Page 1 of 1
ADG Brass
Posted: Mon Mar 11, 2019 9:05 am
by acssa
Re: ADG Brass
Posted: Mon Mar 11, 2019 8:03 pm
by acssa
Re: ADG Brass
Posted: Fri Jun 28, 2019 5:04 pm
by Toffie@2
Ek het onlangs 'n 300 Win Mag gekoop en terwyl ek wag vir die lisensie, sommer begin komponente aankoop. Doppe was dadelik vir my 'n probleem en RWS, Norma het maar gelyk na die beste kwaliteit soos wat mens gewoond geraak het met Lapua in die ander kalibers. Ongelukkig is hulle geweldig duur. Ek het toe op die internet gelees dat die ADG doppe hoog aangeslaan word en 'n kans gevat met die hoop dat hul dalk in Suid Afrika beskikbaar is. So het ek toe op "acssa" se spoor gekom en met 'n vinnige en aangename onderhandeling 2 pakke van 50x300 Win Mag doppe bestel, teen meer as R200 goedkoper as wat Norma nou kos vir 50.
Koerier was glad en vinnig en groot was my verbasing om te sien dat die doppe in boksies verpak word wat gebruik kan word om gelaaide ammunisie in te stoor, baie soos MTM kassies. Die doppe is uitgegloei en die "flash hole"geboor so daar is geen "burrs" aan die binnekant nie. Die doppe skep 'n algemene gevoel van kwaliteit. Ek kan nie wag om hul te toets nie, maar op die diens wat ek tot dusver ontvang het en hoe die produk lyk sal ek ADG Brass verseker aanbeveel. Kontak gerus Jacques Shepperson by 0813214433.
Re: ADG Brass
Posted: Fri Jun 28, 2019 5:23 pm
by savage(P Coetzer)
Ekt nog nie ADG brass gebruik nie maar ek kan net met lof praat van Jacques se diens!
Re: ADG Brass
Posted: Fri Jun 28, 2019 5:56 pm
by Henlo
Het julle n lys van doppe wat julle in vooraad het en pryse? Ek soek 7 Rsaum doppe
Re: ADG Brass
Posted: Sat Jun 29, 2019 8:25 am
by BeesBreet
Stuur bietjie kontak besonderhede, ek wag nog vir my 300wm se lisensie en wonder ook oor die doppe
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: ADG Brass
Posted: Sat Jun 29, 2019 11:34 am
by Draegan
Ek stel ook belang in 'n pryslys.
Sent from my G8141 using Tapatalk
Re: ADG Brass
Posted: Tue Jul 02, 2019 8:43 am
by Toffie@2
BeesBreet wrote:Stuur bietjie kontak besonderhede, ek wag nog vir my 300wm se lisensie en wonder ook oor die doppe
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dagse BeesBreet
Jacques wat die doppe aan my verkoop het se nommer is onder aan my post.
Re: ADG Brass
Posted: Tue Jul 02, 2019 1:40 pm
by TurboRexed
Soos almal wat begin laai begin jy om jou PMP's, Hornady en Sellier Bellot te gebruik, dan ontdek jy Norma, Nosler en Lapua, en jy kan nie glo dat jy so lank met die eerste klomp gesukkel het nie. Die werk wat jy moet insit is minder en hulle groepeer beter.
Dan kom Jacques met sy ADG brass en oortuig jou om 'n klompie te koop, en as jy jou weer kry kan jy nie wag om elke geweer wat jy het met ADG te voer nie
Daar is geen werk met die ADG nodig as jy 'n standaard kamer het nie, en die groepering maak dit moeilik om te besluit wanneer jou geweer op 'n node skiet.
IMG_5151.JPG
IMG_5647.JPG
Prentjies le om een of ander rede dwars.
Re: ADG Brass
Posted: Thu Jul 11, 2019 11:12 pm
by Arnold
Het julle 'n idee van dopkapasitiet en nekwande se dikte op die 300 WM doppe?
Re: ADG Brass
Posted: Fri Jul 12, 2019 6:01 am
by Jake1
Pryslys?