 pm
by Fafa
Hi manne

Ek het 'n wapen gesien wat te koop is in Amerika. Die wapen word nie meer vervaardig nie, so ek kan hom nie hier in SA aanskaf nie.

Die beste wat ek al tot nou toe kon opspoor is die raad hier: https://www.southafrica-newyork.net/con ... 0arms.html

Het iemand al so wapen van tevore ingevoer?

Re: Invoer van vuurwapen

Posted: Mon Apr 22, 2019 9:30 pm
by Ds J
Werk deur/saam met n invoerder. As privaatpersoon is dit basies onmoontlik.

Re: Invoer van vuurwapen

Posted: Tue Apr 23, 2019 8:31 am
by 470rigby
Jy moet 'n invoerpermit by SAPS kry, en dit dan vir die verkoper stuur, wat dan weer in die VSA 'n uitvoerpermit moet kry. Dan kan die verkoper dit stuur.

Re: Invoer van vuurwapen

Posted: Tue Apr 23, 2019 11:51 am
by Fafa
Dankie vir die terugvoer manne.

Rigby, gaan ek net na my DFO toe en vra hom vir die vorms?

Re: Invoer van vuurwapen

Posted: Tue Apr 23, 2019 12:19 pm
by 470rigby
Yip, SAPS 520, en dieselfde motiverings asof jy vir lisensie aansoek doen, en R140.
Die wet stipuleer dat die invoerpermit so goed soos 'n lisensie is terwyl dit geldig is, so teoreties hoef jy dan nie jou lisensieaansoek weer te motiveer nie (maar die DFOs sien dit nie altyd so nie…)
Ook, niks verhinder jou om vir die lisensie aansoek te doen net na jy die invoerpermit gekry het nie (dit staan nie in die wet dat die wapen in SA moet wees wanneer jy die SAPS 271 indien nie.
Les bes, die invoerpermit vat gewoonlik net so 3 weke, mits jou motivering nie lekplekke het nie

Re: Invoer van vuurwapen

Posted: Tue Apr 23, 2019 1:18 pm
by Johan van Wyk
Vind dalk ook net eers uit wat presies die ander kant vereis in terme van papierwerk. `n Vriend van my is tans besig om twee wapens uit Duitsland in te voer en hulle soek allerhande snaakse verklarings en soortgelyke papiere by hom om dinge te finaliseer.

Re: Invoer van vuurwapen

Posted: Tue Apr 23, 2019 10:43 pm
by Fafa
Dis uitstekende raad en baie helpvol, dankie manne!