Page 1 of 1
My paklsae is geboek
Posted: Tue Apr 16, 2019 3:54 pm
by tau
EK praat so baie sleg van Mono's en veral Barnes vir gewone wild jag en biltong jag(Let Wel!!!!)
En begin Junie gaan jag ek in die bos met my .375 Ruger gelaai met 270gr Barnes TSX.
So of
1. Ek kwes 'n bok en almal skreeu is oor ek die goed so sleg maak.
2. EK skiet die bok dood en my Barnes aanhanger vriende sê kyk dit werk goed.
3. Ek gaan alles moet frontal full penetration of quarter too bladskote moet skiet....
Kan ek nou net hier noem ek is baie jammer Barnes ek hoop julle werk die jaar mooi vir my(of net tot my klomp op is en ek lekker loodkern koeëls in die doppe druk).
p.s: ek het nog 200 x 7mm Rem Mag 150gr TTSX 'e wat ook in die kluis reg staan

Re: My paklsae is geboek
Posted: Tue Apr 16, 2019 9:01 pm
by Ds J
Nee Tau, 'n eerbare man kan nie so teruggaan op sy woord nie

. Daar is darem 'n paar handige verskonings in die jagwêreld:
- as dit goeie skote is kan jy sê dat standaard ammunisie beter resultate sou gelewer het;
- as dit swak skote is kan jy kla oor die vreemde bokkoors wat so uit die bloute gepla het;
- as jy mis skiet kan jy sê dat die geweer skielik baie meer skop met Barnes koeëls.
Geniet dit

Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 6:41 am
by Monster
Aan die einde van die dag gaan dit oor of die bok gelei het. Jy gaan nie spuit wees jy het die 375 met die barnes gelaai nie.
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 7:00 am
by knipmes
Ek gebruik nog die "ou soort" Barnes X 200gr in my 30 - 06. Baie tevrede met die koeels. Voorspoed met die jag
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 9:13 am
by Ashley
Ek gebruik nou vir die laaste 5 of so jare Barnes TTSX (30-06).
Nog net 1 BWB het so 50-60m gehardloop en 1 vark so 30m voor hulle om gekap het.
Al die res van die koedoes, BWB'e, Rooibokke en varke het redelik net daar geval met lyf skote.
Skiet reguit en geniet dit!
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 9:25 am
by Frederik
Tau, onthou ook jou 375 maak darem aansienlikke groter gat as .30 kaliber.
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 9:28 am
by tau
Ek het ook nog nie 'n bok verloor met Barnes nie, maar hulle het my al sleg laat skrik en bokke soek. Die .375 en 270gr TSX combo penetreer net vrek maklik los deur 'n ligter bok sonder om teveel skade te maak as jy nie been slaan of die hart solid tref nie.
Ek glo ek sal dit geniet, dit is mos darem jag. En as alles so veraf beplan kan word is dit ook nie lekker nie. Jy moet daai opgewonde gevoel kry, anders kan jy net sowel teiken skiet. Ek was laasjaar daar en het vir die jaar 3 keer gaan jag en net op een van die jagte 2 Impala ooie geskiet. Ek het nie een Springbok vir die jaar geskiet nie, want ek het gevoel my vorige paar jaar het ek nie eers meer fotos's van my bokke geneem nie en net op bakkie gegooi en aan gery. EK het pelle na ons plaas geneem en hulle laat skiet.
Nou is ek weer gerecharge en kan nie wag om daai eerste Springbok ram se pronk te ruik as ek hom optel nie. Of daai Kudu se horing te voel daar by die eerste draai se binnekant om te sien hoe maak die horing daai ronde roundbar tipe buitelyn. En as ek vrek gelukkig is skiet ek 'n nuwe spesie, maar dit is alles as ek gelukkig is. Ander gaan ek net die ander manne twak gee oor hulle gunne en koeel keuse.
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 9:29 am
by tau
Frederik wrote:Tau, onthou ook jou 375 maak darem aansienlikke groter gat as .30 kaliber.
Vertel dit vir 'n BWB met twee tonnels op die hart long area
Nee ek stem Frederik. Op groot ELande en buffels is hulle seker die ding vir sannie, maar op vroulike diere fluit hy sommer dwarsdeur.
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 9:44 am
by Baasvark
Tau ek moet bieg ek gebruik my .375 met 250 TTSX net in die bos.
Juis omdat die bokke geneig is om binne 20m te val. Inteendeel, ek het nog net 1 bok gehad wat verder as dit gegaan het - toevallig 'n rooobok ooi!
Omdat ek (blykbaar) kleurblind is vir rooi en groen, sukkel ek om 'n bloedspoor te volg as dit nie groot kolle is nie. In die bos is dit eers 'n uitdaging!
Dus gooi ek hulle met iets wat 'n redelike gat maak en baie bloed gooi.
Geniet dit. Jy mag dalk verras wees.
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 9:59 am
by Kotze .204R
Ek skiet ook 250TTSX en daai goed skiet alles plat waar ek gesien het hulle werk baaaie goed was laasjaar op n Gemsbokbul wat weg gehardloop het van my af ej het hom by sy boud in geskiet en hy het tot in die bors geloop bok het so 15m aanhou hardloop na inpak hy het op 307m gele van die skiet punt af. Ek het springbokke en ander kleiner wild ook met hom al geskiet. Dit werk!
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 10:15 am
by tau
Ek het darem al 2 elande, BWB, SWB, Hartebees en Vlakvarke met die Barnes geskiet. So kom ons kyk of ek verkeerd is.

Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 10:34 am
by Wouter Roets
Ai....
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 10:41 am
by tau
Wouter Roets wrote:Ai....
Jy vat lank.
Jaracal is so ongenaakbaar deesdae, ek moet nou al met myself baklei.
When you repeat a mistake, it is not a mistake anymore: it is a decision.
- Paulo Coelho
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 12:14 pm
by Joe13
tau wrote:Ek het darem al 2 elande, BWB, SWB, Hartebees en Vlakvarke met die
Barnes geskiet. So kom ons kyk of ek verkeerd is.

Verstaan nie hoekom jy nog twyfel nie, dit is reeds bewys dat die goed werk en deur jouself ook nog...
Re: My paklsae is geboek
Posted: Wed Apr 17, 2019 12:39 pm
by jankraay
Toemaar Tau ek sal jou bystand gee met die rooi punte in die 30-06...
Sent from my iPhone using Tapatalk