Page 1 of 1
357 Magnum vs Springbok
Posted: Fri Apr 05, 2019 1:55 pm
by obasch
Watse fabrieksammunisie kan gebruik word vir jag van springbok met 'n 357 Magnum (Colt Trooper 6")? Afstand sal streng beperk word tot maks. 50m.
Re: 357 Magnum vs Springbok
Posted: Fri Apr 05, 2019 2:27 pm
by Capt. Yoda
Stoot hom n magtech 158gr SJHP. Bitter lekker combo in n 357 en daai koels werk baie mooi saam
Re: 357 Magnum vs Springbok
Posted: Fri Apr 05, 2019 3:12 pm
by LoopSoosStroop
Enige 125 of 158 gr sagtepunt sal hom baie mooi omdop.
Re: 357 Magnum vs Springbok
Posted: Fri Apr 05, 2019 5:05 pm
by Koos Barnard
Obasch ek het jare gelede twee springbokke met 'n Taurus met 4"-loop en 125gr fabrieksammo geskiet. Skote was omtrent op so 40m. Beide koeëls dwarsdeur bokke. Een bok was 'n ooi. Beide bokke het dwars gestaan en ek het op die blad geskiet.
Mooi loop
Re: 357 Magnum vs Springbok
Posted: Fri Jun 21, 2019 5:16 pm
by RevA
Ek weet nie van vir Springbok nie, maar ek het 158 SJFP's gekry vir vlakvark en dit werk.
Re: 357 Magnum vs Springbok
Posted: Fri Jun 21, 2019 9:18 pm
by Ds J
Teen handwapenspoed sal ek n 125gr koeël verkies, bloot vir n effe beter trajek. Maar dit is belangriker om akkuraat te kan skiet, ongeag koeëlgewig.
Ek het al n paar keer gesien die handwapenjagters praat van gegote koeëls. Hornady XTP lyk so mooi
