Page 1 of 1

BASA skietdag 6 April 2019

Posted: Wed Mar 20, 2019 12:45 pm
by Frederik
Volgende BASA skietdag is op 6 April 2019 Fred Everett skietbaan Bronkhortspruit.

3 Bane 15 skote vir die dag.

Nie lede kan hier vooraf registreer.
http://bigbore.org/members/pre-booking-for-non-members/

Vooraf registrasie is net makliker en goedkoper as jy op dag opdaag en wil skiet en daar is nog plek gaan dit jou ekstra geldjie kos.

Bring eie stoel en vleisie vir braai na die tyd asook ietsie om die keel nat te maak.
Ververssing en kos sal deur die dag verkoop word ook.

Almal welkom R300 per volwasene R150 Juniors vir nie lede

Sien julle daar.

Re: BASA skietdag 6 April 2019

Posted: Sat Apr 06, 2019 6:50 pm
by Frederik
Baie geluk Deon met jou 3de plek met 99 skuts en baan wat meer geskik was vir dubbels en groot magasyn kapasiteit die eerste twee plekke na dubbel manne gegaan het.

Mooi gegooi.

Re: BASA skietdag 6 April 2019

Posted: Sun Apr 07, 2019 11:41 am
by DWB
Dankie Frederik. Was ñ lekker skiet. Wys mens maar net weereens hoe belangrik die balans van vinnig skiet en raak skiet tel op hierdie klas van dae.

As jy ñ behoefte het om jou geweer te leer ken en om te skiet soos jy jag, kom skiet saam BASA!