Hilux vee tralie - waar
Posted: Thu Mar 21, 2019 3:42 pm
Middag manne. Ek weet dié onderwerp is al baie hier bespreek maar ek soek raad asseblief. Wie maak 'n ordentlike veetralie vir 'n Hilux Revo teen 'n redelike prys. Moet 'n Memel hek (V hek) hê en verkieslik geen dwarspype nie.
Natko se prys van R11000 vir 'n gewone tralie vir my Revo Extended Cab is aansienlik duurder as wat ek glo redelik is. Mr Bullbar se pryse is ook wild teen rondom R9800 voor BTW. Stockman se tralies is tans bo aan my lys teen R5750 maar die dwarspype pla my, hulle gaan neuk vir plaaswerk. Ook hulle hek is weerskante met penne vas, dus nie 'n vinnig en maklike taak soos om met 'n vasdraaihandvatsel oop en toe te maak nie. Hulle hegting aan die bakkie is slegs 2 voete aan beide kante met 2 boute elk vas aan die bak. Hulle was blykbaar deur Toyota goedgekeur maar nie meer nie. Kan daar 'n tralie en seiltjie kry vir minder as Natko en Mr Bullar se tralies alleen.
Ek bekyk Fittys se tralies daar op Bloemfontein, nog nie kwotasie aangevra nie maar lees hier op die forum van die manne het probleme met hulle vakmanskap gehad. Lyk na redelike kwaliteit van wat mens op die internet kan sien.
Gee bietjie aanbevelings. Ondervinding met Stockman sal ook waardeer word.
Boeregroete